Versoeningsaamtrek: Vat hande, bid vir SA  

Angus Buchan

Angus Buchan (Argieffoto)

Die tyd raak min om jou gratis sitplek te bespreek vir 19 November se versoeningsbyeenkoms by die FNB-Stadion in Soweto, Johannesburg.

Die evangelis, Angus Buchan, wat een van die sprekers by die Sacred Assembly-byeenkoms is, het gevra dat alle volwassenes en kinders saam moet kom bid vir vrede en stabiliteit in Suid-Afrika.

“Mense soek hoop, liefde, vrede en stabiliteit. Dit is juis liefde, vergifnis en goeie gesindhede wat geweld en woede moet vervang,” het Buchan gesê. Volgens hom is daar ʼn reusegebrek aan mense wat mekaar verstaan en vergewe. Dit lei tot ʼn gees van geweld, woede en negatiwiteit wat weer oorspoel na die jeug. “In die proses raak ons liefdeloos, is ons besig om mekaar meer en meer te wantrou en die land se naam deur die modder te sleep. Dit is uiteindelik selfvernietiging.”

Die hooforganiseerder van die byeenkoms, die sanger Joe Niemand, het gesê dit is nie net ʼn een-dag-gebeurtenis nie. “Dit moet net die begin wees van iets wat ʼn nasionale trefkrag gaan hê. Die geleentheid word gratis aangebied in belang van die land en sy mense, en in afhanklikheid en geloof dat ons hemelse Vader dit sal gebruik om ons gesindhede te verander. Die byeenkoms strek ver oor alle kleur, taal en kerklike denominasies heen.”

Niemand vertel hoe hy in ʼn restaurant met ʼn groep leiers in die taxi-bedryf vergader het om te praat oor openbare vervoer na die FNB-stadion op 19 November. “Dit is besonder sensitief, aangesien mense oor afgebakende sones vervoer sal moet word. Die onderhandelinge het gegaan oor vreedsame samewerking en buigsaamheid op die dag. Aan die einde van die vergadering het die hele groep in die middel van die besige restaurant opgestaan, in ʼn kring hande gevat, en saam gebid vir God se seën oor Suid-Afrika.”

“Dit was ʼn Goddelike oomblik en die teenwoordigheid van Jesus was aanvoelbaar. Verreweg die meeste mense in Suid-Afrika, oor alle kleur- en kultuurgrense heen, smag na hoop, vrede en geregtigheid.”

Buchan sê Suid-Afrikaners kyk dikwels soveel waarhede mis deur meer op die negatiewe te fokus. “Ons woon in een van die mooiste lande ter wêreld en verreweg die meeste Suid-Afrikaners is warm en liefdevolle mense. Dit is dieselfde mense wat voor die Here moet buig en Hom vra om die gees van verwoesting te breek.

“Ek nooi alle Suid-Afrikaners om op 19 November in Soweto saam te trek: jonk, oud, swart, wit, bruin, Indiërs, mans, vroue en kinders; elke individu – myners, studente, predikers, boere, sportmense, huisvroue, oues van dae, onderwysers, politici, sakemense en werkloses …”

Buchan glo Suid-Afrikaners moet in die eerste plek erken dat ons as mense fouteer en dat ons om vergifnis moet vra. “Eers wanneer ons voor die Almagtige buig en sy leiding vra, kan ons ʼn ommekeer in die land verwag.”

  • Lesers wat die geleentheid wil bywoon kan kaartjies bekom deur dit direk by Computicket se kiosks af te haal of deur Computicket se dienssentrum te skakel by 0861 915 8000  of 011 340 8000. Kaartjies word beperk tot 10 per persoon. Kaartjies vir parkering kan ook by Computicket bespreek word en Park n Ride-geriewe is beskikbaar. Rea Vaya-busse en Uber-taxis sal ook vervoer na die geleentheid verskaf, met spesiale afslag vir mense wat die eerste keer van Uber se diens gebruik maak.
  • Vir meer inligting, besoek Buchan se Facebook-blad of webwerf.
  • Die FNB-stadion in Soweto, Johannesburg, word vir die geleentheid gebruik omdat dit een van die stadions in die land met die grootste kapasiteit het sodat die beoogde 100 000 Christene gemaklik hier bymekaar kan kom, het Buchan gesê.
  • Lees al die berigte oor die Sacred Assembly-byeenkoms op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Waarheid ·

Toegang is gratis en daar sal geen kollekte geneem word nie.

Daar is geen ka-ching ter sprake nie.

Verstaan jy iets Carel..... ·

Hi Carel
Ek neem aan jy is nog jonk, neem vinnig n afleiding van iets…..
Jy kan seker lees,ek glo so, maar lees weer………………. Die geleentheid word gratis aangebied in belang van die land en sy mense.
Ek lei af dat jy vir parkering moet betaal, sien jou daar

Engelbek ·

Sal maar die toekoms dophou om te sien of dit enige vrugte afwerp.

humor ·

Hierdie is so n grootse saak dat niemand negatief daaroor wil staan nie. Dit is egter jammer sekere kerke het in n groot mate hul geloofwaardigheid verloor en daarmee ook elke geloofsaksie en die Christendom laat bevraagteken. Die waarheid moet seefier dat buite die versoening van CHRISTUS kan daar geen versoening wees nie. Versoeninng beteken die allerlaaste die aan vaarding van die Belharbelydenis of die prysgawe van die eiendomlike van eie identiteit soos dikwels verkondig. Christus se versoening het ook volkere en kulturele verskeidenheid geheilig.. Daarom sal die christen juis sy eie eindomlike as gawe van God hoog ag en sal daar onder Christene in verskillende volksverband wedersydse respek gehandhaaf word. Die alles is eers versoeing in CHRITUS en dan die vrug daarvan.

