Video: Bloukraanvoël maande ná brand vrygelaat

Dot en Dash nadat hulle gered is. Foto: Skermskoot uit die video

ʼn Bloukraanvoël wat in Januarie vanjaar tydens die vernietigende brande in die Overberg gered is, is sowat vier maande later terug in die natuur vrygelaat.

Dié voël is saam net nog ʼn kuiken gered tydens die brand in Franskraal net buite Gansbaai in die Wes-Kaap.

Die twee voëls is na die Southern Wildlife & Environmental Society in Struisbaai geneem waar hulle versorg is. Die twee voëls is Dot en Dash gedoop. Dot is egter twee dae later dood weens die stres van die brand.

Dash het oorleef en floreer en is nou sowat vier maande later in die Nuwejaarsvleiland se spesiale bestuursgebiedgroep vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.