Video: Burre wil mense weer laat glo

“Laat die droogte kom”(Foto: Skermgreep uit die video)

“Eendag vee ons al die trane weg, want jy’s nie alleen in die geveg. So laat die droogte kom, ons staan reg.”

Só sing Burre Burger, Pierre Rossouw, Burger le Roux en Uli van Wyk in hul jongste liedjie genaamd “Laat die droogte kom” wat Dinsdag bekendgestel is.

Burger vertel dat die skryf, opneem van die liedjie en die maak van die musiekvideo alles binne ʼn week gebeur het.

“Ek het vir Pierre gesê ek wil bitter graag ʼn liedjie opneem as ek ooit kan. Johan Fourie het toe ingestem om die liedjie te skryf. Ons het die liedjie op dieselfde dag opgeneem as wat hy dit geskryf het. Minder as ʼn week later het ons die musiekvideo by die Theewaterskloofdam opgeneem,” het hy gesê.

“Ek het nog altyd ʼn droom gehad om ʼn liedjie op te neem, en as ek ʼn droom het wil ek hom najaag so goed as ek kan,” het Burger aan Maroela Media gesê.

“Almal dink mos hulle kan sing, en ek sê altyd mans is eintlik net stortsangers. Maar ek is nog altyd lief vir sing, dit vir my is dit ʼn kleintyddroom wat nou waar word,” het hy gesê.

Burger het gesê hy hoop dat die video ʼn positiewe impak op mense sal hê.

“Die groot ding wat ons probeer regkry is om mense te kry om weer in mekaar te glo. Ons sing ook ‘die droogte kan maar kom’ want as ons in die liewe Vader glo en in mekaar glo, dan kan ons die droogte oorwin.”

“Die liedjie wil vir mense sê dat hulle nie hulself hoef te bekommer nie, alles sal orraait wees. Bly net glo,” het hy gesê.

Kyk na die musiekvideo vir “Laat die droogte kom” hier:

Ons eerste een saam: Laat die droogte kom…

Ek glo nie aan opgee nie, ek weet ons sal altyd saam staan en ons mede mens help… Hierdie video is geksiet in die Theewaterskloofdam, dit was een van my drome wat waar geword het. Mens moet so leef dat jou drome jou eintlik bang maak, ek hoop nie my droom maak nou miljoene daar buite bang nie, laat weet wat julle dink van die video…Dis ek, Uli van Wyk, Die Pierre Rossouw Show en Burger le Roux saam in een video… Share dit en maak dit viral, miskien saai kykNET dit binnekort uit, miskien sien Karen Meiring of Hannes van Wyk of een dit raak… Miskien wys Pieter Koen dit of self Liebie Opperman… Net miskien speel Martelize Brink of Johan Rademan dit op Monitor en Spektrum op RSG net miskien speel Susan Botha van Groot FM 90.5 dit… Net misken wys Arnold Coleske of Barry Pretorius dit by Afrikaans is Groot… Miskien skryf Maroela Media iets oor dit of self Huisgenoot…Miskien maak die een song dat almal saam ons wil staan en boere help…Help my projek met selfs net R20…Ons help regtig boereDROOGTEHULP MET BURRE BURGER NPC FNB CHEQUE ACCOUNT: 62721858522 REF: hoopBRANCH CODE: 200406 (vredendal)Paypal: burre@droogtehulp.co.za

Posted by Burre Burger on Tuesday, November 27, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Regtig ·

Regtig??!! Laat die droogte maar kom.
Lewe en dood is in die mag van die tong…
Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here , waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.
NÚMERI 14:28 AFR53

JA REGTIG ·

Ja regtig… dan is dit mos fantasties. Die lirieke is geskryf dat as ons saam staan en geloof het in God, kan die droogte maar kom. Miskien moet jy net eintlik na die liedjie luister…

Abe Visser ·

Vir Regtig….
Gaan kyk die video en luister mooi hoeveel hoop en geloof daar gespreek word!! En gaan kyk op facebook hoe die Here deur Burre werk…. Veel meer lewe as dood!!!!

jennefer ·

Dis waar, die meeste stedelinge het geen idee hoe erg die droogte ons boere raak nie. Die meeste boere boer saam met God, ons kan nie reen maak onsself nie. Boere moet net nie n geestelike droogte beleef nie, daar is soveel dinge soos misdaad, grondhervorming, plaasaanvalle wat boere se lewe nog verder moeilik maak.

SNEL ·

Nee Andre, beslis n gevoel snaar wat pieng vir ongelowiges, mense wat nie op God vertrou nie, maar beslis word geloof weer versterk vir gelowiges. n Besef God is in beheer, op die Troon, hou net vas moet nie na die stroms om ons kyk nie, maar na die God wat daai storms kan laat bedaar. Swaar dinge gebeur, maar God bly in beheer!! Dis soos Jennifer gesê het, boere (ek glo al ons gelowiges) moet net nie n geestelike droogte beleef nie.

Johan Olivier ·

Speler dood vdrklaar.
Rk is on 2016 food verklaar asook veras. Op 30 November 2016
Ek staan testament tee moet LegalAid kry
11 de oorleef wrede mesaanval net om 12 de hoor eiendom registreer.
Al die dokumentasie skree misdaad.
Waar en wat geword v geregtigheid. Waar gaan ek jeen met die saak.
Ek het ernstig seergekry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.