Twee boeties stap ‘ekstra myl’ vir hul hond

Peter (14) en Gerry (8) Cedras by Meisie. Foto: facebook via Animal Welfare Society of SA.

Die storie van twee boeties, Peter (14) en Gerry (8) Cedras, wat etlike kilometer oor rowwe terrein geloop het om behandeling te kry vir Meisie, hul hond, het talle Suid-Afrikaners se harte aangegryp.

Allan Perrins van ʼn dieresorgvereniging in Phillipi, het in ʼn verklaring op Facebook gesê die twee “helde” het Donderdag van een van die plaaslike groenteplase geloop om hulp vir Meisie, ʼn Duitse herdershondkruising, te kry.

Gerry het dié tog kaalvoet aangepak.

Hul gesin se huis het onlangs erg skade gely toe ʼn kers ʼn brand veroorsaak het.

Volgens Perrins het Peter R7 gespaar om vir Gerry nuwe skoene te koop maar het toe eerder besluit om die geld te gebruik om Meisie te red.

“Nodeloos om te sê het ons vir Peter alles terugbetaal en vir Gerry ʼn paar skoene uit ons liefdadigheidswinkel gekry.”

Meisie is opgeneem met bosluiskoors met simptome van onder meer hoë koors en vlak asemhaling. Sy is ongeveer een jaar oud. Sy het sedertdien ʼn bloedoortapping ondergaan en ontvang medikasie. Teen Vrydagoggend het Perrins gesê dat dit baie beter gaan met Meisie.

“Wat my regtig beïndruk het van die twee minderjariges is dat hulle ten spyte van hul omstandighede ʼn plan gemaak het en Meisie se welstand sonder selfsug eerste geplaas het.”

Meisie Vrydagoggend by Oscar, ‘n assistent by die Animal Welfare Society. Foto: Facebook via Animal Welfare Society of SA.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Wilmarie ·

Wow! Ek haal my hoed af vir julle twee manne! Dankie dat julle hulp gekry het vir Meisie!

Mimi ·

Dit is n pragtige storie wat n mens hoop gee! N hond bly di mens se beste vriend. Hulle onselfsugtige liefde vir hulle hond gaan hulle wys dat sulke karraktertrekke die lewe die moeite werd maak. Als wat mooi is vir hulle.

Mimi ·

Dit is n pragtige storie wat n mens hoop gee! N hond bly di mens se beste vriend. Hulle onselfsugtige liefde vir hulle hond gaan hulle wys dat sulke karraktertrekke die lewe die moeite werd maak. Als wat mooi is vir hulle !

Maria ·

My trane rol …. so waardevol storie en n voorbeeld dankie

Poppie ·

En toe loop my trane sommer. Meeste volwassenes gee nie n damn om nie

Lizelle Gibson ·

Ek kry sommer n knop ini keel. Goeie voorbeeld vir oud en jonk.

Marinda ·

Wat ñ pragtige storie. Mooi so, julle twee. Julle hond sal julle altyd dankbaar wees. Ek het sommer begin huil toe ek die berig lees.

Abe ·

Natuurlik is daar nog baie liefde in die wereld. Daar is nog baie goeie mense, baie eerlike politici, baie staatsmanne wat hulle lewe sal gee vir hulle land, baie staatsamptenare wat hulle bes doen om goeie diens te lewer baie polisiemanne wat ten spyte van swak salarisse goeie werk doen ensoaan. Hierdie storie behoort more hoofopskrifte in elke koerant te wees.

Buurvrou ·

Dis fantasties. Wens daar was meer sulke mense. Ons nuwe bure se hond staan vasgemaak aan n ketting van skaars 2m en geen skuiling naby hom teen die koue of son……en hulle lyk gladnie eers behoeftig. Dis n goeie huis en hul ry n duur motor. Sekere dinge of tradisies sal net nooit verander.

Sandy B ·

Bel asb jou plaaslike SPCA dat hulle die hond kan verwyder. Geen dier moet so mishandel word nie!!!!!

Asseblief ·

Nee genugtig! Die deler is net so goed soos die steler. Stel asb die DBV in kennis!

Mari ·

Nou doen iets daaraan! Bel die SPCA. Die honde kan nie vir hulself praat nie!

Naas Vermaak ·

By ander berig gekry – kom ons help bietjie die laaities asb – ek gaan…

If you would like to assist Lady and the family with food and donations, contact Allan Perrins on 078 631 5126.

