“Verkeersligonderwyser” se droom om te studeer word bewaarheid

Veli Moses Mackenzie, oftewel die “Traffic Light Teacher” staan gewoonlik op die hoek van Empireweg en Owlstraat in Johannesburg waar hy vir slegs R1 motoriste die geleentheid gee om ʼn paar isiZulu-woorde te leer.

Veli Moses Mackenzie, oftewel die “Traffic Light Teacher”. Foto: Youtube

Die 25-jarige Veli Moses Mackenzie, ook bekend as die “Traffic Light Teacher” is stomgeslaan nadat hy ʼn beurs aangebied is om ʼn hoër sertifikaat in klankingenieurswese by die Academy of Sound Engineering te voltooi.

Moses staan gewoonlik op die hoek van Empireweg en Owlstraat in Johannesburg waar hy vir slegs R1 motoriste die geleentheid gee om ʼn paar isiZulu-woorde te leer.

ʼn Foto van Moses het sosiale media behoorlik aan die gons gehad en nadat die ontbytprogram The Complimentary Breakfast op JacarandaFM van hom te hore gekom het, het hulle besluit om ʼn draai by hom te gaan maak. Tydens die gesprek het hy aan die radiostasie vertel hoe hy aan die idee gekom het. “ Ek het gevind dat meeste wit mense isiZulu kan praat, maar dat hulle uitspraak verkeerd is,” het hy aan die omroepers gesê.

Hy het verduidelik hy verdien ongeveer R80 per dag, maar hy doen dit nie altyd vir die geld nie. “As mense geïnteresseerd is in wat ek doen, sal ek vir hulle die woord gee sonder om iets daarvoor te vra.”

Die span van die ontbytprogram het besluit om kontak te maak met die Academy of Sound Engineering wat die beurs vir Moses aangebied het om die jaarlange kursus in klankingenieurswese te voltooi. Volgens die akademie sal hulle ook aan Moses ʼn beurs skenk om ʼn bykomende driejaar-diploma te voltooi indien hy die eerste jaar slaag.
Luister gerus na die volledige onderhoud hier.

http://instagram.com/p/yGw65nkrC8/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Man ek hou van sulke positiewe stories! Hoe is die Engelse gesegde : “One good deed deserves another” en hier is dit bewys!

anet ·

Veli, hou vas aan jou droom en bou daarop. Jy het nie gaan sit in sak en as nie, en jou inisiatief
gebruik om ‘n geldjie te verdien. Ons land sal blom as daar meer mense is soos jy. Ek weet dat dit goed met jou sal gaan en dat jy hierdie beurs ten volle waardig sal wees

Jan Greyling ·

Siyabonga kakhulu Veli. Siyafunda!

Dis ‘n fantastiese werklikheid om hierdie paar raakvat feite oor Veli se ondernemersgees; sy vindingrykheid en vrymoeidgheid te lees.

Gehoorsaamheid is die sleutel tot lewe. Met sy inisiatief en unieke selfversorgingskema wys hierdie 25-jarige jongman in een oog opslag die pad aan vir derduisende werkloses en werkendes.

Waar daar ‘n wil is, is daar verseker insig, verder dink en ‘n weg.

Mag hierdie jongman se leierseienskappe en talent vir hom ‘n loopbaan duisend gee…wie weet dalk nog net daar by die einste knap Jacaranda 94.5FM.

Knapgedaan aan Jacaranda 94.5 se Ontbytspan. Ek is trots op julle wat die pad stap waarvan ons vroeer jare deel kon wees.

Woza Veli! Woza Umnumzane!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.