[Video] Afrikaanse sanger vra steun vir nasionale biddag

‘n Skermskoot uit die video

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis het mense uitgedaag om op 22 April vanjaar bymekaar te kom vir die nasionale biddag op die Wilde Als-plaas, noord van Bloemfontein, sodat mense in massagroepe vir Suid-Afrika kan bid.

Jay het in ʼn video op Facebook gesê hy en ʼn groep van sy vriende, wat hulself die Ruiters vir Vrede gedoop het, gaan op 16 April te perd die pad tussen Verkykerskop en Bloemfontein aandurf.

Die eindbestemming van die tog is die Wilde Als-plaas vir die evangelis Angus Buchan se “It’s Time”-nasionale biddag.

“Hierdie byeenkoms is vir ons land om te bid sodat geweld en korrupsie kan endkry en natuurlik ook plaasmoorde. Daar is net een manier hoe ons dit gaan regkry, en dit is as ons saamstaan en die Here om hulp smeek,” vertel hy in die video.

“Dit is tyd dat ons saamstaan teen die bose wat ons land so verniel en ons mense so vermoor. Net God kan ons verlos van die geweld en ekonomiese onderdrukking en ek wil jou nooi om saam met my jou vertroue in God te kom hernu. Ek wil jou nooi om nie meer skaam te wees om te roep na God nie en saam met ons te kom smeek vir vergifnis dat ons as volk die rug op God gedraai en as Afrikaner vergeet het van die Gelofte wat ons met God aangegaan het. Net Hy kan ons beskerm. Net sy liefde kan ons red.”

Die sanger het ander mense uitgedaag om ook op 16 April met hul perde na die byeenkoms te vertrek “sodat daar soveel moontlik mense by die byeenkoms is”.

Hy het verder gesê dié week lange tog is nie noodsaaklik nie, maar het gesmeek dat mense wel op die biddag in massagroepe bymekaar moet probeer kom.

“Die probleem is baie groter as wat enigiemand besef. Geweldsyfers in Suid-Afrika is skrikwekkend hoog en mense draai hul gesig daarvan weg omdat hulle nie weet wat om te doen nie. Jy hoef nie self perd te ry nie, kom net na die biddag en kom ons probeer ʼn verskil maak,” sê hy.

Maroela Media het vroeër berig dié biddag sal nie regstreeks uitgesaai word nie. “Mense vra of ons dit regstreeks gaan uitsaai. Nee, ons gaan nie. Hoekom? Want die mense moet self kom. Almal kan in hulle eie huise bid, maar dis nie wat God wil hê nie,” het Buchan in ʼn video gesê.

Meer as 5 000 vrywilligers is reeds by die reël van die biddag betrokke om die sukses daarvan te verseker. Buchan het gesê hy verwag een miljoen mense, en dat God in gebed vir hom ʼn groot belofte oor dié dag gemaak het.

“God gaan op 22 April teenwoordig wees daar. Mense sal in hul sitplekke genees word. Dit het al gebeur dat mense letterlik uit hulle rolstoele opstaan en begin loop. Jy wil nie hê jou kinders moet jou eendag vra: ‘Pa, was jy daardie dag daar toe die Here Suid-Afrika kom besoek het?’ en jy moet nee sê nie.”

Mense wat die geleentheid bywoon, sal hulle eie kos en water vir die dag moet bring.

Lees meer oor nasionale biddag op Maroela Media.

SHARE GROOT ASB!!!! Wat maak jy 22 April? Jy kom Bloemfontein toe na Angus Buchan se byeenkoms vir Vrede in ons land! #IT'sTIME! Ons is n groep boere wat besluit het om die hele week vanaf Paas Sondag 16 April te wy aan die saak en ons gaan met ons perde die tog aanvat vanaf Verkykerskop na Bloemfontein. Ons wil jou nooi om ook jou eie groep te stig en vanaf jou dorp of plaas te ry sodat ons almal daar op die dag kan bymekaar kom en ons kragte bymekaar kan span om te bid vir ons boere en ons land en vir Vrede! Ons het sommer dadelik GROOT steun gekry vir die tog vanuit alle oorde en ek is opgewonde en dankbaar vir die geleentheid. Dit is tyd dat ons saamstaan teen die bose wat ons land so verniel en ons mense so vermoor. Ons is van mening dat net God ons kan verlos van die geweld en ekonomiese onderdrukking en wil jou nooi om saam met ons jou vertoue in God te kom hernu. Ek wil jou nooi om nie meer skaam te wees om te roep na God nie. Ek wil jou nooi om saam met ons te kom smeek vir vergifnis dat ons ons rug gedraai het op God as volk en dat ons as Afrikaner vergeet het van die Gelofte wat ons met God aangegaan het. Net Hy kan ons beskerm. Net Sy liefde kan ons red. Uit my hart bedank ek vir Phalaborwa Ford Caring Daisies Jay VIP Club AfriForum Miami Canners Safari Outdoor en almal wat nog skenkings gemaak het om hierdie tog moontlik te maak. Ons is reeds besig om ons perde lekker vet en fiks te maak vir die 450km rit. Bring jou perd en kom val by ons in op Sat 22 April. Ons KAN n verskil maak en JY kan deel wees daarvan. Ons is die #RuitersVirVrede en jy is genooi. #StopDiePlaasmoorde Share GROOT ASB die post met almal wat die Een Almagtige God dien!

