Video: ‘As jy net oorleef, kan jy nie droom nie’

Michael Ketterer (Skermgreep uit die video)

Michael Ketterer, wat al verskeie geestelike aanbiddingsalbums vrygestel het, het die beoordelaars van America’s Got Talent onkant gevang met sy talent.

Ketterer, oorspronklik van Tennessee in die VSA, is nou ʼn verpleër in Orange County in ʼn hospitaal vir kinders wat vir geestesgesondheid behandel word.

Hy en sy vrou het ses kinders, waarvan hulle vyf aangeneem het.

Op beoordelaar Simon Cowell se vraag waarom hy aan dié talentkompetisie deelneem, het hy verduidelik hy het dit spesifiek vir sy kinders gedoen. “Dis kinders wat uit pleegsorg kom. As mens net oorleef, dan kan jy nie droom nie. Ons wou vir hulle ʼn huis en ʼn veilige omgewing gee waar hulle vry is om te droom. As hulle kan sien hulle pa kan sy droom uitleef, dan is niks onmoontlik nie.”

Cowell het ná Ketterer se optrede gesê hy was besorg omdat hy so senuweeagtig was voor die tyd, maar hy was verstom oor sy sangtalent. “Soms sê dade meer as woorde,” en daarmee het Simon die goue gonser gedruk, wat beteken dat Ketterer dadelik deurdring na die regstreekse rondes.

https://youtu.be/qFy5XyZsUeo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.