Unieke konferensie: Is jou onderneming ‘staatsbestand’?

Op 5 Junie kom Afrikaanse sakelui in Pretoria saam vir ʼn belangrike strategiese gesprek: hoe om ondernemings staatsbestand te maak. En lesers van Maroela Media kwalifiseer vir 50%-afslag om dit by te woon.

Die geleentheid is die sakeorganisasie, AfriSake, se halfdagkonferensie getiteld “Vooruitsigte vir staatsbestande sake – hoe ondernemings kan slaag wanneer die staat misluk.”

Internasionale ekonome en top plaaslike kenners soos Frans Cronje, Dawie Roodt en ander gaan by dié geleentheid praktiese antwoorde bied oor hoe ondernemings kan slaag wanneer die staat in sy take misluk. Die spyskaart is uitgebreid: Van historiese voorbeelde tot die jongste tegnologie; van privaat geskilbeslegting tot alternatiewe energie; hoe sakelui hul ondernemings kan beskerm en self ʼn goeie sake-omgewing kan skep, as die staat dan nie daarin slaag nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê die staat voldoen nie aan sakelui se redelike verwagtinge nie: “Die rol van ʼn staat is om ʼn gunstige omgewing vir besigheid te skep. Wet en orde, stabiele geldeenheid, infrastruktuur, howe, ensovoorts. Maar die teenoorgestelde gebeur: dis onteiening, randverswakking, swart ekonomiese bemagtiging, minimumlone, kwotas, nasionalisering van die Reserwebank, mislukte staatsondernemings soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens, ensovoorts.”

Le Roux sê AfriSake glo die inisiatief vir samewerking lê by sakelui: “AfriSake dink die ekonomie is te belangrik om aan politici oor te laat. Dit is in almal se belang dat ʼn gunstige sakeomgewing geskep word. As die staat nie die wil of vermoë het om dit te doen nie, dan help dit nie om net te kla nie. Dan moet sakelui inspring en self ʼn gunstige omgewing vir besigheid skep: een wat staatsbestand is.”

Die program en sprekers sluit in:

  • Hoekom jy jou sake staatsbestand moet maak (Dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof: Instituut vir Rasse-aangeleenthede)
  • Die voordele van mededinging tussen state (Prof. Philipp Bagus, professor in Ekonomie: Universiteit Rey Juan Carlos in Spanje; ontvanger van die 2016 Ludwig-Erhard-Preis)
  • Nie staatsbestand nie: Lesse uit Zimbabwe (Russell Lamberti, stigter: ETM Macro Strategists; medeskrywer: When Money Destroys Nations – How hyperinflation ruined Zimbabwe)
  • AfriSake se visie vir ʼn selfstandige sakegemeenskap (Piet le Roux, uitvoerende hoof: AfriSake)
  • Staatsbestande geld (Dawie Roodt, hoofekonoom: Efficient-groep)
  • Staatsbestande identiteit en reputasie (Schalk Dormehl, medestigter: Octobase; kettinglêer-/blokkettingkenner)
  • Staatsbestande geskilbeslegting (John Brand, spesialis: alternatiewe geskilbeslegting)
  • Staatsbestande elektrisiteit (Prof. Willie Cronje, Alstom-stoel vir skoon energiestelseltegnologie: Wits)
  • Staatsbestande korporatiewe strukture (Jacques Classen, prokureur; spesialis: eiendomsreg en administratiefreg)

Laaste besprekings vir AfriSake se konferensie word steeds aanvaar. Dit vind plaas op 5 Junie in die Atterbury Teater in Pretoria. Die koste vir AfriSake-lede is R250 en vir nie-AfriSake lede R850.

Lesers wat via Maroela Media registreer kwalifiseer vir 50% afslag deur “Maroela Media” te gebruik as verwysing op die registrasieblad.

Besoek www.staatsbestand.co.za om jou sitplek te bespreek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.