‘Vandag het ek ʼn engel ontmoet’

Foto: Love What Matters (2 April 2016)

Foto: Love What Matters (2 April 2016)

Een man se goedhartigheid het hierdie week soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die gebruiker Love What Matters, het die foto op Facebook en Instagram gedeel. Love What Matters laai foto’s wat die publiek instuur van lukrake voorvalle waar iemand se hart aangeraak word, of iemand goedhartig optree.

ʼn Personeellid van die Denny’s-restaurant in Utah, Amerika het geskryf die man het ingestap en gevra om by ʼn tafel te sit in ʼn deel waar ʼn kelnerin, wat ʼn enkelma is, aan diens is. Die personeellid het gedink dis “baie vreemd”, maar die man in die kelnerin Crystal se deel laat sit.

Die personeellid skryf in die byskrif van die foto:

“Vandag het ek ʼn engel ontmoet. Jy het by die Denny’s in Utah ingekom waar ek werk. Jy het gevra, ‘Kan ek ʼn kelnerin kry wat ʼn enkelma is?’ Ek het gedink dit is baie vreemd, maar ek het jou by Crystal se tafels laat sit. Jy het twee ure lank daar gesit en net na die mense sit en kyk. Sewe gesinne het ingekom om te eet terwyl jy daar gesit het, en jy het elkeen se rekening betaal. Jy het meer as $1 000 betaal vir mense wat jy nie ken nie.

“Ek het gevra, ‘Waarom het jy dit gedoen?’ En jy het eenvoudig geantwoord: ‘Familie is alles. Ek het my hele familie verloor.’ Ek het dadelik trane in my oë gekry toe ek na jou gekyk het en jou oë was vol pyn (dis hoekom ek so vinnig weggeloop het).

“Ek wou jou net laat weet Crystal het in ʼn skuiling saam met haar seun gebly totdat sy genoeg geld gehad het om ʼn plek te kry. Jou rekening was $21-34 en jy het ʼn fooitjie van $1 500 vir haar gelos.

“Danksy jou kry sy volgende week haar nuwe plek. Danksy jou het sewe gesinne verniet geëet.

“Crystal het vir my gesê sy het die vorige aand gebid en ʼn wonderwerk van God gevra, en Hy het jou gestuur.

“Jy is daar weg voor enigeen van ons nog kon dankie sê. Ek hoop jy lees hierdie, want jy is ʼn wonderlike mens en jy het ons almal se harte gesteel. Baie dankie.”

Die Facebook-plasing is intussen reeds byna 170 000 keer gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eltan ·

n beter land en wereld begin by on elk een. wat n wonderlike voorbeeld is die man nie. As elkeen van ons net 1 goeie daad teenoor een persoon doen elke dag sal die wereld n baie beter plek wees!

Sonet ·

Dalk moet ek begin briewe skryf, en vir elkeen wat ek sien, gee. Die inhoud moet so iets wees: “Ek weet jy is inherend ‘n goeie mens. Doen vandag die regte ding en wees lief vir mekaar. Respekteer almal en sien af van enige geweld, ens. Laat daar vrede vir almal op aarde wees…” So kan elkeen vir iemand ‘n brief skryf en uitdeel.

E ·

Dit is n baie mooi verhaal.
Ongelukkig is daar so baie mense wat negatief is a.g.v. omstandighede dat nie eens die mooiste verhaal vir hulle iets beteken nie.
Mammon is die enigste god wat so n sterk houvas op mense het, dat dit die samelewing se high geword het.
Hierdie man is een van die baie mindere wat nog sy seen gebruik om ander te verryk.

tjoki ·

Wonderwerke gebeur nog elke dag. En al kan baie van ons nie geld uitdeel nie, kos ‘n glimlag, ‘n drukkie of net ‘n vriendelike woordjie jou niks maar dit kan so baie vir ‘n ander beteken. Ek dank God dat Hy haar gebed beantwoord het. En ek vra God om die man te dra in die tye wat die verlange te erg word.

Griki ·

Ek sou met graagte sy familie wees – wat ‘n lieflike persoon.

AM ·

God sorg vir Sy kinders. Wonderwerke gebeur elke dag. God is in beheer. Dankie vir hierdie positiewe berig wat soveel hoop gee

AM ·

God sorg vir Sy kinders. God is in beheer. Wonderwerke gebeur elke dag. Dankie vir hierdie positiewe berig, dit gee hoop

Theresa B ·

Wonderlik. Mag jy blessings op blessings ontvang en mag die Here jou ook Seën met ‘n “nuwe” familie wat jou sal omring met al die liefde wat jy verdien.

AvrilS ·

Theresa B, deur hierdie persoon se optrede en onvoorwaardelike liefde, kan ons sien dat hy reeds in God se familie is. Daar is hoop, daar is liefde en daar is vrede by God.

neelsie ·

Maak gebed nr een in jou lewe.
Bid volgens God se wil (Bybel) en Hy sal voorsien.
Daar is meer as 7000 beloftes in die bybel, aanvaar dit in Jesus se naam.

Muis ·

AMEN !!!! Dit is waar gebed is die enigste manier om met God te praat en Hom te vra vir dit wat ons as mens nodig het ,God seen ook vandag almal wat die skrywe lees , almal wat hulpeloos en verwaard is en almal wat in pyn is, dankie dat ons opreg mag bid en dat U vir U kinders sal sorg mag ons bid en vra dat U ons sal seen en laat U WIL GESKIED aMEN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.