Video: Bye red boere van olifantskade

olifantbul nbcnews

Argieffoto. (Foto: NBCNews)

In ʼn land soos Kenia – waar olifante vryelik rondloop – kan hulle ʼn hele seisoen se oes vernietig. Pleks van duur en sterk draadheinings word daar nou met Disneyland as tussenganger ʼn doeltreffende en niegewelddadige manier ingespan om die probleem op te los.

Inwoners het aan die navorsers vertel dat olifante bang is vir bye. Die teorie is met luidsprekers met byegeluide in die veld getoets, en dit werk.

Nou word regte byekorwe en fopkorwe op afstande borshoogte van mekaar geplaas en met ʼn dun draad verbind. Sodra die olifante aan die draad raak, werk dit as ʼn alarm en word regte bye en byegeluide vrygestel, wat die olifante op die vlug laat slaan.

Dit is nog ʼn goeie bewys van hoe mense sáám met pleks van téén die natuur kan werk. Die landerye word nou met rus gelaat en die neweproduk is heuning, wat ten duurste aan ʼn gretige mark verkoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oosie ·

Mooi voorbeeld van hoe mense oor kleurgrense heen kan saamwerk om ‘n briljante plan tot uitvoering te bring.

JD ·

Dis wonderlik! Kan hierdie slim mense nie ook help met ons renosters nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.