Posted by Jay du Plessis on Monday, March 27, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

charmaine ·

Ek glo my God is orals, my God gaan nie verlof neem en die 22 April net in Bloem opruk nie.
Dit is ook onmoontlik om te verwag die hele land op in Bloem wees, En op Sondag die 23ste sal ek my kerkdiens bywoon en tot my God bid en Hom loof. AMEN

Cecilia ·

Jay se ook nie (lees tog mooi) die reuse tog is noodsaaklik nie, maar vra dat ons daar waar ons is, in groepe bymekaar sal kom om te bid. Hulle gaan van hulle kant n daadwerklike poging aanwend. EN VAS (van die rugby daardie naweek ook) Dis PRESIES wat God van ons vra – dat hierdie volkie bymekaar moet kom in eenstemmigheid en hande vat en Hom aanroep. Ek bid al so lank vir dit om te gebeur! Dankie Jay en mag die Here dit seen! en dankie ookAgriForum! want, WAAR sal ons hulp vandaan kom?

Jay ·

Ek stem saam dat God nie verlof vat nie, nie ooit nie, Hy is orals, Altyd, en ek stem saam dat dit onmoontlik is vir almal om daar te wees, maar ek glo dat jy in die Gees daar kan wees en saam kan bid op die 22ste en dan weer die 23ste in jou kerk.

Jay ·

Jy is reg God is orals en alomteenwoordig. Jy is reg God vat nooit verlof ooit nie.
Jy is reg nie almal kan dit maak nie, maar jy’s verkeerd dat dit van jou verwag word of dat jy deur die wat daar is oordeel sal ervaar. Ek stel voor jy bid saam tussen 12:00 en 14:00 op die dag en dan weer Sondag in die kerk, want ons bid vir dieselfde God. Ons God. Ons sal jou daar mis. Godseën.

Joe Hall ·

Het Afriforum bevestig dat die byeenkoms met hul steun plaasvind? Wanneer en waar?

Werner ·

En, baie dankie Afriforum! Ons kommentaar heletyd dat iemand tog iets moet doen, nou doen hulle iets, en nou word hulle weer afgeskiet.Dis presies dit wat ook moet stop!

Joe Hall ·

Waar lees jy iets van “afskiet” Werner?
Miskien kan jy my vraag antwoord?

Disselboom ·

Dankie Joe Hall. Afriforum as organisasie het al heelwat volwassenheid getoon in sinvolle optredes, maar van sy ondersteuners kan mens nie altyd dieselfde sê nie. Dunvelligheid maak dat mense sommer in die geringste opmerking kritiek wil inlees en tekere gaan: die elfde gebod sê mos “jy mag nie jou volksorganisasie enigsins kritiseer nie” – en dis hierdie elfde gebod wat ons volksorganisasies weerhou van groei en vooruitgang in denke en innerlike sterkte. Liewe Werner, wat dit so interessant maak dat Afriforum betrokke raak (dit blyk uit wat Jay du Plessis in sy video sê), is dat Afriforum aan ‘n a-kerkse breë populistiese aanbiddingsbyeenkoms gekoppel word, teenoor die Afrikaner se wese wat reformatories kerkgebonde gereformeerd van oorsprong was.

Jay ·

Die steun van Afriforum is vir ons die Ruiters vir Vrede en hulle gaan ook saam met ons die tog op die perde aanpak. Ons is dankbaar vir hulle en n hele paar organisasies wat hulle steun gebied het om dit moontlik te maak. Ek kan nie namens hulle praat nie, maar ek neem aan dat hulle indirek ook dan die dag ondersteun en die idee van almal wat saamkom met een doel in gedagte, om op te kyk na die een Heilige en Almagtige God en te smeek vir vrede. Geen denominasie van Kerk is hier belangrik of sal ek sê meer belangrik as n ander nie. Dit gaan ook nie oor Angus nie, dit gaan oor God en sy kinders wat saam vergader.

Joe Hall ·

Met alle respek teenoor mense wat Buchan se byeenkomste bywoon en ondersteun: Doe zo voort en geniet!
Waarom Afriforum ook hul ondersteuning hieraan verleen, is mynsinsiens verkeerd. Om by sulke gebeure betrokke te raak, hoort nie by ‘n organisasie tuis wat die steun van alle Afrikaners nastreef nie.

Rika ·

Ek dink die biddag is n awesome idee. Dit is vir my baie sleg dat dit nie uitgesaai gaan word of selfs net n link waar jy kan click om dit “by te woon” vanaf jou FB of rekenaar of selfs jou foon nie. Daar is baie mense wat dit graag wil bywoon, soos ekself en my 2 kinders maar wat dit dalk nie kan bekostig om deur te ry nie. Wat dalk nie slaap plek kan kry nie of wat net werklik finansieel nie sterk genoeg is om van ver af deur te ry nie. Nou word die geleentheid ons nie ook gegun nie. Ek sal in my huis bid en ek weet dat my God my gebede net so baie gaan wardeer soos elke ander person wat fisies daar staan.

