Veldtog wil SA name ‘laat saak maak’

(Foto: rightmyname.co.za)

Die kitskosgroep Nando’s het ’n veldtog van stapel gestuur om Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om hul name “die waarde te gee wat dit verdien”.

Dié veldtog, genaamd Right My Name, het ten doel dat mense se name nie as ’n spelfout op rekenaar-speltoetsers gesien moet word nie. “Niemand se naam is ’n fout nie,” het Nando’s op Facebook-blad geskryf.

“Ons diversiteit is wat Mzanzi so goed maak, en ons dink dit is heeltemal belaglik dat die tegnologie wat ons elke dag gebruik vir ons sê dat ons name ’n fout is.”

In ’n video om die veldtog te bemark het name soos Nando’s, Kobus, Mzanzi en Nawaal almal ’n rooi streep onderaan gekry, wat daarop dui dat die naam deur die rekenaar as ’n spelfout aangesien word.

Nando’s het Suid-Afrikaners aangemoedig om hul name by die nuwe databasis van Suid-Afrikaanse name te voeg teen Menseregtedag 2018. Die databasis is op die #rightmyname-webblad beskikbaar.

“Op 21 Maart sal jy jou rekenaar se speltoetser kan opgradeer en ontslae raak van daardie rooi lyn onder jou naam – en ook onder die name van jou vriende en familie. Ons is almal saam in hierdie ding, Suid-Afrika! Kom ons neem aksie,” het Nando’s geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.