Video: Bekkige kleuter roer harte met opsê van psalm

macky-jameson-2

Klein Macky Jameson. (Foto: Skermgreep uit die video)

Klein Macky Jameson van Bonnievale in die Wes-Kaap het sosialemediagebruikers aan die gons nadat ʼn video waarin hy lostrek en Psalm 23 vlot opsê soos ʼn veldbrand versprei het.

Donovan du Toit, bestuurder by ʼn abattoir in Bonnievale, het aan Maroela Media gesê hy werk saam met Macky se ouers. Op 23 Desember het hulle hom gevra om by die werk ʼn ogie oor die vierjarige te hou terwyl hulle besig was.

“Ons was in my kantoor en Macky het gespeel. In ʼn stadium vra hy toe vir my: ‘Meneer, ken meneer Psalm 23? Ek kan hom opsê.’ Ek het toe my foon uitgehaal en die video gemaak. Hy is vir my net die oulikste klein seuntjie,” het Du Toit gesê.

Volgens Macky se ma, Stacey, het hy die Skrifgedeelte by die skool begin leer. “Ek en sy pa het dit toe vir hom verder geleer,” het sy gesê.

Die video is reeds meer as 400 000 keer op Facebook gekyk en ongeveer 18 000 keer gedeel. “Ek het vanoggend trane in my oë gehad,” lui Du Toit se inskrywing.

Ek het vanoggend trane in my oe gehad by die werk….Macky is 3 jaar oud en sy ma en pa werk by my terwyl ek na hom kyk….toe vra hy vir my ken ek Psalm 23….priceless

Posted by Donovan du Toit on Friday, December 22, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sue Theron ·

Dis die mooiste weergawe wat ek nog van Ps23 gehoor het. So sit Macky n groot glimlag op my gesig vandag. Dit is pragtig.

Sue Theron ·

Dis so pragtig. Sit Macky nou n groot glimlag op my gesig.

Nicci Hefer ·

Ag te oulik. Wens meer ouers wil hul kinders op hierdie wyse grootmaak… Met God as die fokuspunt in hul lewe… Welgedaan, Macky.

Hendrina Schoeman ·

Ag my moeder hy is te oulik. Dankie aan die ouers.

Wolf Cilliers ·

Net drie jaar oud maar duidelik weet hy wie sy Herder is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.