Mara ·

Ek gaan ook by my huis bid Rika – mag God ons land en sy mense seen

Renè ·

Wonderlike idee! Al kan ek ni in wese daar wees ni sal my hart en gees daar wees! Kom julle ongelowige Thomasse! Kom roep saam tot ons magtige HERE om verlossing van di bose, wat het jy om te verloor….

Jay ·

Rika, ek verstaan en ek weet ek is bevoorreg om te kan gaan, maar jy moet weet dat ons God orals is elke dag en dat Hy daardie dag ook in jou huis sal wees soos elke ander dag. Bid saam met ons dan al kan jy nie daar wees nie. God verstaan alles.

Mel ·

Rika ek stem saam met jou en ek dink dit is waar die kaf van die koring geskei gaan word.
Joe Hall, as jy nie saam deel wil vorm van die volk nie. Great dit gaan gelukkig nie oor jou nie. My volk is ‘n volk wat kan saam staan al sê baie hulle kan nie.
God druk liggies met sy vinger op jou skouer tot jou kniee die grond raak. Dan wanneer jy daar is besef jy, jy kan nie aan gaan sonder dat Hy jou op help nie.
Hoop en bid dat jy Joe Hall betyds tot inkeer sal kom.

Piet Pompies ·

Die dorp moet Verkykerskop wees en nie Verkykersdorp.

Janie Monsieur ·

Dagsê Piet Pompies,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir daardie vingerglip! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Trots Afrikaans ·

Mat 5:5-15
Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.
Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Wanneer julle bid moet julle nie soos die heidene ‘n strotvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.

As ‘n profeet ‘n profeit maak is hy nie ‘n profeet nie.

Positief ·

Presies watter wins verwys jy na? Die toegang is gratis, en persone wat dit bywoon doen dit so op eie onkoste en moet ook hulle eie water en kos saam neem. Almal is geregtig om te bid waar hulle wil, maar Suid Afrikaners is berug daarvoor dat hulle nie kan saamstaan nie. Hierdie geleentheid bied alle rasse ‘n kans om saam te bid en versterk terug te gaan na hulle gemeenskappe en gesinne. Ons land is reeds vol negatiewe invloede, ek vind dit prysenswaardig dat soveel mense wel bereid is om op te trek en saam te bid. Jy kan in jou binnekamer bid vir versoening en seën vir die 22ste.

Jipja ·

1 Tim 2:8
Ek wil he dat manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn of twis

1 Tim 2:1
In die eerste plek vermaan ek dat smekinge, gebede, … gedoen word vir alle mense, konings, almal wat hoogeplaas is, … sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei …

Piet Pompies ·

Die doel van die byeenkoms is om saam as ‘n groep vir een doel te bid, daar is geen fout daarmee as mense besluit hulle bid op hul eie in hulle kerk. Moet net nie die twee geleenthede verwar nie, hierdie is ‘n addisionele versoek om jou self beskikbaar te stel om saam met ander mense wat dieselfde doel het om op dieselfde plek bymekaar te kom en bid.
Doen nou al voorbidding vir die reelings en sukses daarvan. God se antwoorde op die mens se gebede gaan die mens se verstand te bowe!

botterblommetjie ·

Hartseer… Ons land gaan onder… Kriminele fier hooggety… en julle haal stukke in die Bybel aan en kommer afriforum is betrokke… Ek kan verstaan dat ons almal nie daar kan wees nie. Ek kan netnie verstaan dat julle net 1x welke kleur of kultuur kan saamstaan en iets positiefs ondersteun op welke manier ook al nie… Al is dit in jou huis op daardie dag saambid, waar meer as een saamstem in gebed, is jy deel van die gemeenskap van gelowiges… God sien jou hart en die opregtheid daarvan…. staan ons as gemeentskap van gelowiges saam en God sien ons saamstaan as Sy kinders en ons smeking (soos met die reën), die opoffering vir Hom en ek glo Hy sal ons genadig wees en ingryp… Sy genade is groot… Ek dra elkeen aan Hom op wat ook so teen iets wonderliks is… Mag God elkeen aanraak en hul die opgewondenheid laat voel…

Eriko ·

Julle mense speel met vuur. Julle is besig om Vader openlik te tart deur blatant teen Sy Woord op te tree. Dan gaan julle nog uit jul pad om ander aan te hits om ook die verkeerde wee na te volg?!

Dinge gaan nie die 22st vererger. Dit kan ek julle belowe. Vader laat nie met Hom speel nie en Hy gaan hierdie land, hierdie volk van ons nog bitter hard straf omdat ons nie wil hoor nie.

Doen julself die guns en lees jul Skrif sodat julle kan sien hoe jul mislei word deur hierdie baalpriesters.

Jacques ·

Eriko , ek dink jy is die een wat met vuur speel of wat nie weet wanneer die Here met jou praat nie . Die wereldse mense is die grootste baalprieters . HOU OP om julle te kekommer oor ander se wereld doen en late en kyk na jouself !!!!!!!!!!!
As die volk al ooit vir oom Angus gesien het of n fliek van hom gekyk het sal hulle weet hy IS N KIND VAN DIE HERE (MY KONING EN VADER)!!!!!

