[Video] Boetie en sussie hoor vir die eerste keer

Corban en Samantha (Foto: Facebook)

Eers het hulle verstar gesit en luister na die klanke in hul ore – aanvanklik ʼn biepgeluid, en toe stemme. Ma en pa het met snesies gereed gestaan; dokters het immers gesê daar is ʼn groot kans dat die kinders nie positief op klank gaan reageer nie. Maar hulle het, want sekondes later het dié boetie en sussie geglimlag soos hulle nog nooit vantevore het nie.

Dit was Maandag die eerste keer in Corban (11) en Samantha (9) Venter van Pretoria Tuine se jong lewens wat hulle hul ouers se stemme, én ander geluide, kon hoor.

Die boetie en sussie het vroeër in Maart kogleêre inplantings gekry, en dié gehoorapparaat is Maandag vir die eerste keer aangeskakel.

Hulle pa en ma, Tanya en Johan, is albei blind. Johan is blind gebore en Tanya het op ʼn jong ouderdom blind geraak weens die genetiese siektetoestand retinitis pigmentosa. Die egpaar se jongste kind, Micyla (2), kan sien én hoor.

Samantha hoor vir die eerste keer (Foto: Facebook)

“Dit het ongelooflik goed gegaan,” vertel Tanya. “Ons het ons voorberei daarop dat hulle groot gaan skrik vir die klank, maar hulle was eerder opgewonde en het van oor tot oor geglimlag.

“Toe Samantha haar stem die eerste keer hoor, het sy die heeltyd een geluid herhaal omdat dit vir haar so fassinerend was om klank te hoor.”

Die gesin kon vroeër vanjaar daarin slaag om uiteindelik net meer as R900 000 bymekaar te maak sodat Corban en Samantha die inplantings kon kry.

Die gesin sal voortaan steeds met gebaretaal kommunikeer, omdat dit altyd hul eerste taal sal wees. Die kinders praat in gebaretaal en Johan en Tanya voel hul hande om uit te maak wat hulle sê. Nie ʼn enkele woord word gekommunikeer nie, maar dit is selde dat die regte boodskap nié voldoende verstaan word nie.

Corban hoor vir die eerste keer (Foto: Facebook)

“Dis maar ons eie stelsel en dit werk vir ons. Vir langer as ʼn dekade was my hande vir my baie belangrik; dit was die enigste kommunikasiemiddel tussen my en my kinders. Nou het dit verander en ons gaan van voor af moet leer kommunikeer, maar ons is dankbaar. Dit sal die eerste keer in hul lewens wees wat hulle ʼn ketel kan hoor kook,” sê sy.

Die gehoorapparaat van die kogleêre inplanting sal stelselmatig harder gestel word. Daar is egter nog ʼn lang pad wat vir die gesin voorlê.

“Albei kinders was baie ouer as ander kinders wanneer hulle die inplantings kry. Die senuwees is dus nooit gestimuleer nie, en die kanse dat hulle soos ek en jy sal praat en verstaan, is skraal. Hulle gaan egter nou spraakterapie kry en hulle is baie ywerig om te weet wat woorde beteken en te luister.”

Vir meer inligting, besoek die gesin se webwerf.

Kyk die video’s ook op Facebook.

Corban can hear sound! Switch on 31 March 2017

Posted by Foundation for Children with Hearing Loss in SA on Friday, March 31, 2017

Corban tells mommy that he can hear!

Posted by Foundation for Children with Hearing Loss in SA on Friday, March 31, 2017

Guess who can hear her own voice!

Posted by Foundation for Children with Hearing Loss in SA on Friday, March 31, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

TTh ·

net jammer dat albei kinders die satanistiese handgebaar toon op die foto – hoop die ouers kan dit regstel

Sune van Heerden ·

Dagsê Tth

Die teken wat hulle wys is gebaretaal vir “ek is lief vir jou”.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Annelien ·

Dit is die gebaar vir ‘I love you’, sover ek weet is dit internasionaal erken as so. Ekt gebare taal geneem op uni vir 3 jaar, end boy tans naby n dowe universiteit in Washington DC

katryn ·

pragtige kinders. Wonderlike, hartseer storie. Ek hoop die kinders sal kan leer hoor en praat sonder te veel stres.

Chantelle Connoway ·

hoe awesome is dit, so lekker om dit te sien en maak my hart bly

WonderNet ·

Ek verstaan nie, as albei die ouers blind is, hoe kommunikeer hulle met gebare taal? Ek verstaan dis hoe die dowe kinders kommunikeer. Vra maar net.

Caddy ·

Ek sien dat die vrou aan die klein seuntjie se handjies vat wat aandui dat sy voel wat hy sê, ek mag verkeerd wees maar dit is hoe dit vir my lyk. Dit is amazing

Kobus ·

Pragtig! Dankie Here dat U die twee mensies ‘n wonderlike nuwe lewe gee!

Elisabeth Kruger ·

Dankie Here dat hierdie twee kindertjies hul gehoor kan geniet saam met hulle gesin.

Inspirasie ·

Pragtige storie van moed en volharding en vreugde te midde van uitdagende omstandighede. Ek put groot inspirasie hieruit om dieselfde karakter uit te straal in my eie omstandighede.
Baie sterkte vorentoe toegewens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.