[Video] Boetebessie se danspassies laat verkeer vloei

dora-dans

Dorah Mofokeng . Foto: Skermskoot uit die video.

ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte het vir ʼn glimlag op motoriste se gesigte gesorg in Fourways waar sy verkeer help reguleer het terwyl sy met haar danspassies gespog het.

In die video, wat deur Murray Kernick op die hoek van Cedar- en Witkoppenstraat geneem is, kan gesien word hoe Dorah Mofokeng motoriste baie doeltreffend bystaan terwyl sy verskeie danspassies uitvoer met oorfone in haar ore. Die video is al meer as ʼn miljoen keer gekyk.

In ʼn onderhoud met die Sowetan sê Dorah sy het geen idee gehad iemand neem ʼn video van haar nie, en dat dié dansery niks nuuts is nie. “Ek is nie ʼn danser nie, maar wanneer ek die verkeer help reguleer, moet mense weet ek is daar. Ek is bly die dansery maak mense se dag beter,” sê Dorah.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in Johannesburg, het selfs vir Dorah gaan besoek om ʼn paar wenke te kry oor hoe om verkeer op dié manier te reguleer. Haar danspassies het nou selfs sy eie hutsmerk #Dorarena met verwysing na die Macarena.

Directing traffic South African style! Classic :)(For licensing and usage, contact: licensing@viralhog.com)

Posted by Murray Kernick on Saturday, March 11, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anton ·

…pragtig…ons het ook so persoon by ons…altyd lekker om hom te sien…

Magda ·

Tenminste geniet sy haar werk en doen dit met passie. Well done!

Lindy ·

Dis so lekker om te sien daar is mense wat hul werk nog geniet en passievol daaroor is! Well done!!

Wow well done ·

Wow well done girl, jy gaan ver in die lewe kom met jou positiewe gees. Die positiwiteit wat jy uitstraal maak vir padgebruikers interessant en aangenaam en met jou manier van werk, maak jy verkeersfrustrasies en mense met pad woede kalm. Doen so voort, mag jou voorbeeld ander inspireer. Belangrikste jy is gelukkig en min kan dit sê.

Maureen ·

In Stellenbosch is n manlike een. Hy het gesorg vir n glimlag elke dag toe ek nog gewerk het en by hom moes verby ry. Alte kostelik

dup ·

Pragtig hulle is maak die dag beter,Kom ons vra die owerhede net dat hulle moet wit handskoenne die beamptes gee, vir beter sigbaarheid, dan lyk die dansie ook heel cool. Saluut aan almal wat dien……

Veronica ·

Wel ek is jammer om di ou bitterbek te wees maar dis al wat hulle goed kan doen. As jy moet werk dan werk jy. N gedans beindrik my nie.

Pop ·

Baie goeie uitkyk op haar werk. Stel haar aan as die Metro Chief in Tshwane.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.