Video: Bloed help jong fiksheidsinstrukteur se lewe red

Matt Lathan. Foto: Skermskoot uit video.

Matt Lathan. Foto: Skermskoot uit video.

Matt Lathan, ’n 26-jarige fiksheidsinstrukteur van Johannesburg het dokters verstom gelaat toe hy twee jaar gelede byna by die dood omgedraai het as gevolg van septisemie.

Matt was besig om voor te berei vir ʼn fiksheidskompetisie toe hy hospitaal toe gejaag is om ’n breuk te herstel. Komplikasies tydens die operasie het veroorsaak dat Matt se kolon gebars het. Dit het gelei tot septisemie wat sy niere en lewer begin vernietig het.

Om verdere skade te vermy moes Matt talle bloedoortappings ontvang.

Tydens die nagmerrie het hy ook drie hartaanvalle gehad en was twee weke in ʼn koma. Matt sê een van sy dokters het telkemale vir hom vertel dat hy nie kan glo hy lewe nie.

Nadat hy uit die koma ontwaak het, kon Matt nie praat, loop of eet sonder hulp nie en teen daardie tyd het hy reeds 55 kg verloor.

“Wanneer so iets met jou gebeur, verander dit jou. Die wete dat ek drie keer bygebring is en die geskenk van bloed gekry het, het my ʼn nuwe doel in die lewe gegee,” vertel Matt.

Junie is bloedskenkingsmaand. Dit is daarop gemik om mense bewus te maak van die belangrikheid om bloed te skenk. In hierdie video van die SANBS vertel Matt sy storie en bedank bloedskenkers vir hul bydrae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

“….byna by die dood omgedraai “, so hy leef nie meer nie???
Hy was amper dood, so hy het inderwaarheid by die dood omgedraai!
Dis hoe dit werk Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.