Video: Dapper studente red hond uit kanaal

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn paar dapper studente in Manchester, Engeland, wat ʼn hond uit ʼn modderige kanaal red, is baie gewild op sosiale media.

Die hond was ʼn hele ruk lank in die kanaal en het gesukkel om aan die kante van die kanaal te bly vasklou. Sy krag het al hoe minder geword.

Batu Akyol het met sy hond gaan stap toe die dier in die Ancoatskanaal beland het, berig Metro News.

Twee 20-jarige mans, Jack Spencer Furmston en Ben Camphor, het reageer op sy oproep om hulp om die hond te red.

Volgens die berig het Ben, die langste van die groep mans, onderstebo gehang terwyl sy maats hom aan sy bene vasgehou het. Hy het die hond uit die kanaal gered.

Kykers loof die jong mans se dapper pogings en die video is baie gewild. Dit is reeds meer as 2, 7 miljoen keer gekyk.

“Ek het eers gedink dit is ʼn paar knape wat nonsens aanjaag, totdat ek verder gekyk het,” skryf een persoon. “Ek kan die jong mans net loof. Wat ʼn wonderlike ding om te doen. Dit wys jou – mens moet iemand nie aan sy baadjie takseer nie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sê maar net ·

Ag mammie kyk hoe waai sy stertjie! :)
Welgedaan aan die jongmans! Xxx Heartwarming om te weet daar is nog baie mense wat omgee vir diere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.