CQ ·

Shame….sien hier is heelwat mense wat nie kan lees nie…. DIT IS VERNIET GRQTIS MAHALA!!!!! Hierdie man doen nie sy werk vir geld nie…..
Julle vra “wie moet ons vergewe?” Maar tog haat julle alles en almal wat NIE wit en NIE Afrikaans is nie…. en dan wonder ons hoekom daar TE MIN of TE VEEL reen is. Ons wonder hoekom daar soveel moord en lyding is. Ons wonder hoekom daar soveel onskuldige kinders doodgaan aan “frats” ongelukke en siektes….
Julle moet OPHOU om julself hoër te ag as ander. Julle moet mense begin VERGEWE….
onthou daai gebedjie wat julle soos n gediggie aframmel… Luister MOOI wat julle vra…
“Vergewe ons oortredinge SOOS ONS DIE VERGEWE WAT TEEN ONS OORTREE”
Solank julle kwaad bly vir ander – moet julle nie enige vetgifnes verwag nie….

Victor ·

Is al sy boeke ook verniet? Aartappel boer kry mos nou lekker advertensie vir sy boeke met so saamtrek

Amanda Montague ·

Ag, Wat voer hy nou weer in die mou? Dit is snaaks dat al sy “visioene” en “openbarings” en die heilige Gees wat “neerdaal” en “groter word” (dis nogal snaaks) nie een waar geword het nie. Dis mos ‘n duidelike teken van ‘n valse profeet, nie waar nie?

JC ·

Amanda ek wil net vir jou se. Daar sal n tyd wees dat jy op jou kniee sal neer val en smeek dat jy nie in die heilige gees ,neer daal,groter word geglo het nie. Ek kry jou jammer,rerig. Vra vergifnis,en rig jou oe na bo. Ek is al 15 jaar uit SA. En ek sal vir jou bid dat jy die liefde van Jesus sal ervaar. Ek en Jy is net tydelik op aarde. Rig jou oe op wat daar bo is. Ek ken jou nie. Maar ons sal eendag regtig ontmoet. Angus probeer immers wat geen ander prediker in SA sal doen nie,en vernaam in Soweto. Ek bid dat duisende tot bekering sal kom.Net liefde vir mekaar en vir Jesus sal die land verander.

Victor ·

Ek stem saam met jou Amanda. Dat grootmense sulke snert kan glo verbyster my

foxi ·

Amanda en kie……….as julle nou voor my gestaan het…..het ek vir julle iets gesê wat jy nooit gedink het julle sal hoor nie. Maar kan ek ook sê…….GOD sê…daar waar twee of drie in MY NAAM vergader….daar is EK. Sal julle ooit die skrif verstaan? Doen n bietjie moeite en gaan lees die skrif. Nie almal is valse profete nie. Nog n ding…….baie gou sal julle na die HERE uitroep as julle in groot gevaar verkeer of wat ookal. Glo dit……want dit is n werklikheid!
Heidene vra eers tekens voor hulle glo.
En ja……jy moet jou naaste liefhê soos jouself……………

Spioen ·

@JC…Jy is al 15 jaar uit SA, maklik om te praat as jy aan die anderkant van die draad sit. Hoekom keer jy nie terug SA toe nie dan bid jy net so hard soos almal??? God help net die, wat hulself wil help!

lettie ·

Sjoe maar julle is venynig en haatlik. Wie gee jul die reg om te oordeel? Dis mense soos julle wat help aan die slegte deel van SA.

Claudia ·

Amanda, Victor en kie: ek bid vir julle siel. Dit is deur sulkes soos julle wat ons land so ten gronde gaan. Oon Angus, ek kerk elkw sondag 7uur saam met Grassroots, en ook elke donderdag oggend 5uur. Dankie vir Oom Angus en Dankie my Liewe Jesus vir ons wat die Boodskap ontvang:-)

Migael ·

So se Die Here roep al die gemeentes bymekaar en al die leiers van die land en al die inwoners van die landbymekaar en roep na Die Here julle God al die inwoners van die land sal bewe want die DAG VAN DIE HERE KOM Reinig julle harte deur te vas en bid deur julle lewe neer te le vir Jesus Christus Die Here brul in die hoogte Hy laat Sy stem hoor in sy heilige woonek Hy brul hard teen Sy weiveld Die Here se bekeer julle laat staan julle afgode hou op met julle afskuwelike dade ek het n visioen gesien van JESUS CRISTUS MET SY ENGELE EN TROMPETTE WAT IN GEREEDHEID KOM bid dat daar wonderwerkesal plaas vind in die naam van Jesus Christus DIE KOMS VAN JESUS ISUITERS NABY DIE EINDE BAIE NADER AS OOIT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.