[Video] Aros: ʼn Afrikaanse private hoëronderwys instelling

onderwyser-02

Aros is vandag ʼn gevestigde instelling en baanbreker in die tersiêre onderwys- en opleidingswêreld, in Afrikaans, met bykans 800 studente. Foto: Ncee.org

Promosie-artikel

So tikkie Geskiedenis

In 2003 het ʼn dinkskrum vergader om te besin oor die uitbouing van Christelike onderwys in Suid-Afrika. Twee kernaspekte is geïdentifiseer om uitnemende onderrig en opleiding te bevorder, naamlik dat baie meer jong, bekwame mense as onderwysers opgelei moet word en ʼn Christelik-gefundeerde kurrikulum met handboeke van hoë akademiese standaard moet ontwikkel word. So het die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) tot stand gekom.

Aros is in 2004 geopen, met ʼn handjievol hoopvolle studente, wat hul studies in B.Ed Grondslagfase-onderwys begin het. Vandag, 12 jaar later, staan Aros bekend as ʼn gevestigde instelling en baanbreker in die tersiêre onderwys- en opleidingswêreld, in Afrikaans, met bykans 800 studente.

Harde werk, groot beloning

Om ʼn student by Aros te wees, is, in die woorde van baie van sy topstudente, ʼn voorreg. Onderrig geskied in Afrikaans, met ʼn sterk Christelike, reformatoriese grondslag. Aros se grondslag het nie net ten doel om onderwysers met ʼn sterk Christelike karakter op te lei nie, maar onderwysers wat wéét hoe om in die gemeenskap hul roeping as Christen-onderwysers uit te leef. Sodoende kan hulle die gemeenskappe waar hulle eendag werk, positief beïnvloed en verander. Die Engelse begrip Reform verduidelik dit mooi.

Aros volg ʼn gemengde model van onderrig, wat weeklikse verpligte klasbywoning kombineer met e-Leer. Die onderrigmodel beteken dat Aros-studente gedissiplineerd en hard moet werk, aangesien hulle slegs op Vrydae of Saterdae klasse bywoon. Daar word van studente verwag om intensief te studeer en baie ure se voorbereiding uit hulle handboeke en voor hulle rekenaars word gedoen. Studente by Aros wéét hoe om hul tyd tussen werk, studeer en hul sosiale lewe te verdeel. Die ander pluspunt van die model is dat dosente reg deur die week op kantoor beskikbaar is vir persoonlike afsprake, wat ʼn belangrike bydrae tot akademiese vordering en persoonlike voorbereiding lewer.

Die studente word ook aanlyn akademies ondersteun deur middel van ons eie e-Leer platform, e-Klas, wat sorg vir direkte en vinnige kontak met dosente en medestudente. Aros se e-Klas platform word in Afrikaans bedryf vir alle vakke en is gebaseer op die jongste tegnologie. Les- en ander materiaal, sowel as opdragte en toetse, word elektronies deur e-Klas behartig.

Aros het ook ʼn voltydse biblioteek op die kampus terrein. Die biblioteek bestaan uit verskillende versamelings akademiese en tersaaklike bronne, saam met ʼn elektroniese afdeling, waar leeswerk vir opdragte en toetse oor die internet beskikbaar gestel word. Dit help alles dat studente werklik slegs een dag per week Pretoria toe hoef te ry om klasse by te woon. ʼn Gekwalifiseerde bibliotekaris en bibliotekaresse staan gereed om studente met navrae te help.

Studente doen ook vanaf hul eerste jaar ʼn wesenlike blok praktiese onderwys by skole, die sogenaamde “krit” lesse. Praktiese ondervinding en evaluering tel vir ongeveer 25% van die vier jaar kursus. Aros het ʼn voltydse kantoor wat die praktiese onderwys administreer. Die personeel in die praktiese onderwys-kantoor sorg vir die administrasie van praktiese onderwys. Dit sluit in opleiding aan onderwysers by skole, plasing van studente en om te sorg dat studente al die regte inligting het. Twee voltydse onderwyspraktyk dosente sorg vir die praktiese onderwys-evaluering.

