Video: Dié bababeertjie is ʼn inspirasie vir almal

Skermgreep uit die video

Die deursettingsvermoë van ʼn bababeertjie wat teen ʼn sneeuhelling probeer uitklim, dien as ʼn inspirasie vir talle en die video is reeds meer as 20 miljoen keer op sosiale media gekyk.

Die video, wat in Magadan, Rusland verfilm is, is oorspronklik deur Ziya Tong, ʼn lid van die Royal Canadian Geographical Society, op Twitter gedeel.

In die video klim die beertjie se ma vinnig die skuinste, maar die bababeertjie bly teen die sneeu gly. Hy gee egter nie moed op nie – selfs nie wanneer hy amper al die pad ondertoe val nie. Sy ma wag geduldig vir hom om uiteindelik op die rif by haar aan te sluit voor hulle wegdraf.

“Kyk op en moenie moed opgee nie,” het Ziya by die video geskryf.

Klik hier as die video nie in jou webblaaier speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kandas ·

Dis aller lieflik! En Mamma bly wag… Wat ‘n inspirasie!

giel ·

Mammas moet maar die kids los dat hulle val en self opstaan….

Rustig ·

As die pampoen kop nie in die helfde van die video nader gevlieg het met sy drone nie dan sou die baba beer nie tot heel onder gegly het nie. Wetie wat hy probeer doen het daar nie, sommer vir hom n klap gee.

Kobus ·

Ja sy het die drone prober weg klap, toe val die babatjie nog verder. Gelukkig het die dom mens geleer om dit nie weer te doen nie.

Buksie ·

Presies. Ek het amper gedink dis net ek wat dit raakgesien het.

Blommie ·

Wys net hoekom die natuur s balangrik is, ons kan soveel leer uit die natuur.

Frans C ·

‘Ma wag ek kom -moenie wegloop nie’.Dit is nou wat ‘n mens ‘n probeertjie noem.

T ·

Maak my so kwaad sug … arme diere mense meng orals in !!!!!!!!!

Johan ·

Inspirasie? Meer dieremishandeling. Arme beer en baba probeer hul bes om weg te kom van daardie hommeltuig.

T ·

Ek stem saam met jou, glad nie oulik nie sommer die hel in ek is net dankbaar hy het nie tot onder homself dood geval nie

Oop oge ·

Aaaag foeitog Johantjie en Rustig en andere negatiewe siele…
As dit nie vir daai “pampoen” was nie sou julle en miljoene ander mense nie die geleentheid gehad het om God se demonstrasie van deursettingsvermoeë en liefde, ten spyte van omstandighede, te waardeer nie.

Alias ·

Hommeltuig onderbreek die natuur! My arme beertjie werk hard vir oorlewing!

Anoniem ·

Ons kan maar leer by die diere in die Natuur ! Mamma Liefde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.