Video: 5-jarige se kostelike noodoproep het internet aan die gons

‘n Skermskoot uit die video.

Die kostelike noodoproep wat ʼn vyfjarige dogtertjie van Indiana in die VSA sowat agt jaar gelede noodgedwonge moes oorneem toe haar pa nie meer kon praat nie, doen weer die ronde op sosiale media en het sosialemediagebruikers behoorlik aan die gons.

Bored Panda.com berig klein Savannah Hensley se pa, Frank, het die noodnommer gebel toe hy pyn in sy bors begin ervaar en gesukkel het om asem te haal. Net toe die oproep deurgaan kon Frank nie meer praat nie en Savannah moes oorneem.

Die kostelike manier waarop sy met die operateur, Jason Bonham, gepraat het, maak weer wyd opslae.

In een stadium sê Bonham vir Savannah hy het beamptes gestuur en hulle is op pad en dan antwoord sy: “Oukei… maar julle moet regtig vinnig maak.”

Sy sê ook oor haar skouer vir haar pa toe sy die voordeur gaan oopsluit vir die beamptes: “Moenie bekommerd wees nie, pappa!”

Savannah was ook al te bekommerd oor haar uitrusting vir wanneer die beamptes opdaag.

Sy sê vir Bonham: “Ons is in ons nagklere en ek het ʼn top met bandjies aan…. Ek sal moet gaan aantrek. Ek weet nie wat ek gaan dra nie, maar hy het regtig vinnig suurstof nodig.”

Bonham het gesê hy is baie beïndruk met Savannah se optrede omdat die meeste mense histeries is as ʼn mens met hulle praat.

Luister hier na die opname van die gesprek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarheid ·

Kinders is vér te gou groot vir ‘n ma se hart..maar tot hul eie en dié pa se redding en almal se verbasing.

Afrikaanse Knaap ·

Ek wens ons kon sulke dienste en infrastruktuur en omgee in SA gehad het.

Lukie Carelsen ·

Give that girl a milkshake!
And give the dad a Bells for the awesome way he raised the kid!

Theresa B ·

Dis so sweet. As dit 8 jaar terug was, is die pop nou al 13 jaar oud. Pragtig!!
Hoop haar pappa is ook nog ok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.