Die gemengde model laat studente toe om voltyds in die week te studeer, of om reeds in onderwys betrokke te raak. Sommige studente werk vanaf hulle eerstejaar as ʼn onderwys-assistent by ʼn skool. Dit beteken wanneer hulle afgestudeer het, het hulle amper 4 jaar se ondervinding op hul CV’s. Dit maak Aros-studente baie gesog by skole, want ʼn groentjie met ʼn graad en 4 jaar ondervinding, skop jy nie sommer onder enige bos uit nie.

Nie net studies nie

By Aros gaan alles darem ook nie net oor studeer nie en voorsiening word gemaak vir ʼn gesonde studentelewe. Daar is twee daghuise, naamlik Concordia (vir die Vrydagstudente) en Die Rigters (Saterdagstudente). Die twee daghuise ding gereeld gedurende die jaar teen mekaar mee in allerhande aktiwiteite, van ernstige dinge soos debatsvoering en bloedskenk, tot die meer lawwe dinge soos toringbou (die menslike tipe) en ander sports. Elke jaar se bedrywighede word met ʼn eerstejaarskamp afgeskop by ʼn goed toegeruste kampterrein. Hierdie kamp is net die plek om nuwe vriende te ontmoet en die jaar met die regte geestelike leiding te begin. Elke daghuis het sy eie Huiskomitee, wat deur die Studenteraad ondersteun word.

Aros het ook ʼn afdeling vir Akademiese Steundienste, wat ʼn wye reeks ondersteuningsdienste aan studente bied. Die afdeling beskik onder andere oor ʼn gekwalifiseerde berader wat studente help met akademiese en persoonlike kwessies, aangesien ons wil hê ons studente nie net akademies presteer moet presteer nie, maar ook op emosionele vlak gesond moet wees. Hierdie diens word aan alle studente beskikbaar gestel as deel van hulle studiepakket. Verskeie ondersteuningskursusse word ook op ʼn gereelde basis aangebied, onder andere ʼn studiemetode kursus gefokus op tersiêre studies.

Waarom wil iemand by Aros studeer? Onderwysers het ʼn Godgegewe roeping om nie net inligting aan hulle leerders oor te dra nie, maar om kinders so op te voed dat hulle goedopgeleide, godvresende volwassenes kan wees. Daarbenewens geskied alles in Afrikaans, van die lesings en gidse tot e-Klas. Hierdie dinge maak Aros se onderrigmodel besonders en uniek en ons lei ons onderwysers op om binne hulle eie gemeenskap, maar ook die breë Suid-Afrikaanse samelewing, werklik op geestelike vlak ʼn verskil in kinders se lewens te maak. By Aros word jy nie net ʼn onderwyser nie, hulle help en lei hul studente om ook geestelik te groei in hul geloof. By Aros word roeping-gedrewe onderwysers opgelei. Kom en kyk self hoe lyk hierdie unieke opleiding model, in Afrikaans, in aksie.

Hoe kontak jy Aros?

As jy besluit het dat Aros dié plek is vir jou om te studeer, of as jy net eers ʼn bietjie meer inligting wil hê oor die B.Ed in Grondslagfase-onderwys of die Diploma in Ontvangsjaaronderwys (wat in 2016 vir die eerste keer aangebied word), skakel die Bemarkingsafdeling by 012 332 3227. Stuur ʼn e-pos met jou navrae aan [email protected] of kom besoek ons op 17 Oktober 2015 by ons inligtingsessie van 9:00 tot 11:00. Kom beleef die kampus en vrae jou vrae aan ons studente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Izzy ·

Fantasties. Met sulke onderwysers het ons kinders beslis ‘n kans vir die toekoms.

Trotse Arrie ·

Ek is ‘n derde jaar-Arosstudent. Alles is waar wat hierbo gesê word. As daar net meer onderwysers en/of studente met Aros se model opgelei kan word… Ons skole sal ‘n paradys en werklik ‘n veilige hawe vir kinders wees.

Fransie ·

Ek is ontsettend dankbaar vir julle,Aros, mag ons dierbare Here julle seën en jul studente getalle sal groei.

Pieter ·

Het lank saam met hulle gewerk, wonderlike mense en Instansie. Sterkte vir die toekoms en mag julle net van krag tot krag gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.