Vadersdag-bederfgeskenke vir pa

(Foto: Daniela Dimitrova/Pixabay)

Met Vadersdag om die draai het Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, spesiaal ʼn lekker geskenkgids vir jou saamgestel.

Vergeet van vervelige sokkies en sakdoeke en bederf jou pa behoorlik!

Beursie van egte leer

Hierdie sakpasbeursie is perfek vir die plaasjapie-pa of die stadsjapie-pa. Met genoeg plek vir al sy kaarte, rybewys, note en kleingeld. Die beursie is boonop gemaak van egte leer wat seker maak dit lyk duursaam en dat hy dit jare lank kan gebruik.

Klik hier om ‘n beursie van egte leer by Die Koöperasie te bestel.

Koffiefontein-koffiestel

Is jou pa ʼn regte koffiepot? Nou kan jou pa Oom Boet se boeretroos oral saam met hom neem. Dit is ideaal vir ʼn jagtog, visvang saam met die pelle, kamp opslaan in die Bosveld of wanneer hy met Jan Tuisbly se karretjie ry. Die Koffiefontein is gerieflik en maklik om te gebruik en die twee kerse in die stel maak seker dat hy – selfs tydens beurtkrag – sy gasstoof kan nader trek om sy boeretroos te brou.

Klik hier om jou Koffiefontein-koffiestel te bestel.

Koffiefontein-koffiestel in Die Koöperasie

Maroela-plaasvellies

Hierdie velskoene sal jou pa nooit in die steek laat nie. Met sole gemaak van herwinde motorbande beteken hy sal dit nooit deurloop nie. Dit is mooi genoeg vir kerk, werk en die dorp se jaarlikse opskop.

Klik hier om die velskoene by Die Koöperasie te bestel.

ONSKaroo-voorskoot

Enige bobaaskok of bobaasbraaier wat sy sout werd is, sal graag met dié mooie spat-bestande voorskoot wil spog. Die foto van die plaasdam en windpomp is in die Karoo geneem deur die bekende National Geographic-fotograwe Sarel van Staden en Maryna Cotton. Hul verruklike werk verskyn in Deon Meyer en Coenie de Villiers se boek, Ons Karoo.

Klik hier om ‘n ONSKaroo-voorskoot by Die Koöperasie te bestel.

Boeretroos-blikbekers (6 bekers)

Maak seker jou pa brou nie skelmpies sy boeretroos nie – want dis beter om jou lekkertes met familie en vriende te deel!

Ons Boeretroos-blikbekerreeks is spesiaal ontwerp vir diegene wat ʼn passie het vir ʼn goeie beker en regte egte boeretroos. Ons hoor gereeld in die kantoor: “Ek drink nie boeretroos om wakker te word nie – ek word wakker om boeretroos te drink.”

As dit ook jou pa se gesegde is, dan is hierdie stel die ideale bederf!

Die Boeretroos-blikbekers bestaan uit ʼn stel van ses tradisionele wit blikbekers met emalje-afronding.

Klik hier om die Boeretroos-blikbekers by Die Koöperasie te bestel.

Waarvoor wag jy? Bederf bietjie jou pa, hy verdien dit!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.