Video: Centurion-gemeenskapsmark ’n reuse-sukses


(Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media)

ʼn Gemeenskapsmark wat begin is om plaaslike entrepreneurs van die Centurion-omgewing te ondersteun, was weereens ʼn sukses.

Driné de Bruyn, die organiseerder, het die eerste Centurion-gemeenskapsmark in Maartmaand in haar eie tuin met 60 stalletjies aangebied. Sy het dit gedoen nadat sy bewus geword het van hoe swaar die Covid-19-inperking mense se vermoë om ʼn inkomste te genereer getref het.

Meer as 1 000 mense het die eerste mark bygewoon en De Bruyn het gou besef die tweede mark sal ʼn nuwe perseel benodig om verder uit te brei.

Die tweede mark is Vrydag by die Doxa Deo-gemeente in Raslouw aangebied en dié keer het dit met 180 stalletjies gespog, wat alles gesmous het van houtspeelgoed, badbomme, tuinplante en talle ander tuisgemaakte produkte.

Die volgende Centurion-gemeenskapsmark word vir 25 Junie beplan.

Kyk Forumnuus se video van die geleentheid hier:

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Goeie nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.