Donations can also be dropped off at the Animal Welfare Society in Papkuilsvleiweg, Philippi.

Wonderlik ·

Wonderlik. Ek het Maroela ook gevra vir detail maar hul het nie eers my vraag geplaas nie.

Johanna Botha ·

As die donkie eienaars tog net ook so mooi na hulle arme diere sal omsien !

Natan ·

Wonderlik. Ek het ook al honde by my ou werk geënt teen bosluiskoors en hulle deurgekry (baie ondervinding op plaas opgedoen). Later word ek afgedank, werkgewer sien dit as korrupsie. Volgens my eerder ‘n skuldige gewete en jaloesie omdat hulle niks doen nie. My geloof stel dat jy jou liggie moet laat skyn. In elk geval met die hulp van Bo weer onmiddelik werk gekry daarna.

Sophia ·

Bravo Boeties!! Julle is pragtige kinders en as julle voortbou op die gesindheid sal julle volwaardige landsburgers word…Dis wat ons nodig het. Ek hoop julle kan al die mooi positiewe kommentare lees

Katerina ·

Wonderlike seuntjies!!! Oh my goodness my oe voel nou baie klam..Ek sal graag na einde van maand vir die gesin uithelp. Ai en ek het soveel goeie klere en skoene wat te klein geword het vir my eie seun..Ek is in Mpumalanga, net buite Barberton. As iemand in Die area wat hulle ook wil help, in die nabye toekoms Kaap toe gaan,los jul foon nommer hier by die artikel en dan reel ek om die klere en skoene by jul af te laai. Wonderlike ou seuntjies!!!!

Wilma ·

Ek diereliefhebber. Nou tjank ek. Hierie 2boeties is voorbeeld vi almal wie ni omgee vi diere. Dit se vi my hul moet uit huis kom waar opvoeding prioriteit is. Baie dankie jul twee seuns met dierbare harte dankie ook aan ouers vir die opvoeding wat jul vir hierdie boeties gegee het

Gerhardt O ·

Pragtige kinders. Wat R7 moet spaar en dan onselfsugtig gebruik.

E ·

Wat my die meeste tref is dat daar soveel liefde en omgee tussen die 2 boetties is. Hier kla ek oor die allerdaagse goed soos werk, finansies, omstandighede, die lys gaan aan … Wat mis ons nou eintlik in die lewe as dit wat ons hier sien? “Liewers ń stukkie droë brood met liefde as ń volgekookte maaltyd met twis”
Die tweetjies het iets wat baie van ons net kan begeer.
En die trane rol …..
Mamma van die tweetjies, jy is ń ystervrou!

Andrea ·

Eks so beïndruk met die twee oulike seuns. Dankie dat jul genoeg omgegee het. Hou so aan asb! Mag julle en Meisie geseënd wees.

Elvira ·

Twee oulike omgee kinders wat sekerlik n oulike mamma en pappa het wat vir hulle waardes leer. Wens ek kon elke dag so n pragtige storie lees.

Alet Anderson ·

Die kinders is helde en moet gehelp word. So klein en hulle weet wat is reg. Trots op julle seuns

ANONIEM NOORDKAAP ·

My trane sommer nou geloop. Kyk wat doen kinders vir hul hond, maar sommige volwassenes laai sommer hul hond of honde langs die pad af as hul nie meer goed genoeg is nie. Dis regtig n hartroerende storie.

Ek sou raag by admin hoor of mens nie n donasie kan skenk vir die kinders vir klere of kos nie.

Vaalknapie ·

Tjag ja sit ek self n met s klammigheid om die oge. Nes ‘n mens dink SA s nou die finale teleurstelling dan kom 2 manne weer tot jou se siel se redding. Gee asb ‘n rekening nommer dat ons kan bydra. Om n dier voor hul eie welstand te plaas spreek boekdele oor die twee knapies se siele.

Anita ·

hierdie twee kinders is werlik ‘n voorbeeld vir vele Suid Afrikaners, ek sal graag iets wil bydraag vir kleding as ek die name en afset adres kan kry. Self het ek ‘n hond en die liefde vir diere is ‘n kosbare geskenk van God.

Willa ·

Wat ‘n lekker voelgoed-storie! Wonderlik om vir ‘n slag iets goed te lees. Ek salueer die twee mannetjies. Daar steek baie goed in hulle. Hulle harte is op die regte plek! Vele seën vir julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.