Tuks-student: ‘God is in beheer’

Studente

Foto: Facebook

Lees ook: [Foto’s] Tuks-studente bewys hul eenheid
Die Universiteit van Pretoria het die afgelope tyd hewige debat uitgelok onder Suid-Afrikaners en studente uit verskeie oorde het die laaste paar dae aan betogings deelgeneem om hul standpunt te stel. Maar daar is ʼn groep studente wat verkies om ʼn ander pad te stap – letterlik. ʼn Student aan Tuks het besluit om ʼn “kampus-gebedstaptog” te begin omdat hy glo dat God in beheer van dié kampus is.

“Dis iets wat die Here op my hart gedruk het,” sê hy. “Ek het besluit om te gaan stap en ander mense genooi om saam te kom. Dis nie ʼn optog of ʼn ‘rally’ wat deur my begin is nie – dis deur en deur die Here wat ʼn geleentheid gesien het.”

Dié staptog het gisteroggend om 06:30 begin vind elke oggend tot en met 28 Februarie plaas. “Dis nie ʼn optog of betoging nie, dis nie ʼn rasse-ding nie en dit gaan ook nie oor ʼn taal nie. Dis ʼn herbevestiging van ons geloof”.

Studente kom bymekaar naby die hoofhek en stap dan in relatiewe stilte om die kampus – hulle bid op hulle eie of saam met ʼn vriend. “Ons kom nie bymekaar om te bid as ʼn groepie nie. Ek het vir die studente gevra om op hul eie te bid – hulle moet daardie outoriteit vat in hulle lewe. Ons doen dit saam, maar ons vertrou die Here vir iets groters. Die stap is ʼn fisieke ding om iets aan die geestelike aan te spreek.

“Ek het net besef ek gaan die Here ook vertrou vir die groter goed in my lewe – vir goed buite my beheer. Ek glo dié situasie (op die kampus) is ook in God se hande en Hy vra vir ons om ons vertroue weer in Hom te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

MCS ·

Daar het ons dit nou! Dit gaan alles oor die God en nie oor ons! Suid Afrika, ons hul kom van die Here , roep sy naam en hy sal ons help! Sterkte studente, jul is n voorbeeld Hoop baie volg in jul spore!

Maggie ·

Dit is ‘n wonderlike idee. Fantasties om te sien hoeveel studente deelneem.

Antonie ·

Hier kom n ding! Dit klink vir my na n goeie oplossing! My ou, ek haal my hoed vir jou af…ek dink die betogers gaan sien wie is die “oormag” doen so voort…daar is sommer baie krag in gebed!

Hennie Theart ·

Dit is die gees mense. Dit is al wat ons kan red….gebed, ons moet bly op ons knieee!!!
Sterkte met die stappery en veldtog. Julle is ook in my gebede.

Marie ·

Mag ons Hemelse Vader tree vir tree julle seen! Trots op julle.

Fanus ·

Hierdie inisiatief van stap en bid bring dadelik die volgende tot mens se gedagte: “Want ons worstelstryd is NIE teen vlees en bloed nie maar teen die owerhede en magte … van die duisternis…. bose geeste ” – dus ‘n GEESTELIKE STRYD! Soos die muure om Jericho geval het in die fisiese, gaan die “geestelike muure” hier val (by TUKS en in ons land), prys die HERE. Doen so voort!

Karooblommetjie ·

Die owerhede is nie opgewasse teen die moeilikheidmakers nie, ook nie die Polisie nie. Maar God se Mag en Krag is oorweldigend. Hierdie probleem sal slegs opgelos word indien ons op ons kniee gaan, swart, wit, bruin, indier. Wonderlik om te sien hoe mense saamstaan in gebed. Ons is trots op julle!

anna ·

Ek is soooo trots op julle!!!
Nie soos hier waar hulle die Kerk gevloek het terwyl dit op ‘n Kerkbank staan nie!!!

Baie baie tots op julle!!

Sonja ·

Gelukkig word God nie beperk deur jou opinie. Ons God is Groot en Almagtig. Waar twee of meer in Sy naam vergader, is Hy.

Sarie ·

Ek hoop die inisiatief versprei na alle kampusse. Laat ons ook almal by ons huise oor hierdie saak bid.

SNEL ·

Hoe warm klop my hart, dis wonderlik om dit te lees. So bly mense staan nog op vir die Here en vertrou op Hom vir alles en deur alles. Net om dit te lees laat my ook sommer weer op n geloofsvlak oorgehaal voel en laat my net weer besef ons God is GEOOT, Hy kan doen; ver bo wat ons bid of dink,… tyd dat ons dit weer glo.

Veritas ·

Ons staar ons so blind teen die vleeslike dinge dat ons van God se almag vergeet. God het Sy volk uit slawerny gelei en belowe ons herhaaldelik dat hy Sy kinders nie in die steek sal laat nie. Mag Hy die noodkreet van sy volk hoor en ons in sy almag, uit hierdie verknorsing red. Amen.

Mossie ·

en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
II KRONIEKE 7:14 AFR53

Yola ·

Miskien wag God dat ons bietjie iets vir onsself moet doen. Opstaan en die vyand verslaan. Geloof sonder werke is dood. Onthou 16 Desember 1838

Ali ·

Julle kids het dit in jul om hierdie ding om te draai. Dankie Jesus vir ons land se jongmense . Vader staan hul by en gee hul wysheid om dinge te hanteer soos U wil hé. Amen

neelsie ·

Gebed het sy oorsprong in God se hart.
God verander baie keer situasies en doen wonders op grond van die gebede van sy kinders.
Ons moet voor God staan en verantwoordelikheid neem om voor God te staan en in te tree waar daar probleme is.
Ons is op aarde om as God se verteenwoordigers op te tree.

Janette De Beer ·

Hoe wonderlik dat God aangeroep word en ek bid vir die influistering van die Heilige Gees.

Clarice Pieterse ·

Ek Se, hou aan met die gebed…hoekom net tot die 28e FEB??

Ek vertrou dat Ma’s, Pa’s, Oupas, Oumas, Dosente, Studente, Werkers, Geleerdes, Publiek ensomeer sal inval en saam bid… Begin iets wat n LEGACY kan word vir ons Generasie en die Volgende…Loop Totdat die Mure begin Val!!!

Veg vir LIEFDE!! Jesus gaan ons Land omkeer!!!

Maryke ·

Dit is voorwaardelik wonderlik om te lees dat ons jeug so iets doen vir hulle toekoms.
Baie goeie idee om ook te stap vir ons land. Laat die student nou vir almal ‘n voorbeeld wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.