Video: 350 fietse vir minderbevoorregte kinders

350 fietse is onlangs aan behoeftige kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk (Foto: Verskaf)

350 fietse is onlangs aan behoeftige kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk (Foto: Verskaf)

Nie elke kind het die voorreg om soggens laat te lê en deur sy of haar ouers per motor na die skool geneem te word nie – inteendeel, sommige leerders, baie van hulle bloedjonk, is douvoordag op om ʼn tog van 10 tot 15 km na die skool af te lê. Juis dáárom het die motorvervaardiger Volkswagen Suid-Afrika onlangs 350 fietse aan minderbevoorregte kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk.

ʼn Studie, wat in 2009 deur World Bicycle Relief en die Zambabwiese departement van onderwys van stapel gestuur is, het getoon dat meer as die helfte van die leerders in dié land soggens van 04:00 af verskeie verantwoordelikhede by die huis moet voltooi voordat hulle etlike kilometers verder na die skool moet stap.

Die gevolg hiervan was ʼn toename in traagheid, afwesigheid, uitputting en dikwels die volledige onttrekking van die kind aan die onderwysstelsel.

350 fietse is onlangs aan behoeftige kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk (Foto: Verskaf)

350 fietse is onlangs aan behoeftige kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk (Foto: Verskaf)

Vanuit dié nood is die Bicycle Education Empowerment Programme (BEEP) op die been gebring. Dié organisasie skenk fietse aan behoeftige kinders om hulle tog na die skool te verbeter.

Dit is egter nie net in arm Afrikalande waar kinders dié omstandighede in die gesig staar nie, aangesien dit ook dieselfde harde werklikheid vir baie skoolkinders in Suid-Afrika is.

Leerders van drie skole in die Bergville-omgewing het daarom onlangs 350 fietse ontvang as deel van die BEEP- en Qhubeka Buffalo Bicycles-programme.

Matt Gennrich, Volkswagen-mediabestuurder, het gesê dié fietse sal ʼn daadwerklike verskil aan die lewe van talle jongmense maak. “Ons het reeds gesien dat leerders beter op skool vaar nadat hulle tog na die skool vergemaklik is. Hulle het ook beter konsentrasie en baie meer ure per week wat hulle aan studie kan afstaan,” het hy gesê.

350 fietse is onlangs aan behoeftige kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk (Foto: Verskaf)

350 fietse is onlangs aan behoeftige kinders in Bergville, KwaZulu-Natal, geskenk (Foto: Verskaf)

Sarah Phaweni, ʼn woordvoerder vir Qhubeka, meen ook dié programme verseker dat die fietse daadwerklik bydra tot die welstand van die leerders.

ʼn Opgeleide persoon, wat in elke gebied vir die sogenaamde Bicycle Supervisory Committee werk, verseker dat die fietse aan die regte kandidate uitgedeel word. Die persoon laat die ouers en leerders ook ʼn kontrak onderteken, en die fiets word slegs hulle eiendom indien hulle op skool presteer.

ʼn Vriendskaplike wedstryd tussen skoolleerders, wat vroeër vanjaar plaasgevind het, gaan ook verseker dat ses leerders die geleentheid kry om in ʼn amptelike fietswedstryd in 2017 mee te ding. Die leerders ontvang tans opleiding.

Volkswagen SA het tot op hede 1 850 fietse geskenk.

Besoek Volkswagen se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Rens – Nou vra ek myself ook daardie vraag af. En om te dink ek was juis oppad op Vrydag vir my n nuwe Tiguan te koop – sal nou maar daar verby vir iets anders soos n Ford of Toyota of iets dergliks.

zoom zoom ·

Dit is so jammer dat VW kleurblind is. Is daar nie ander kleur arm kinders in SA???

BAREND ·

daar is al 2 fietse by my huis weg [geneem sonder my toestemming m.a.w gesteel .ek het dus my deel gedoen .nog nooit het ek of my kinders n skenking ontvang nie .a.s.b maroela moet nie nou dat ek my respek vir julle verloor nie .ps en plaas my brief

Alida ·

Ek het persoonlik ‘n skenking gevra vir komberse vir die arm blanke mense by bekende kettingwinkels. Daar is summier vir my gesê hulle mag net skenk aan nie blankes. Daar het julle dit nou. Dit is ‘n gruwelike skande. Kom ons daag VW uit om dieselfe bedrag te skenk aan Helpende Hand.

Asjas ·

Kom ek probeer weer.

Daar is baie wit kinders wat onder dieselfde omstandighede lei en aan die kriteria voldoen.

Wanneer kan hulle hul fietse verwag?

m ·

Niemand is afgunstig nie Duncan, maar hoekom moet n sekere deel van die samelewing altyd al die skenkings te kry. Daar is baie wit kinders wat ook minder bevoorreg is en wat ook baie graag n fiets wil he. Wat is hierdie anders as rassisme?

Duncan ·

Aangesien julle dan nou so kla oor die onreg hoekom skenk ons wat heeltyd net op Maroela Media kla oor die wit bloedjies nie saam en koop bv vir 1000 wit kinders n fiets nie.