Renè ·

Ongelowige Thomas, dalk is jy die een wat met vuur speel!
Waar een of meer in My Naam vergader, daar SAL Ek teenwoordig wees…

Johann ·

Wonder maar net,

as n Christen voel ek nou net so ietwat terug gevat.

Ek het absoluut niks teen n poging om groepe mense saam te kry vir n bid dag nie, ek dink dit is wonderlik, maar ek besorg my oor wie die ‘leiding’ van so dag neem – nie dat ek se Buchan is nie n goeie mens nie, ek betwyfel maar net waarvoor hy staan (sekere artikels oor hom http://www.discerningtheworld.com/2011/12/20/angus-buchan-and-the-roman-catholic-reconciliation/ laat my maar net woder), so verskoon my as ek nie al blerrend agter enige iemand aan waggel nie.

En rerig “Almal kan in hulle huise bid, maar dit is nie wat God wil he nie” – miskein verstaan ek die gedeelte verkeerd Matteus 6:6.

En wat van mense wat nie daar kan wees nie maar dan in hulle kamers tot God bid – is dit nie goed genoeg nie?

“God gaan op 22 April teenwoordig wees….” ek het nuus vir jou, God is elke dag teenwoordig in my lewe, en wees versigtig vir die beloftes wat jy maak. In die almag van die Here God en Jesus twyfel ek glad nie – maar moet nie op my gevoel probeer speel deur te se “Pa, was jy daardie dag daar toe die Here Suid Afrika besoek het”?

Dan sal my antwoord wees:
Nee my kind ek was met trots nie, want my God is elke dag by ons, en bly jy altyd tot God bid maak nie saak waar jy is nie!

Wilma Smit ·

Ek kan nie verstaan as daar ‘n oproep vir kooperatiewe gebed is dat ons Afrikaners so skuins streep trek. As jy nie iets goeds kan se bly stil
Kom ons hou op die negatiewe in alles sien en begin eerder lewe oor ons leiers, land en situasies spreek
As die organiseerder/s dan nou wins maak en skenk dit weer, wie gee om eendag sal elkeen van ons verantwoording doen en dan sal dit nie tussen jou, hom of hulle wees maar jy en die Koning – laat Sy wil geskied vir 22 April 2017

Johann ·

Presies Wilma. SY wil; nie die voorskriftelikheid van Angus se gees van arrogansie nie. Lees mooi wat verklaar Angus. NET o p Angus se dag sal God Suid Afrika besoek en wondere verrig? En Angus spreek ‘n binding uit dat ons nasate ( ons kinders) hulle voorvaders (ons geslag) tot orde sal roep voor God sou ons durf ongehoorsaam wees aan Angus se voorwaardes vir gebedsverhoring? My Vader staan nie op aandag en in lyn met wat ek bedink.of doen of sê nie. SY wil…nie MY of Angus se wil nie. Skuus, maar Angus se arrogante aannames en verklarings oor sy dag oorskadu sy potensiële goeie bedoelongs?

Jay ·

Wilma ek stem saam. Hierdie dag gaan slegs oor een ding. Saamstaan om God te prys vir sy genade en te smeek vir vrede en redding vir ons land. Dit is so eenvoudig. God roep na ons en ons moet antwoord. Ek kan vir jou bevestig dat daar geen wins hier betrokke is nie, inteendeel gaan dit verskeie organisasies en kerke baie geld kos net om dit moontlik te maak. Ingang is gratis, maar daar gaan ongelooflike hoë kostes wees so daar sal inderdaad n “verlies” gelei word, maar vir almal wat hulle harte en beursies oopmaak om dit moontlik te maak sal dit n seëning wees en ek sê dankie vir elkeen van hulle!

JvA ·

Ek kan nogal verstaan hoekom mense voel Afrikaners is gemors mense as ek sommiges se kommentaar lees, soos hier bo. Jesus hou nie daarvan as mense soos julle optree, ek lees niks liefde in sulke kommentaar nie. Wonder wat julle doen om ‘n verskil te maak, anders as om op jul stoep van kommentaar te sit.

geloof ·

Weet jy ek kan mense nie verstaan nie. Laat daar soveel mense as moontlik opruk en God gaan verheerlik. Ek het al baie gedink hoe kan internasionale musiek sterre so n groot ophef kry en ons God nie. En hier gebeur dit nou. Dis ons kans mense om in massas voor Hom soos engele kore te gaan praise en worship en bid.

Liezl ·

Ja, ek wonder oor dieselfde ding….Rod Stewart het al 3.5miljoen mense by ‘n Nuwejaarspartytjie gehad. Biggest rock concert ever in die 1ste plek, Jean-Michel Jarre, 2.5miljoen mense, die show was Paris La Defense/ a City in concert. AC/DC, Pantera, metallica, The black crowes, 1.6miljoen mense, die show was Monsters of Rock. Paul van Dyk, Carl Cox, 1.6 miljoen mense, Die show, love parade. Wat het hierdie mense bereik net om ‘n paar miljoen ‘rockerige’ mense bymekaar te bring. En wat te maak? Het hulle ‘n verandering gebring in die wêreld? En hulle is miljoene betaal en mense het baie geld spandeer. GO FOR IT, 22 APRIL 2017 Ons bid vir genesing vir hierdie land, ons bid dat ons nederig voor U sal kom op ons knieë. Ons mense het U nodig!!!!! Ons bid dat geregtigheid sal seëvier! AMEN AMEN AMEN

Jay ·

Aan Geloof. Dankie. Jy sien die punt en die geleentheid vir wat dit is. Dit moet ons nader bring aan mekaar en nader aan God. Verdeeldheid is sekerlik nie wat God vir ons hier wil hê nie. Liezl, jy is ook soooo reg, mense vergader elke naweek in duisende oor ons land vir musikante om na ons gigs te kom luister, ek dink nie dis te veel gevra om dit vir God op een dag te doen nie. Ek dink persoonlik dis ongelooflik wat al die Vrywillers en Angus en al die kerke doen om hierdie dag moontlik te maak. Dit kom van God af en dit is tog al wat belangrik is. Nie of ons in dieselfde kerk is of dalk nie van Angus hou nie. Dit gaan slegs oor God.

Wilmar ·

“Laat U naam geheilig word” dis al wat God nog altyd wou hê, ongeag hoe of waar dit plaasvind. Ons volk het weggedwaal van Hom, Hy IS ons enigste HOOP ongeag wie wat sê.

geloof ·

Kom ons probeet weer. My boodskappe verdwyn net. Mense wat is jul probleem as kinders van God so n saamtrek hou vir al die redes wat hul dit doen maar die grootste hiervan is dat almal saam voor God sy knie sal buig en “praise and worship” en bid dat die biesies bewe. Wat kan lekkerder wees as om God te loof soos Sy engele in Sy troonkamer. Waarom kan rock sterre soveel skares lok en ons God nie. Is dit nie n wonderlike geleentheid om die ware ding te gaan doen nie. Ja ek weet jy kan dit enige plek doen maar hier is die geleentheid om Hom te gaan aanbid. Iewers in die bybel weet ni waar nie staan dit as jy moeite doen om iets te bereik beteken dit soveel meer. So wat doen die mense. Hulle sit alles in finansieel en om huisvesting en vervoer vir hulself te reel want hul wil daar wees. Wys vir my hoeveel mense smag na n aanraking van die Vader Seun en Heilige Gees. My dank aan almal wat die moontlik maak soos Jay se uitnodiging en al die duisende mense wat hul hand uitsteek om dit moontlik te maak. Vergeet van Angus. Kyk na God

Renè ·

LOOF Hom met die Tromme
LOOF Hom met di Harp
LOOF Hom met die klinkende Simbaal

Corne ·

Wat ‘n wonderlike ervaring gaan dit nie wees as soveel kinders van God saam daar Hom sal kan aanbid nie. Ek kry eintlik hoendervleis as ek daaraan dink. Ek sal ongelukkig nie in SA wees op 22 April nie, maar ek gaan definitief daardie tyd in gebed deurbring in die Gees met almal wat daar saam teenwoordig is. Mag alles net tot eer van die Here wees. Dit is tog waaroor dit gaan, ons as volk verootmoedig ons voor Hom en dan weet ons: Matthew 16:18 Together, the gates of hell will not prevail against us!

cyril ·

saai die diens uit sa het 40,000,000 mense net 1,000,000 kan bywoon,dit sal in engels uitgesaai word,almal moet dit kan hoor,rugby word uitgesaai hoekom nie die diens nie

Gerhard ·

As jy n bybel het lees wat Josefat gedoen het toe hy berig kry dat die vyand gereed was om hulle te venietig,hy het dadelik gebid en daarna het hy die volk bymekaar geroep en opdrag gegee om dieselfde dag bymekaar te kom en bid,nie om gesien te word nie,maar om saam God aan te roep.Hulle was nie skaam om gesien te word nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Jare gelede het ek deur ‘n moeilike tyd gegaan en toe gee ‘n vriendin vir my ‘n boekie: “WHERE IS GOD WHEN IT HURTS”. Dis steeds beskikbaar en die moeite werd om te lees om te sien wat JOU bydrae moet wees om die vraag te beantwoord.

Frikkie ·

Waarom al die bohaai oor wat reg en verkeerd is of om die saamtrek by tewoon of nie. Dit gaan oor een ding alleenlik, om ons Vader in die Hemel te vra dat Hy beheer salL oorneem van ons land waar mense ons land ten gronde toe dryf nl korrupsie, moord verkragtings en so kan ek aangaan. Wat is verkeed daarmee. Kom ons bid reeds dat die Here ons gebede sal verhoor vandag en dat die vandag asook die 22ste April n omwenteling in elkeen van ons lewens teweeg sal bring. Alle eer aan ons Here

Lizzie ·

Laat dit nou n bekende oorsese popster wees wat SA kom besoek, ja dan is daar geld en tyd voor, of as ons kan gaan fees hou waar drank vrylik te koop is, ja dan is ek daar!!! Ek sal by die werk verlof vat om te kan gaan na al die feeste wat so adverteer word, maar as dit iets met die Bybel of Christenskap te doen het, nee dan is daar nie geld nie, ook nie tyd nie, dis waarom God SA so straf, jul kan en wil nie tyd maak vir Hom nie!!want jul glo nie meer, maar ek bid dat daar so n groot wonderwerk sal plaasvind, dat ook jul feesgangers en nie geld en tyd gangers se oe opgemaak sal word. en ek glo!!

Johann ·

Solank as wat “oom Angus” die arrogansie het om my Vader verandwoordbaar te hou om op sy voorwaardes gehoor te gee aan sy verkondiging, sal my gees in opstand kom teen wat Angus kwytraak. Soveel van ‘n arrogansie om my kinders se vrae as my gewete aan te sê ” waar was pappa die dag toe die Here SA besoek het”? Angus: waar enige wedergebore kind van God en man as verandwoordbare hoof van sy huisgesin is wanneer die Here met ons praat…in SY teenwoordigheid…Nie Angus se dag met Angus ae voorwaardes nie. Gees van arrogansie…interessant dat Angus nie die dag wil uitsaai nie maar dit wel na die tyd sal beskikbaar stel? Hoekom? Finansiele gewin met die verkoop van die video? Of die moontlikheid dat Angus se dag lewendig voor MILJOENE as.presies.dit gewys word: Angus se dag. Lees MOOI wat Angus self voorspel en roem op sy dag!

Herman ·

Waarva. Praat jy? Die slag v bloedrivier het elke boer in sy ossewa se tent sit en bid? Nee hul het soos een man bymekaar gekom en gebid. Die afsonder en bid in jou binnekamer is immers vir jouself en jou huisgesin. Hou op verdeeldheid saai want dit gaan jy maai

Thuunda ·

Stem saam Johann…something ain’t right with this Angus.

Hy meng met die TBN / GodTV (kan jy meer arrogant wees om jou kanaal dit te noem?) tipe “word of faith” malkoppie predikers van Amerika. As jy nie kan onderskei op daardie vlak moet jy maar eerder nie jouself as ‘n evangelis wat vir God praat voorhou nie. En die Kingdom Now teologie en gapaardgaande “signs & wonders” obsessie is net so uitwysend.

Hy het goeie dinge te se oor Benny Hinn en Kathryn Culman…

Something ain’t right.

Maak julle oe oop mense.

Leeutjie ·

Johann…hierdie berig gaan oor wat Jay hulle gaan doen. Jy is so vol behepsug met oom Angus dat jy vasgehaak het by hom! Laat jou gees jou ook lei om so vol kritiek te wees oor oom Angus? Waar is Johann as almal saamkom om tot God te bid…sit jy in jou klein kamertjie en dink wie jy volgende gaan kritiseer???

Sann ·

Goed gesê, Piet Pompies en Gerhard. Ons moet nou al reeds bid, maar op daardie dag trek ons op, om eer te betoon aan die Allerhoogste. Ek gaan beslis nie soontoe oor wat mense daarvan sê of dink nie. Dis my openbare belydenis dat God groter is as my gerief, tyd, geld en ego. Daar is beslis baie mense vir wie dit nie moontlik is om te gaan nie, maar dit maak nie julle gebede minder belangrik nie. Bid ook asb vir ons wat hierdie saak aanpak, sodat ons veilig sal wees. Die satan hou glad nie van hierdie poging nie – kyk maar mooi wat probeer hy alles gebruik om dit te keer.

Daan M ·

Ek haal my hoed af vir Jay du Plessis en almal wat in vennootskap met hom gaan om 22 April as samebindende gebedsdag deur te bring. Ek het al na sóveel manne se getuienis geluister oor
die Krag wat Angus B uitstraal. Daar kan net goed uit so ‘n dag voortspruit. Steur julle tog nie
aan al die bitterbek-Afrikaners wat negatief en afbrekend is nie. Gaan voort met jul hand in
Syne. Ons spreek seen uit oor julle voorbereiding! Daan

charmaine ·

Jy slaan die spyker op sy kop Johann, wie is hy om mense te oordeel ofvrae te vra van “waar was jy”? En soos jy se agterna gaan hy die geldjies tel van die DVD .

Johann ·

Dankie Charmain. Maar ons wat durf vrae vra word gestenig want hoe durf ons in opstand kom teen Angus! Maar niemand; niemamd andwoord ons vrae nie? Angus self roem.homself daarop dat sy span hom beskerm? Teen wat? Aandrang op BEVESTIGDE WOORD wat Angus tog behoort te gekry het oor sy dag? Dat ons die punt mis…ons.moet nie meer alleen bid of in ons huise saam nie…NET op Angus se dag…by Angus…? want wat gaan ons andwoord as.ons kinders vra hoekom ons nie by Angus se dag was toe die Here SA besoek het nie?…My grootste vraag: Jay? Van waar die “nasionale bid dag”? Dis presies wat jou oom Angus juis nie sê nie! Ons moet en mag juis nie op Angus se dag op ons eie of in ons gesinne of gemeenskappe of skole of kerke of strate.of kimplekse.of of..MILJOENE wat op alternatiewe.plekke.reg deur die.land kan saam bod…MAAR aikinna…Angus se ons.mis God se.punt??????? Asb…as jy my kan reghelp.

