Die familie het heerlik gesmul aan Ma se uithaal-Kersfeesete. Nou is dit julle kans om Ma te bederf met ʼn pragvadoek vir die kombuis.
Wat het jy nodig:
Katoenvadoek
Stensil
Stensilkwas
Maskeerband
Krytverf (chalk paint)
Wat om te doen:
- Plaas die stensil op die vadoek en plak vas met maskeerband sodat die stensil nie beweeg nie.
- Verf nou liggies op die stensil. Los tot goed droog word. Trek die maskeerband af en indien nog ʼn stensil of kleur gebruik word, plak weer vas met maskeerband en verf weer liggies. Los tot goed droog word.
Wenk:
Materiaalverf kan ook gebruik word in die plek van krytverf, maar dan moet die vadoek gestryk word wanneer die verf droog is.