[Video] Die ‘ander’ Kersgeskenk

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Kinders uit behoeftige gesinne moet ʼn moeilik vraag beantwoord: sal hulle hul eie Kersgeskenke opgee wat hulle graag wou gehad het om eerder iets vir ʼn familielid te kan gee?

Altesaam 83% van die Metro Atlanta seuns- en dogtersklub kom uit lae-inkomste-gesinne wat nie eers ʼn Kersboom kan bekostig nie.

Die kinders se reaksies en die verduideliking vir hul keuse is hartroerend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Patricia ·

Dis so hartseer al die kinderjies het vir mammas en pappas en ander gekies. Nie een het aan hulself gedink nie. Al hoewel hulle self n ou geskenkie wou he. Hoe hart verskeurend. As grootmense net nie so selfsugtig kon wees en soos daai kinderjies kon wees. Mag ONSE VADER daai kleintjies seen met al sy seenninge. Want hulle is regtig kinders van GOD.

Hanlie ·

Hoe bly is my hart dat al die kinders hulle familie gekies het. Met sulke kinders het ek hoop vir ons land se toekoms en ek weet hulle is kinders van God.
Hulle ouers is besig om hulle kinders reg groot te maak.

Johann Marx ·

Dis alles goed en wel, en elke mens het sy opinie oor die “reaksie” van die kinders….MAAR…..hierdie kinders sou nie hierdie keuse hoef te gemaak het, as hulle ouers ingelig en opgevoed was oor die “koste” van kinders hê nie. Ons is altyd besig om mense “op te hef” en “in te lig” en “op te voed”…oor allerhande aspekte van menswees en verhoudings en finansies en beplanning en toekoms ens, ens,…….daar is selfs programme oor geboortebeperking, swangerskap voorkoming, of selfs aborsie…….maar nooit sal jy hoor dat jong mense gevat word, en ingelig word oor die “koste” verbonde aan kind grootmaak nie. As jy ‘n minimum salaris verdien……….hoe gaan jy drie kinders versorg wat jou elkeen ongeveer R1,5 miljoen gaan kos oor 18 jaar? Dit kan mos nie…………..Dus plaas jy jouself in ‘n onmoontlike finansiële situasie, en as jy nie naderhand weet watter kant toe nie, dan raak jy aan die suip, en verwoes daai kinders en jou gesin. Ons moet mense begin “ophef” om nie kinders te hê wat hulle NIE KAN BEKOSTIG NIE, tot voordeel van hulleself, die gemeenskap, die bevolking, die land…en uiteindelik die planeet.

jakkie ·

Dankie vd tere oomblikke v opregte familie liefde. .dit kom gewoonlik in huise voor waar mense dit nie breed het nie.hulle styg gewoonlik yit bo hul omstandighede en dra menswees ewig in hul harte saam. Dis die bedorwe brokkies wat alles kry oo n skinkbord en so gied voor voorsien is dat hul vergeet v menswaardigheid.
Johann Marx ek hoor wat jy se en stem saam veral in sekere kulture is dit n verlore stryd om sulke opvoeding te wil gee.
Ek probeer net se..as jy grootword met Liefde en respek al is jy hoe arm kan geen geld ter wereld dit koop wat in hierdie video gebeur het nie…te veel geld en gemaklike leefstyl is geneig om sekere mense gemaksugtig en selfsugtig te maak.
Trots op sulke kinders enige plek ini wereld.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.