Vasgevang in bendegeweld, maar jonges kies rugby

Belhar-rugbysplers (5)

Hoërskool Belhar se o. 19-span. Foto: Verskaf

Tien rugbyspelers van Hoërskool Belhar se o. 19-span in Bellville, Kaapstad, is gekies om in Ierland te gaan toer van 29 September tot 7 Oktober. Dié spelers is deel van ʼn uitnodigingspan wat in Maart vanjaar gekies is tydens die NTK-Rugbyweek, wat by Hoërskool Merensky gehou is.

“Ons is van ʼn klein gemeenskap waar dit baie swaar gaan. Rugby hou hierdie kinders uit die moeilikheid,” sê Ebrahim Beukes, afrigter van die span. Vir dié afrigter is rugby sy lewe. Die gemeenskap van Belhar gaan volgens hom gebuk onder bendegeweld en hy, as afrigter, kan net rugby vir die kinders bied. “Ons oefen drie keer ʼn week en hierdie kinders ken mekaar goed.”

Dis die eerste jaar dat die NTK-Rugbyweek aangebied is, waartydens Hoërskool Belhar se span ook as die wenners aangewys is. Die skole wat vir die uitnodigingspan gekies is, is spelers van Hoërskool Belhar, Hoërskool Standerton en die eerste span van Hoërskool Merensky.

Ebrahim sê die spelers is so opgewonde oor die toer in Ierland omdat hulle nog nooit oorsee was nie en hy meen die blootstelling sal hulle baie goed doen. “Ek dink dit sal vir hulle ʼn redelike hupstootjie wees – hulle is baie opgewonde. Ons moet nou net die geld insamel.”

Elke seun kort ongeveer R32 000 vir die toer. Enige hulp om die seuns se drome te bewaarheid, sal waardeer word.

Stuur vir Ebrahim ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Donovan ·

Ek reken die manne se vel kleur is mos reg dat die regering hulle kan bystaan… hoe op aarde reel jy n toer, skep verwagting in die jong manne se harte en dan se jy vir hulle dit gaan hulle R32k kos… wat het hulle dan gewen… die teleurstelling gaan groter wees as die verwagting en die toer gaan seker af gestel word en al die gelde wat wel in betaal is gaan dan seker geskenk word aan een of ander organiseerder se gatsak vir sy uitgawes… Waar is die borge wat julle gehad het vir die week en waar is die manne wat die toer gereel het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.