Video: Boodskap van hoop teen Tafelberg

(Foto: Verskaf)

Dylan Joseph, ʼn entrepreneur van Kaapstad, en ses van sy vriende het die naweek ʼn reusebanier teen Tafelberg gehang om hulle ondersteuning aan die inwoners van Gauteng en KwaZulu-Natal te toon.

Op die banier is ʼn groot hart in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag teen ʼn spierwit agtergrond met die woorde “We love you SA” gedruk.

Foto’s van die massiewe 100 m²-banier wat teen die geliefde Kaapse berg se hange pryk, is sedertdien wyd op Facebook gedeel.

Joseph sê hy het verlede week met ʼn gevoel van hulpeloosheid rondgeloop en gewonder wat om aan die saak te doen. Hy wou op ʼn manier aan die mense wat deur die gewelddadige plundering van verlede week geraak is, wys dat hulle voorop in Kapenaars se gedagtes en gebede is.

“My boodskap was eenvoudig: net omdat ons nie in Kaapstad oorval en geplunder is nie, beteken dit allermins dat ons dit nie voel nie. Ons is almal een, ons is Suid-Afrikaners en ons deel mekaar se verliese, maar vier ook mekaar se oorwinnings.”

Hy het dié groot banier inderhaas Donderdag laat druk en die volgende oggend om 04:00 teen Tafelberg saam met vriende uitgestap om dit op te hang. Die groep is egter gou daarna gevra om die banier te verwyder omdat dit teen SANParke se regulasies is.

Joseph het nie die reaksie op sy daad verwag nie en aanvanklik net ʼn paar foto’s van die banier aan vriende gestuur. Sy videoboodskap is sedertdien reeds 44 000 keer gekyk en meer as 5 000 keer gedeel.

“Ons moet dié veronderstelling dat ons net hulpelose mense is heeltemal omvergooi, want ons is kragtig as ons saamstaan. Om dapper te wees beteken nie jy is nie bang nie, dit gaan daaroor dat jy bang is en steeds opdaag soos jy is.

“As jy hartseer en seergemaak voel, voel ons saam met jou seergemaak. Ons is hier vir julle en ons sal dinge saam met elke Suid-Afrikaner herbou,” het Joseph bygevoeg.

“We Love You South Africa”“Dear Capetonians,Just because we aren’t being overrun and looted doesn’t mean we don’t feel it.We are one, we are South Africans. We share each other’s losses and celebrate each other’s wins. Mandela United all of us. We must up-date our narrative of helpless humans: We are powerful together.Being brave is not about not being scared, it’s about being scared and showing up as you are.”Sometimes the smallest things are the biggest things, and other times the biggest things require bigger messages. This massive banner is a beautiful big message to all South Africans.Photo Cred: We Love You South Africa ????

Posted by Mathieu Van Goethem on Friday, July 16, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.