Vadersdag: Wen ʼn jagnaweek vir pa en seun

(Foto verskaf deur Lasarus Game Farms)

As Pa moeg word vir die lewe in die stad, is ʼn wegbreek saam met sy seun net wat hy nodig het!

Lasarus Game Farm bied aan ʼn Maroela-leser die kans om vir dié Vadersdag ʼn jagnaweek vir pa en seun te wen – óf in die Wes-Kaap op Buffelskraal of Miertjieskraal (twee springbokke), óf in Limpopo op Renosterpoort (twee rooibokke).

Die wenner kan dus self kies of pa en seun in die Wes-Kaap of in Limpopo wil jag. Die wenner sal ook die pakket kan opgradeer indien pa en seun meer diere wil jag, indien nog mense wil saamkom of om trofeediere by die pakket in te sluit.

Die pakket sluit ook ʼn nagjag in sodat die seun kan leer hoe om hase te jag met ʼn .22.

Lasarus Game Farm gaan pa en seun bederf met twee etes per dag en twee nagte slaapplek. Jou reis na en van die jagplaas is nie by die pakket ingesluit nie.

Die waarde van die pakket beloop ongeveer R10 000.

Vul die onderstaande vorm in voor 22 Mei 2022 om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys.

Meer oor Lasarus Game Farm

(Foto verskaf deur Lasarus Game Farms)

 

Lasarus Game Farm en sy mense doen baie moeite om jou jag ʼn onvergeetlike ervaring te maak. Lasarus Game Farm is al vir 30 jaar in die jagbedryf en bewaring, diversiteit, volhoubaarheid, respek, verantwoordelikheid en kennis is die leuse.

Van eerste keer jagter, tot ekotoeris of as jy sommer net wil ontspan in ‘n rustige omgewing is jy met Lasarus Game Farm altyd in die heel beste hande. Hier vind jy vlakte wild en eksotiese wild. Hulle doen ook korporatiewe, familie, pa-en-seun en enige ander jag waaraan jy kan dink. Hulle fokus veral op jagters wat nog nooit gejag het nie en verhuur ook gewere met knaldempers wat die jagervaring soveel meer aanvaarbaar maak vir almal.

Lasarus Game Farm – Buffelskraal

Lasarus Game Farm, Buffelskraal, is geleë in die mooie Tuinroete, sowat 70 km van Mosselbaai, naby Albertinia. Lasarus Game Farm spog met treffer-wildjag-ekspedisies asook voëlkyk en uitstaande kulinêre kundigheid, en is in ‘n area van die Tuinroete waar jy kan uitspan en moeitevry ontspan.

Kom geniet walviskyk, diepseehengel, wynproe en vele meer … Lasarus Game Farms is werklik ‘n rustige toevlugsoord van natuur en skoonheid, ‘n wegbreek van die stadslewe. Op die plaas kan jy al die nasionale embleme in hul natuurlike toestand vind, van die geelhoutboom tot die protea en die springbok.

Lasarus Game Farm – Miertjieskraal

Is jy ʼn natuurmens wat hou van die stilte van die Klein Karoo? Dan is Lasarus Miertjieskraal net die plek vir jou met sy ʼn besonderse sterrehemel en natuurskoon.

Jy kan die natuur gaan verken met jou fiets, voertuig of te voet. Die plaas is geleë teen die teerpad tussen Ladismith en Riversdal.

Die twee ten volle toegeruste selfsorg chalets is oorspronklik gebou in die 1800’s en vroeë 1900’s. Kom ervaar ʼn asemrowende atmosfeer met populierbalke, breë mure en selfs die oorspronklike voertrôe.

Lasarus Game Farm – Renosterpoort

Lasarus Game Farm Renosterpoort word deur die Bosveld omring en bied aan gaste gerieflike verblyf net 5 km vanaf Modimolle.

Gaste het ‘n keuse tussen individueel versierde kamers wat elk slaapplek aan twee tot drie gaste bied. Die kamers het dubbelbeddens asook en suite-badkamers met storte en toilette. Die kamers het ook ‘n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Aandete en ontbyt is op versoek by die gastehuis beskikbaar. Die kombuis is volledige toegerus en ook beskikbaar vir gaste se gebruik.

Gaste kan in die swembad afkoel, van die braaigeriewe gebruik maak en wildsritte kan op versoek gereël word. Modimolle bied verskeie aktiwiteite soos staproetes, gholfspeel, en ander besienswaardighede in die area.

Klik hier om Lasarus Game Farm se webwerf te besoek.

Wen

Wen ʼn jagnaweek vir pa en seun! Een gelukkige Maroela-leser staan die kans om ʼn jagnaweek vir pa en seun te wen by een van Lasarus Game Farm se plase – in die Wes-Kaap op Buffelskraal of Miertjieskraal (twee springbokke) of in Limpopo op Renosterpoort (twee rooibokke).

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 22 Mei 2022 om 23:45
  • Die wenner sal lukraak uit die inskrywings getrek word
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie
  • Die wenner se naam sal in die week van 23 Mei 2022 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die wenner sal telefonies en per e-pos in kennis gestel word.
  • Die wenner sal kies of hulle van die jagnaweek in die Wes-Kaap (Buffelskraal of Miertjieskraal) of in Limpopo (Renosterpoort) gebruik wil maak.
  • Die pakket sluit twee nagte en twee etes per dag in.
  • Die jagnaweek in die Wes-Kaap (Buffelskraal of Miertjieskraal) sluit die jag van twee springbokke in; die jagnaweek in Limpopo (Renosterpoort) sluit die jag van twee rooibokke in.
  • Jou vervoer na en van die plaas is nie by die pakket ingesluit nie.
  • Geen drankies is ingesluit by die pakket nie. Jy moet dit óf self saambring óf van die kroeg op die plaas gebruik maak.
  • Die wenner kan ook met Lasarus Game Farm reëlings tref en die pakket opgradeer indien pa en seun meer diere wil jag, indien nog mense wil saamkom of om trofeediere by die pakket in te sluit.
  • Die pakket sluit ook ʼn nagjag in sodat die seun kan leer hoe om hase te jag met ʼn .22.
  • Maroela Media en Lasarus Game Farm kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly tydens jou vervoer na en van die plaas of tydens enige aktiwiteit op die plaas nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.