Vandag… kan jy jou hart deel

heart-700141_1920Vandag het my blinde vriend sy nuwe meisie se skoonheid in die fynste besonderhede aan my beskryf.

Vandag het ek per ongeluk die boodskap, “ek is lief vir jou”, na my pa se selfoon, in plaas van my man s’n, gestuur. ʼn Paar minute later kom my pa se boodskap, “ek is lief vir jou ook”. Dit het my hart baie warm gemaak.

Ek het vandag vir my 18-jarige kleinseun vertel dat niemand my na die matriekafskeid toe gevra het nie, so ek het dit nie bygewoon nie. Hier daag hy vanaand by my huis op in sy pikkewynpak en vra my om sy metgesel te wees na sy matriekafskeid.

In ʼn tyd van negatiwiteit kan positiewe gedagtes altyd berge versit. Die webwerf BoredPanda deel tien teer stories wat jou sal laat dink en dalk ʼn traan laat wegpik. Deel vandag jou positiewe storie, gebeurtenis of waarneming.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.