[Video] Bouwer en Leandie: ‘Verhoudings nie altyd maanskyn en rose’

Die paartjie gee skreeusnaakse wenke oor verhoudings en troureëlings. Foto: 'n Skermskoot uit die video.

Die paartjie gee skreeusnaakse wenke oor verhoudings en troureëlings. Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Die pasgetroude paartjie Leandie du Randt en Bouwer Bosch gee in ʼn nuwe video op YouTube ʼn reeks skreeusnaakse wenke oor die huwelik en verhoudings.

Hulle waarsku heel eerste teen die gevare van sosiale media. “Moenie geflous word oor forums soos Instagram waar alles altyd perfek lyk nie,” vertel Bouwer. Nie net is dit glad nie die geval dat alle verhoudings altyd maanskyn en rose is nie, maar dis sommer “floutertjies” en idealistiese idees waarmee mense hulself besig hou, sê dié akteur en sanger.

“Ons verhouding is glad nie perfek nie – nie eers naby nie. Ons baklei baie, maar leer ook baie by mekaar,” sê Bouwer.

Die twee gee ook wenke vir dié wat op trou staan en waarsku dat die proses nie altyd sonder terugslae is nie. “Die eerste ding wat mense dink is dat wanneer jy verloof raak en jy is besig om ʼn troue reël, dat alles glad gaan verloop. Van ons grootste gevegte het plaasgevind terwyl ons ons troue gereël het.”

Leandie beaam dit. “Jy mag dalk net opbreek voor jy by die troue uitkom,” skerts sy.

Hulle sê pare moenie verwag om heeltyd oor die weg te kom nie, maar dat baklei ook normaal is. “Die realiteit is dat jou hele lewe en jou verhouding kompleks is, want dis twee mense se persoonlikhede en emosies wat heeltyd koppe stamp. Tydens die reël van die troue is daar dan ook voorkeure wat verskil. As jy ʼn bietjie baklei tydens jou troureëlproses, dis heeltemal oukei.”

Hulle het ʼn paar skreeusnaakse wenke vir jou troue:

  • “Kies eers iemand om mee te trou. Onthaalplekke laat jou nie toe om ʼn deposito te betaal as daar nie ʼn bruid of ʼn bruidegom is nie.”
  • “Besluit volgende hoeveel mense jy wil nooi. Gaan jy al jou Facebook-vriende nooi, of gaan jy net soos sewe klein troues hê? Of gaan jy net niemand by jou troue hê nie?”
  • “Waar wil jy trou? Die onthaalplek is alles. As jy in KFC se parkeerarea wil trou, moet jy vir die mense servette gee.”
  • “Wat gaan jy vir jou gaste gee om te eet? As jou begroting ʼn bietjie klein is, hou ʼn bring en braai. Mr. Delivery doen natuurlik ook deesdae troues,” skerts Bouwer.
  • “Die belangrikste deel van ʼn troue reël is dat dit moet gaan oor jou. Solank jy en jou man of jou vrou gelukkig is.”

https://youtu.be/RtvjopzxSgw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charmaine ·

Shame, en hulle is nou maar eers n paar maande getroud. Indien julle solank bymekaar gaan wees( wat betwyfel is in die beroepe wat hulle is) print die mail hou dit en as julle oor 10 of 15jaar nog saam is en kinders het, het julle huwelik die stampe en stoote oorleef het julle goed gedoen. Al is jy met die wonderlikste persoon verloof of getroud dit vat harde werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.