Duncan ·

Nou kom ons maak so,al die mense wat so kerm en kla,kom ons skep n fonds en koop dan vir die wit bloedjies ook fietse .

Reinhardt ·

Want die meerderheid van armes in ons land is nie blank nie, of julle dit nou wil glo of nie. Was julle al in n township? Gaan loer gerus, jou oë sal oopgaan. En ja, ek is wel bewus van wit townships, maar dit is nie naastenby so erg soos die swart townships nie.

Wat van wees eerder bly dat hierdie kinders nou skool toe kan gaan en nie moordernaars en boewe word nie?

Denise ·

Alida dit is net soos jy daar se ons eie mense word nie gehelp nie dit is baie baie tragies ek help waar ek kan en gee net vir my mense !!!!

Jef ·

Daar is al vier fietse by my gesteel en een keer my motorhuis heeltemaal leeg gesteel, die hele works, toe ek n naweek weg was.
En dan sien ek hulle kry sommer fietse, die tyd het nou aangebreek dat ek gaan terug vat wat myne was.

zoom zoom ·

Binne 2 weke sal die fietse beskikbaar wees by pandjies winkels

Santjie stoof ·

In die Noord Kaap het hul ook fietse geskenk vir die “agtergeblewenes”
Dorp nie baie groot nie maar ons kon sien pappa ry werk toe met die fiets, oom langsaan het nou ook n fiets om by sy tuin joppies uit te kom.
I rest my case…

Lindie Lourens ·

Ons het dieselfde ondervind toe ons skool se kinders hierdie geel fietse gekry het. Ons Opvoeders was so bly en opgewonde dat die kinders nie meer so ver hoef te stap nie- tot ons spyt. Net nog ‘n groot kopseer. Die skool
( Opvoeders) moes sorg dat die fietse in ‘n goeie toestand bly. Die fietsryers het deur die bosse langs die pad resies gejaag, die padreëls verontagsaam en die ouers het die fietse gebruik om hulle naweekvoggies te gaan haal.

Piet Pompies ·

Uitstekende gebaar deur VWSA en dankie vir die ander projekte wat julle ook borg. Vodacom sit miljoene in Rugby, wie kla. ABSA dieselfde, wie kla.
Dit wil voorkom of van die lesers glad nie die inhoud van die berigte verstaan en agteroor sit in die leunstoel en net kla.

giep ·

Lyk my die skenkers is almal kleurblind. Hulle sien net swart. Hulle sien nie behoeftigheid in die wit kinders nie. Skaam julle.

groenewaldt ·

Waarom skenk VW nie huise aan hierdie kinders nie – dit sal langer hou. VW het genoeg wins gemaak uit die korrupsie van die uitlaatgasse. Die persone wat ook so vol vreugde is oor hierdie skenkings kan miskien daaraan dink om hulle huise ook aan hierdie kinders se families te skenk? Veral Duncan – ek is seker hy sal dit doen.

Piet Pompies ·

Is dit nou die fietse se uitlaatgasse?
Ek kan nie sien dat die Diesel uitlaatgasse iets met fiets skenkings te doen het.

Magda ·

VW, wanneer laas was julle in n blanke plakkerskamp? Glo my daar is net so baie behoegtiges daar.. maar o ja, ek het vergeet die grootste aankopers van jul voertuie is mos nie blankes nie, ons kry nie so maklik finansiering soos die res nie..

elma ·

Koop VW gesig oor die korrupsie wat wereldwyd plaasgevind het? Wat van die wit kinders wat swaarkry VW of gee julle nie ‘n hel om oor hulle nie? Bestaan hulle nie vir julle nie? Laat weet ons asb? Sal graag julle antwoord wil hoor.

Magda ·

Duncan… sit jy die geld neer vir die eerste 2 fietse dan praat ons weer..

Gideon ·

Hi Piet Pompies – ek se jou wat, skenk jou huis aan hierdie minder bevoorregtes. Dit sal ‘n groot verskil maak. En dan kan matt van VW jou voorbeeld volg.

groenewaldt ·

Ai Piet Pompies, wat is jou mening oor die korrupsie van VW se uitlaatgasse? Wereldwyd. Weet jy daarvan? Gaan jy jou huis skenk om minderbevoorregte swart kinders te help of nie? En jy Dunca – gaan jy? En VW gaan julle?
Hoop om spoedig van julle te hoor.

Sarie ·

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het ook ‘n paar jaar terug fietse aan kinders geskenk wat meer as 5km van die skool af bly. Wonder wat het van daardie fietse geword Is hulle nog in gebruik?

Reinhardt ·

As ek so deur die kommentare lees besef ek al hoe meer hoekom swartes nie van blankes hou nie. Julle gun niemand anders enigiets nie. Ja daar is armblankes, en daarvoor het ons Helpende Hand. Julle noem julself Christene, maar niemand mag gehelp word behalwe blankes nie.

Reinhardt ·

Ek gaan nou heeltemal teen die grein gaan en welgedaan sê aan VW wat n verskil in die samelewing probeer maak…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.