Vadoek vir Ma vir Nuwejaarsdag

Die familie het heerlik gesmul aan Ma se uithaal-Kersfeesete. Nou is dit julle kans om Ma te bederf met ʼn pragvadoek vir die kombuis.

Wat het jy nodig:

Katoenvadoek

Stensil

Stensilkwas

Maskeerband

Krytverf (chalk paint)

Wat om te doen:

  1. Plaas die stensil op die vadoek en plak vas met maskeerband sodat die stensil nie beweeg nie.
  2. Verf nou liggies op die stensil. Los tot goed droog word. Trek die maskeerband af en indien nog ʼn stensil of kleur gebruik word, plak weer vas met maskeerband en verf weer liggies. Los tot goed droog word.

Wenk:

Materiaalverf kan ook gebruik word in die plek van krytverf, maar dan moet die vadoek gestryk word wanneer die verf droog is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.