[Video] Dans, pappa, dans!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn groep mense wat by ʼn vulstasie dans, versprei soos ʼn veldbrand op Facebook.

Die video, wat deur Sheshe LeShez Mlotea van Kaapstad op sy Facebook-blad gedeel is, wys hoe twee mans op die maat van Sipho “Hotstix” Mabuse se “Burn Out” dans. Later in die video sluit die werknemers van die vulstasie ook by hulle aan en dan begin hulle sommer saam te skoffel.

“Dit is pragtig! Video’s soos dié moet gedeel word, nie rassistiese gemors nie,” sê Mlotea by die video wat hy geplaas het. Dis nie duidelik waar die video geneem is nie, maar dis beslis by ʼn vulstasie in Suid-Afrika. Een van die mans haal ook ʼn kitaar uit sy motor en begin kamma saamspeel.

Die video is reeds meer as 270 000 keer gekyk, het meer as 3 000 “likes” gekry en is minstens 9 000 keer gedeel.

“Ons moenie meer aandag aan mense gee wat net haat vir ander het nie,” lui een kommentaar.

“Ek hoop ek kan só dans wanneer ek oud is!” het nog ʼn persoon geskerts.

As jy nie die video hier op Maroela kan sien nie, loer gerus na die oorspronklike Facebook-plasing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ruby ·

Maroela, het julle dalk ‘n “link” vir ons?

Baie dankie.

Cornelia ·

Te pragtig. Kom ons geniet ons mooi land en sy mooi mense. Om gelukkig te kan wees is so lekker. Waarom moet ons mekaar haat net oor ons nie almal dieselfe kleur is nie?

Magda ·

Wow! kan almal in ons land maar nie so wees nie sonder enige verskuilde agendas en bakleiery nie.

connie ·

Dit is nou regtig lekker om bietjie na plesier te kyk en te lag en nie heeldag na n bakleiery nie wow

Denise ·

Baie nice als in goeie smaak en teminste het die mense wat daar werk bietjie humor vir die dag geniet!!!!!

vierkleur ·

Is hierdie suid-afrikaners of kuier hulle net hier van die buiteland af?

brenda ·

ai dis nou lekkerrrr!!! so maak ons n verskil om bietjie pret te hê dis nou werklik aangenaam.

Elly ·

Dis nou wat ek noem stamp daai boude lam……….pragtig dis wat mens nodig het in SA. Mense wat mekaar as mense sien ongeag die kleurvel.

Tascha ·

Dis nou wat ek noem Feel Good Friday materiaal…. Dankie Maroela dit het sommer my dag gemaak!!!

Susan Naude ·

Mooi so manne!! I laaik I laaik!! Spontane vriendelike dig wat julle gedoen het ..Doe zo voort….

jean jardine ·

Wow ons kan nog saam staan as een nasie.Hou so aan mense baie dankie vir die video

Wenner ·

Mensig! Dit was nou lekker om te kyk! Lekker om te sien hoe die vulstasie se personeel ook deelneem! DIS mos nou die gees! Vat hom Pappie, vat hom hehehh

Christa ·

Awesome!!!! Dit lyk soos die vulstasie in Riversdal by die Wimpie.

Santie Smith ·

Ons het die 1 man op video Saterdag 9 Julie by vulstasie gekry naby Mosselbaai waar hy baie mooi gesing het vir die kasier. Hy is regtig baie spontaan.

Dirk. ·

Vir die wat nog nie weet nie….dit is nou die Petrol vastrap.

Gert ·

ek ken mid night oil diesel and dust maar die een is day light diesel en daans .

gerhard ·

Baie mooi komentaar van almal. Maar wie reik uit vir sulke omstandighede. Almal loop net met oogklappe wat n wit en swart flap het. Almal se bloed is rooi en die engine week presies dieselfde. Die enigste wat die land sal bring is n groot nasionale ramp wat almal op hulle kniee sal bring en dan sal Jy nie omgee wie se hand Jy vat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.