Video: Dié troue-toespraak laat almal skaterlag

Jana pluk ‘n kitaar uit tydens haar toespraak (Foto: Skermgreep uit die video)

Jana Jooste (27) van Centurion in Gauteng het besluit om haar toespraak by haar beste vriend se troue ekstra spesiaal te maak deur eerder ’n kletsrymliedjie te skryf en dít by die troue op te voer.

Jooste was deel van die trougevolg en moes ’n toespraak lewer aan die bruid en bruidegom.

“Ek hou nie daarvan om normale goed te doen nie. Ek wou iets anders doen, iets spesiaal. My beste vriend trou net eenkeer! Ek het ’n soortgelyke ding vir my sussie te troue ’n paar jaar gelede gedoen.” het Jooste aan Maroela Media gesê.

Jooste sê sy het eers net ‘n gewone toespraak voorberei, maar is toe deur vriende en familie aangemoedig om die liedjie te skryf.

“Die bruidegom se ma het heeltyd gesê sy kan nie wag om my toespraak te hoor nie. So ek wou nie hê mense moet ’n verwagting van ’n liedjie hê en dan stel ek hulle teleur nie. Ek het so twee of drie weke voor die troue besluit om toe maar wel ’n liedjie te skryf, want my gewone toespraak het was net nie opwindend genoeg nie. Ek het vir my ma gevra wat sy daarvan dink, en sy het my aangemoedig om dit deur te voer,” het sy gesê.

Jooste het toe elke dag voor haar man, voor haar baba en in haar motor die kletsrymliedjie geoefen, totdat sy gemaklik gevoel het daarmee.

“My arme man ken ál die woorde en my vyf maande-oue baba moes maar in sy loopraam luister hoe mamma ‘rap’. Ek het elke dag op pad werk toe en terug die liedjie geleer,” het Jooste gesê.

Jooste sê sy was baie op haar senuwees, maar meen dat dit aan die einde die moeite werd was.

Jana pluk ‘n kitaar uit tydens haar toespraak (Foto: Skermgreep uit die video)

“Ek was vrek gestres! Ek is nie regtig ’n skaam mens nie, maar ‘n mens weet nooit hoe die gehoor dit gaan ontvang nie. Maar toe ek die eerste drie woorde klaar gesing het, was dit asof daar ‘n berg van my skouers af is en toe kon ek weer asemhaal.”

“Daar is baie ‘inside-jokes’ in die liedjie, so ek het nie geweet of mense die grappies gaan vang nie. Maar aan die einde het almal dit baie geniet. Die bruidspaar het my ook op hul wittebrood gebel en gesê dit was die beste trou-toespraak ooit! Hulle kon nie uitgepraat raak daaroor nie,” het sy gesê.

Motion Craft Films, wat die verfilming van die troue gedoen het, het die video van Jooste op Facebook gedeel, en dit het al byna 20 000 besoeke gekry. Daar is ook baie mense wat kommentaar lewer wat vra dat hul vriende dieselfde op hul troues doen.

“Ek het glad nie verwag dat die video so baie besoeke sal kry nie. Dit is ’n groot verrassing. My ma hou my op hoogte van hoeveel kyke die video al het, sy is my grootste aanhanger! Ek is baie bly mense geniet dit so,” het sy gesê.

Bersoek gerus Motion Craft Films se Facebook-blad hier.

Friend surprises wedding couple with song.

I just had to share this priceless moment from a recent wedding we filmed.Having filmed Jana Jooste & Conrad Jooste 's wedding a couple of years ago, we have come to know Jana to be a creative "singer songwriter" and expected her to have something special planned for the wedding of her friends Rynhardt Schoeman & Bridget Baron.Venue : Lace on Timber Photographer : Tyme PhotographyDJ : SoundworxStationery : Chrystalace Stationery

Posted by Motion Craft Films on Tuesday, April 3, 2018

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Brian Jones ·

Dit is nou lekker. Iets oorspronklik by n troue! So lekker as mense die moeite maak om iets anders te doen!

Ingrid ·

So special ding om vir jou vriende te doen! Watter great girl!!

henk ·

wow dit was nou iets specials. Wel gedaan .. maak ‘n album asb!!!

Minette ·

Jana is besonders, dis nie die eerstekeer wat sy so iets aanpak nie! Lag altyd as sy by is!

BM ·

His was dit nou vir jo oorspronklink ffffffffffffff…….nnnnnnnn awesome gedoen

Leana ·

Baie oorspronklik en iets besonders vir die jong egpaar om te onthou in die jare wat volg. Wat n fantastiese vriendin om te hê. ?

Desire ·

Puik gedoen. ‘n Vriendin duisend. Waar was sy op my troue? You go girl!

Izanda Ferreira ·

Ongelooflik! Iets wat hierdie bruidspaar vir altyd sal onthou, so spesiaal!

Sommer net lekker ·

Dit was nou sommer net lekker en dit bevat alles wat gesê moet word in ‘n lekker humor. Regtig ‘n puik idee en ek hoop nuwe trent setter.

Anton ·

Sy is pragtig! Die ou wat haar trou gaan n gesin vol lag en genot he. Regte Afrikaanse meisie! En die begin van n groot loopbaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.