[Video] 10-jarige se mondeling het mense gaande

Hugo tydens sy mondeling (Foto: Skermgreep uit die video)

Lindie Strydom het Dinsdag ʼn video van Hugo se mondeling op Facebook gedeel en dié video is reeds duisende kere gekyk. Strydom het aan Maroela Media vertel Hugo moes ʼn Afrikaanse mondeling doen waarin hy enige produk of diens adverteer.

Volgens Strydom het Hugo besluit hy wou iets ʼn bietjie anders as die gewone doen en het besluit op die liedjie “Brood bra” wat hy opvoer as “Koos Bakker”.

“Party van die kinders het sjokolade, en selfs ʼn hele pizza saam skool toe gebring om te adverteer. Hugo het toe iets gekies wat vir hom lekker is,” het Strydom gesê.

“Die liedjie ‘Kaas bra’ het so ʼn groot impak op die kinders gemaak. Toe dink ons daaraan om iets met daardie liedjie te doen. Ons het besluit om dit ʼn bietjie anders te maak en met brood gewerk. Hugo wou ook graag die Kerskous daarby laat pas, so ons het dit ook ingewerk,” het sy vertel. “Ma moes maar ʼn bietjie help met die woorde en om alles te laat rym!”

Hugo se juffrou was só beïndruk met sy oulike mondeling dat sy hom na die hoof se kantoor gestuur het om dit vir hom ook te doen. “Hugo was baie trots dat hy dit vir die skoolhoof kon gaan aanbied het,” het Strydom gesê.

Die grootste hoogtepunt was egter toe Jan Bloukaas, die sanger van ‘Kaas bra’ is, Hugo se video op sý Facebook-blad gedeel het.

“Iemand het vir Jan Bloukaas in die kommentaar onder die video ge-‘tag’ en dit is seker hoe hy dit gesien het. Dit het vir Hugo baie beteken.”

“Die kinders het die mondeling baie geniet en lekker gelag. Humor is ook ʼn lekker manier om die senuagtigheid van ʼn mondeling ʼn bietjie te verlig, dan voel ʼn mens sommer dadelik gemakliker,” het Strydom gesê.

En hoe het Hugo toe gevaar? “Hy het volpunte gekry vir die mondeling,” het Strydom gesê.

Die Brood bra-video is sedert gister al meer as 14 000 keer op Facebook gekyk.

Jan Bloukaas het duidelik ons kinders aangesteek! My seuntjie, Hugo moes vandag 'n advertensie doen vir mondeling… Ontmoet vir "Koos Bakker" en sy oondvars treffer: "Ek hou van brood, bra, warm uit die oond met konfyt, bra, middel van die aand tot dit op is en my pens lekker dik is!" ????

Posted by Lindie Strydom on Tuesday, October 10, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Amanda Owen ·

Dit is uitstekend Hugo! Ek hou van jou selfvertroue xxx

Peetj ·

Sy jy’t n reedbestaande ding gevat en verander…great. Saffas word minder oorspronklik by die dag.

Wagter ·

Ja nee ek stem saam, dit is die tendens deesdae is dit nie ? Om iets huidig te vat, net aan dit n bietjie te verander en dan n bohaai oor dit te maak op sosiale media.. maar dis weer ook net n kind so jy kan seker nie verwag hulle moes n song uit hul kop skryf nie. Maar op n ander noot, ek lag nou so, al my take op laerskool het goeie punte gekry, nie omdat ek slim was nie, maar my moeder alles gedoen het, bietjie onregverdig teenoor die kinders wat se ouers nie help nie, maar ook die vakke wat sulke goed van kinders verwag wat heeldag op hul selfone en tv’s gegom is.

Koeksuster ·

Peetj…Nes jy soos n kudde dier op n vliegtuig gespring het en ook nie n ander woord kon uitdink as Saffas nie. Jy self is nie juis n model vir oorspronklikheid nie! Komandeer jou honde en blaf self!

AgNeee!! ·

Ag nee. Hoekom kan ek nie die video op MM kyk nie? Wil dit so graag sien.

A.K ·

Ek is nie deel van Facebook nie, so kan dus nie die video kyk nie. Maroela Media, kan jul dit nie ‘convert’ in n ander formaat nie?

AgNeee!! ·

@AK, presies, ek ook nie deel van FB nie en die video is nie op youtube nie. Sal dit ook graag wil kyk. MM, ek is seker jul kan die video aflaai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.