[Video] Dowe baba hoor uiteindelik ma se stem

Foto: Skermskoot uit die video.

Foto: Skermskoot uit die video.

ʼn Tien maande oue baba van die VSA, Matthew Swetnam, kon vir die eerste keer in sy lewe sy ma se stem hoor nadat hy ʼn gehoortoestel ontvang het.

Matthew is gebore met ʼn virus soortgelyk aan die Zika-virus en het by geboorte baie terugslae beleef. Dié klein lyfie was agt weke te vroeg gebore en het skaars ʼn kilogram geweeg toe sy ma hom vir die eerste keer vasgehou het.

Toe Matthew verlede jaar in Augustus sy gehoortoestel by die Universiteit van Colorado ontvang, was dit ʼn baie spesiale oomblik vir sy ouers.

In die video lê Matthew op sy ma, Erin, se skoot, terwyl die toestel in sy oor geplaas word. