Video: Afrrrikaans is maar moeilik!  

‘n Skermskoot van Juanne en Rebecca Whyte. Die video volg onderaan die berig.

Toe ʼn pa van Kaapstad ʼn video gemaak het van sy worsteling om sy Engelssprekende agtjarige dogtertjie die ‘r’-klank in Afrikaans baas te laat raak, het hy nie geweet wat dit vir hom gaan inhou nie.

Juanne Whyte (39), ʼn uitsendingverkoopsbestuurder by Orms en inwoner van Kirstenhof, het Saterdag aan Maroela Media gesê hy het op 14 Augustus die video op sy selfoon opgeneem waar hy sy dogtertjie, Rebecca, die middag met haar Afrikaanse huiswerk gehelp het.

“Die idee was net om die video vir my ma en pa te stuur sodat ouma en oupa in Langebaan kan sien hoe leer sy Afrikaans,” het Whyte gesê.

Whyte se vrou, Claire (36), kon egter nie die versoeking weerstaan om die video van hul enigste dogter, ʼn gr. 2-leerder aan Kirstenhof Primary School, op Facebook te deel nie en toe die egpaar weer sien het dit soos ʼn veldbrand versprei.

“Ons het glad nie gedink die video sal so viral gaan nie. Ek het sommer die selfoon teen wasgoed gesit om die video vir my ouers te neem. Ek het die heeldag ʼn pet gedra en ʼn mens kan sien hoe woes staan my hare. Ek sou dit ten minste gekam het as ek kon dink ek sou so famous op die internet word,” het hy geskerts.

Whyte verduidelik sy vrou is Engels, en sy pa is Engels, maar sy ma is Afrikaans en hy was in ʼn Afrikaanse laer- en hoërskool.

“Rebecca doen baie goed op skool in al haar vakke en is ʼn goeie leerder. Sy doen ook goed in Afrikaans, sy sukkel net met die ‘r’ en ‘oo’, maar sy sukkel nie regtig om ‘roomys’ te sê nie.”

Selfs Rebecca het oornag bekendheid by haar skool verwerf met mense wat dit teen Saterdag byna 160 000 keer gekyk. Maar die roem is nie na Rebecca se kop toe nie. Getrou doen sy haar huiswerk elke dag en ewe getrou help haar ouers haar daarmee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Roomys is lekkerrrrr ·

Laat haar afrikaans sing elkedag en jy sal sien
haar klanke verbeter daagliks.

Faan Bothma ·

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n klompie Sjinese wat buiteland toe wou gaan touwys gemaak in die tiep van engels wat hulle op lughawens, ens, sou nodig kry. Sjinees spreek “L” uit in plaas van “R”. Hulle praat bv van “Lome” in plaas van “Rome” – uiters verwarrend. Boonop kan Sjinees ook nie die snaakse geluid voortbring wat engelse gebruik wanneer hulle met ‘n “r” te doen kry nie. Dus het ek hulle gedril om die “r” te rol. Party het dit bemeester maar die groot meerderheid kon nie dus het ek hulle soos die Bolanders laat “bgggei” ( jammer, ek weet nie hoe om dit gespel te kry nie). Almal kon dit regkry en dit klink kostelik. Probeer engels so praat – bgggei waar daar ‘n “r” voorkom.

Renê Lubbe ·

My Engelse meisiekind het net so gesukkel met die Afrikaanse erre. Gaan beter maar praat steeds Afr met ‘n Eng aksent. Ten spyte daarvan staan sy elke kwartaal errste in Afr Huistaal in haar klas. Ons het gereeld Rooi ribbok rammetjie geoefen – Hooi hibbok hammetjie!!??

LATIE ·

dink beitjie as jy afrikaans praat kan makilk ook engels praat maar as jy engels praat kan nie maklik in afrikaans praat dan sukkel jy woontes aan engels my vriend was engels hy wil graag afrikaans praat ons hom geleer en geskryf ook en hy kan nou afrikaans praat en engels praat niks spyt oor dit nie dink daaroor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.