Tertius ·

Wanneer mens DEUTERONÓMIUM 28, Levitikus 26 en Romeine 1 lees (Verkieslik Ou Vertaling), dan lyk dit of daardie vloeke waarvan daar in die bogenoemde gedeeltes Geskrywe is, die daaglikse lewe in SA is. Moet daar nie eers Bekering wees nie? Romeine 1 Sê God is die Een Wie diegene Oorgee wat Hom nie in erkentenis hou nie. So Sê DEUTERONÓMIUM 28 en Levitikus 26 ook dat God die Een Is Wie die vloeke stuur.

Rina ·

Iemand het eendag vir my gesê dat ons Afrikaners kry wat ons verdien want ons kon nog nooit saamstaan nie. Liewer mekaar in die rug steek.

Frieda ·

al van die Voortrekkers se tyd lees maar die geskiedenis!!

Ann ·

Hoe laat sal hulle van Verkykerskop af begin ry? As hulle deur Harrismith gaan ry, sal daar ‘n SKARE wees wat hulle sal ondersteun!! Groot asb, sê julle kom hierdeur?

BEN ·

Angus, jy word ‘n man van God genoem. Mense hang jou aan en tog DWAAL jy met jou uitsprake in die berig! – God gaan op 22 April in Suid -Afrika wees. My Bybel leer dat waar twee of meer mense bymekaar is – kerkdiens, bybelstudie en saambid – God daar teenwoordig is! God is elke dag by ons. Ons is Sy eiendom en Hy sal ons nooit versaak nie. My God is nie ‘n “quick fix” God nie. My God sal altyd daar wees as jy hom aanroep. Wat impliseer jy? Dat God genooi is om op 22 April in Bloemfontein te wees en dat die mense moet kom. Nee, ek is jammer en kan my nie hiermee vereenselwig nie. Jy dwaal en verkondig ‘n dwaling. Die droogte en dit wat in die land gebeur rus swaar op die skouers van die volk – veral die boere. Moet nie hierdie hartseer en vrees misbruik tot jou en ander se voordeel nie. Daar gaan mos ” n kollekte” wees.God laat hom nie gebruik nie. Jy speel met vuur!

Jenny ·

Negatiewe kritiek sal daar altyd wees……hahaha en dis sleg om dit te sê,maar waarom is ons land waar dit is- die afrikaner kan nie die son sien skyn oor ander 1 nie…..AS JY NIE DIE BIDDAG KAN OF WIL BYWOON NIE…..MOET DAN NIE- maar hou jou negatiewe kommentaar eerder vir jou self……en as ek al die negatiewe dinge lees,skud ek my kop en wonder wat dink ons Vader…….dit maak dat ek verstaan hkm ons nasie so gestraf word…….kan nie eers saam stem om 1 biddag nie…….dis 1 biddag….wat gaan jy verloor??…..

Marietjie ·

Amen dankie Jay mag baie mense jou voetspore volg…. as jy soos ek nie daar kan uitkom nie bid in jou huis. Maar bid vir vrede…. God hoor ons klaar. Dk vir almal wat bly glo in wonderwerke. Ons aanbid n God van Wonders xxx

Marie Swanepoel ·

Waar kom jy daaraan dat A.B. ‘n profyt maak. GEEN toegang, geen kollekte word gevra nie.

Krappie ·

Ek kan nie glo daar is steeds mense wat dink oom Angus maak geld uit sy dienste nie. Hy vra NIKS nie. Dis GRATIS! Rerig! Hy is ‘n gesalfde van die Here en die Here het hom geroep. So asb hou julle negatiewe kommentaar vir julleself. Ek dog ek se maar net! 22 April is nodig vir die land en sy mense!

Bees ·

REGTIG, maar hy was n bankrot boer en toer nou landwyd en oorsee?!Die gesuis tussen die ore is agv die lugleegte.

John ·

Mens hoor niks van sekuriteit nie. Tye is boos en Afrikaners nie eintlik geliefd nie. Enigeen is skynbaar welkom. Terrorisme is ook nie net altyd iets vreemds vir daar ver oor die see nie.

krakie Muller ·

Waar is die plaas wilde als gelee (watter kant van Bloemfontein. Laatweet asb

Marietjie ·

Shoe dit is vir my regtig baie erg om te lees hoe die mense oom Angus Buchan aanval. En nie net mense nie… Christene! Wow… dis hartseer hoe onkundig mense is en nie oom Angus se hart raaksien nie. Hierdie geleentheid gaan oor EENHEID en ek net sien hoe Satan verbete veg daarteen want as ons as Christene die dag begin saamstaan is sy doppie geklink. Sy grootste strategie was nog altyd altyd verdeeltheid te bring…huwelike, kerke ens. Ek kan ook nie by die geleentheid wees nie maar ek glo oom Angus is geroep vir hierdie taak. Kom ons hou op om te kritiseer en aanval en ondersteun hom waar en hoe ons kan.

