Verander ’n lewe met ’n gevulde skoenboks

santa-shoebox-01-webwerf

(Foto: Santashoebox.org.za)

Die 2021-weergawe van die Santa Shoebox-projek het pas geopen en jy kan ʼn minderbevoorregte kind se dag ophelder met ʼn skoenboks as spesiale Kersgeskenk.

Santa Shoebox se span meen die projek is vanjaar belangriker as ooit tevore. Baie kinders het tydens die pandemie ʼn moeilike tyd beleef en ʼn eenvoudige Santa Shoebox sal die ware feestelike Kersvreugde vir die kinders bring.

Die Santa Shoebox-projek is in 2006 begin as ʼn manier vir mense om geskenke te gee aan kinders wat nie so bevoorreg is om ʼn feestyd in die Kersseisoen te ervaar nie. Die eerste keer toe die projek onderneem is, is daar slegs 180 van die gevulde skoenbokse aan kinders in nood uitgedeel. In 2020 het die getal skoenbokse een miljoen oorskry.

Die liefdadigheidsorganisasie het die lewe van meer as 1 017 741 minderbevoorregte kinders van alle agtergronde in Suid-Afrika en Namibië geraak.

Hoe om betrokke te raak:

  1. Teken in of skep ʼn profiel.
  2. Kies ʼn gelukkige begunstigde kind se naam en ouderdom.
  3. Druk die etiket uit.
  4. Koop al agt benodigde items. Jy kan ook ’n virtuele skoenboks koop as jy jouself buite Suid-Afrika bevind.
  5. Versier en pak jou skoenboks.
  6. Skep ʼn herinnering op jou dagboek of slimfoon vir die datum wanneer die skoenbokse afgelaai moet word.
  7. Lewer jou skoenboks op die regte datum en plek af.

Aflewerings sal teen die einde van Oktober en vroeg in November plaasvind en alle Covid-19-regulasies sal gevolg word.

santa-shoebox-02-facebook

(Foto: Santa Shoebox-projek se Facebookblad.)

Elke skoenboks moet die volgende items bevat:

  • Tandepasta
  • Tandeborsel
  • Koekie seep
  • Waslappie
  • ʼn Uitrusting van klere
  • Opvoedkundige voorrade
  • Lekkers
  • ʼn Speelding

Oorweeg die volgende:

Gooi alle vloeistowwe, soos skoonheidsmiddels of blaasborrels, in ʼn ritssak sodat die inhoud nie kan lek en die skoenboks bederf nie.

Oorweeg dit om ʼn stel ekstra batterye vir speelgoed wat met batterye werk in te sluit, of kies ʼn alternatief wat nie met batterye werk nie.

santa-shoebox-03-verskaf

(Foto: Santashoebox.org.za)

Die volgende is ʼn lys van dinge wat nie in ʼn Santa Shoebox mag wees nie:

  • Bederfbare of blikkieskos of lekkers wat neute bevat. Sit sjokolade in ʼn ritssakkie.
  • Enige medisyne of vitamiene.
  • Geweldverwante items soos speelgoedgewere of messe.
  • Enigiets van politieke, godsdienstige of rasse-aard.

Santa Shoebox-projek wil poog om vanjaar weer meer as ʼn miljoen kinders se harte te verbly. Besoek die projek se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kortbroek en plakkies ·

As mens hierdie artikel lees besef mens eers hoe bevoorreg ons is om die dinge soos ‘n waslap, koekie seep ens as vanselfsprekend te aanvaar. Die kinders het nie gevra om daar te wees nie en my hart gaan uit na hulle.

KAIROS ·

Ek stem heeltemal saam, maar glo daar moet strenger maatreels in plek gesit word. Na die tweede kind moet die ma steriliseer word. As daar gevind word dat sy haar kind weggee of verwwarloos moet daar net so streng opgetree word.

Janine ·

Ek stem saam. As dit nie binne jou vermoëns is nie, moenie bly kinders maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.