Perderuiters gaan vanjaar tussen 28 November en 16 Desember weer op ʼn herdenkingsrit wat ten doel het om Suid-Afrikaners te herinner aan hulle geskiedenis en erfenis.
Ruiters het in 2012 die afstand van 550 km van die Voortrekkermonument buite Pretoria tot by Bloedrivier in KwaZulu-Natal in slegs 13 dae afgelê.
Vanjaar pak ʼn groep van vyf ruiters ʼn nuwe herdenkingsrit aan met meer uitdagings en ʼn langer roete. Op dié rit gaan hulle probeer om soveel as moontlik historiese bakens en erfenisterreine op pad na die eindbestemming in te sluit.
Die groep vertrek op 28 November om 07:00 van die Voortrekkermonument en beplan om 19 dae later op 16 Desember by die Vrouemonument in Bloemfontein te arriveer. Met dié aankoms sal hulle betyds wees vir Geloftefeesviering aldaar.
Theunis van Staden, een van die ruiters, vertel dat hulle met dié projek die belang van Suid-Afrikaanse geskiedenis en erfenis wil beklemtoon. “Die dryfkrag agter die herdenkingsrit is bewusmaking van die Suid-Afrikaanse erfenisgebiede en monumente. Suid-Afrikaners weet dikwels nie wat vir hulle agtergelaat is nie.”
Die rit gaan ook in ʼn boekvorm gedokumenteer word deur Juliette Whelpton, skrywer van die Helde met hoewe-reeks.
Van Staden sê perde is ʼn simbool van krag vir die groep. “Perde speel in die geskiedenis altyd ʼn rol in ʼn veldslag of waar grense oorgesteek word. Vir dié rit steek die perde ook simbolies grense oor: dié van millennia en kulture.”
Die groep ruiters is altyd gereed om tent op te slaan en te kamp, maar word vanjaar ondersteun deur ʼn trok wat toerusting aanry om die perde se las ligter te maak. Hulle nooi ook die publiek uit om op 3 Desember ʼn tog te perd saam met hulle aan te pak tussen Vredefort en Koppies.
Van Staden sê die ondersteuning van die publiek is oorweldigend. “Mense ondersteun ons oral. Hulle bied soveel slaapplek aan dat ons nooit by die eindbestemming sal kom nie. Op die ou einde slaag ons met ons doel om bewustheid te bring van die erfenis en monumente. Dit is egter nie nét monumente nie, maar ook boere-gasvryheid en samehorigheid.”
Die publiek kan ruiters se roete volg:
28 November – Pretoria, Voortrekkermonument
30 November – Krugersdorp, Paardekraal
2 Desember – Parys, Danie Theron
3 Desember – Vredefort
4 Desember – Koppies
6 Desember – Kroonstad
8 Desember – Ventersburg
9 Desember – Winburg
14 Desember – Brandfort
15 Desember – Bloemfontein
16 Desember – Vrouemonument, Bloemfontein
Die publiek is welkom om by enige van die bestemmings aan te sluit. Vermaak is gereël vir die vertrek by die Voortrekkermonument op 28 November om 07:00. Vir meer inligting stuur ʼn e-pos na [email protected] of skakel Theunis by 082 476 0139.
Die rit kan gevolg word op sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/Herdenkingsritte/
Blog: https://herdenkingsritte.wordpress.com/
Twitter: @herdenkingsrit1
Ons sien daarna uit om julle op 16/DES by die Vrouemonument tydens die jaarlikse Dankbaar Geloftefeesviering te verwelkom. Voorspoedige reis burgers!
Baie dankie Deon sien uit om by julle aan te sluit!
Goed om te sien daar is nog n paar Afrikaners wat egte Voortrekker bloed in hul are het.
Sterkte met jul reis, hou maar die “sanna” gelaai en byderhand, gevaar is om elke hoek en draai, netnou word julle “ge perd-jack”
Hahaha, dankie Delta Mike, ons hou dit in gedagte!!! Die man wat wil kom slaags raak sal maar moet seker wees dat hy vinniger en flinker as my perd kan hardloop…
Snaaks dat wanneer `n groep dit aan pak word daar `n ophef van gemaak. So ruk terug to Werner Kruger man alleen `n soort gelyke tog aan gepak het gaande plaas moorde en bewus making onder die volk het hy die minste ondersteuning gekry wat ek nog gesien het……maar die rit was voltooi met al sy struikelblokke. Wens julle sterkte toe vir julle tog met julle hope ondersteuning, seker is hier weer een of ander bekende gesig by betrokke en daarom die groot ondersteuning…..Boere kan maar net nie saam staan nie…..
Mooi so Maroela! Julle wys dat julle ook glo daar is ander waardevolle dinge , benewens silwerstukke en aandele!
Mooi so Maroela! Julle wys dat hulle ook glo daar is ander waardevolle dinge, benewens silwerstukke em beursaandele