Tokkie ·

Jay
Jou antwoord aan Charmaine het betrekking. Jy sê “niemand sal jou oordeel as jy nie daar is nie” – miskien moet jy dit ook vir Anchus sê want wat anders is dit as oordeel wanneer hy sê: ” Jy wil nie hê jou kinders moet jou eendag vra ‘ Pa, was jy teenwoordig……..” . Dit klink vir my hy probeer ‘n skuld gevoel op ons trek.

Saai ·

Tokkie, Johann en Charmaine. Jaloesie is ‘n lelike ding. As Oom Angus die probleem is soos jul uitwys, bid vir hom. Die punt is almal moet BID. Die probleme wat ons bevind gaan en raak reeds almal. Watse oplossing het julle vir al die geweld ens? So baie se die regering, of staan saam en baklei. Ons probleem is ons kyk vir die oplossings by die probleem. Ons as mense. Oom Angus doen wat van hom verwag word. En dit is om mense te laat verstaan ons enigste uitweg is ons Skepper. Begin BID.

Tokkie ·

Nee Saai dis nie jaloesie nie net gesonde oordeel. En ek bid al lankal vir my volk – en Vader sal vir ons die oplossing op die regte tyd stuur en Hy het reeds ons leier in plek wat op die regte tyd openbaar sal word. Groete in Christus

Hartseer ·

En so met verdeling en rusie tussen die mense begin die duiwel klaar sy vervoesting saai. Goeie genade mense wat van `n WOW God het vir Sy kind `n opdrag gegee en Sy dienaar het geluister. Maar nee tipies soos wat ons is maak ons dit weer oor die wereld en oor Mamon. Ons Vader het een gebod net een en dit is Liefde, dit is wat alles sal oorwin, ook in die land, liefde. Maar hoe kan ons enigsins uitweg van God verwag as ons nie eers met liefde na Sy dienaar kan kyk nie. Ek vir een dink dis flippen awesome en sal my linker knieg skenk om daar te kan wees. Dink aan die krag van 1 miljoen gebede, 1 miljoen van God se kinders, 1 miljoen geestelike boeties en sussies wat saam een hulpkreet het. Ek kry hoendervleis as ek net daaraan dink. Dink aan die vreugde wat dit God verskaf dat uit keuse gaan 1 miljoen van Sy kinders saamtrek en intree vir die 40 miljoen van ons land. I mean really as dit jou nie trots maak om `n kind van God genoem te word nie dan weet ek nie wat gaan nie. Die mense wat nie daar kan wees nie onthou ons is deel van een liggaam niemand se dat jy daar waar jy is nie saam op jou kniee kan gaan en voor die aangesig van ons Vader smeek vir ons land nie. Bless and be blessed.

Elizabeth Dempers ·

en dan wonder ons hoekom hierdie land en sy mense in so groot gemors is. Kyk na die kommentare en sien weereens hoe mens nog nooit geleer het om saam te staan. Aan al die ongelowige thomasse, wat het julle tot dusver gedoen om ‘n bydrae te lewer tot ‘n beter sameleweing in hierdie lan??????? Maar maklik om iemand af te takel wat wel iets doen om mense landswyd bymekaar te kry vir verootmoediging…to humble ourselves. Wat in hierdie land aangaan is skokkend verby, nie ‘n dag sonder moorde, verkragtings, diefstal, bedrog ens. ens. Hier is gruwelmagte aan werking. “ALL THAT IS NECESSARY FOR THE TRIUMPH OF EVIL IS THAT GOOD MEN DO NOTHING” (Edmund Burke)

Dex ·

Baie redes om nie te gaan bid nie en ook baie redes om wel te gaan.
Jona kry ‘n opdrag om na Nineve te gaan, en die koning van Nineve beveel die hele volk om te vas. Redelik openbaar en kommersieel as jy dit so sou wou sien.
Angus word deur iemand gevra om S.A bymekaar te kry om te bid, nie iets wat hyself besluit het om te doen nie. (volgens my inligting)
Vra mense om ‘n biduur by die kerk by te woon en kyk na die opkoms – 5% – 20 %. Die res het verskonings van te vroeg of te laat of my kind se skool aktiwiteite en en en……..
As jy in jou hart oortuig is dat hierdie biddag nie God se goedkeuring wegdra nie, moet dan nie gaan nie en moenie dat dit jou ontstel nie. Bid dan vir die ander wat nie sien wat jy sien nie.
As jy weet dat God ons enigste uitweg is, maar nie Angus se uitsprake goed keur nie, of nie die logistieke middele of geleentheid het om dit te kan bywoon nie, bid dan daar waar jy is in eenstemmigheid met die res, solank jy net nie vir God en jouself lieg deur voor te gee jy gaan by die huis of jou kerk bid en dit dan nie doen nie.
“Carpe diem”

Maria Van Dieweeck ·

Afrikaners het almal n idee oor wat n kerk en n dominee behoort te wees. Eendrag, dit wat ons nou benodig, is te veel gevra. Ek sou graag Jesus se kommentaar wou hoor, veral oor hierdie kritiese gees tussen Christene. Vat hande as ons wil bly staan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.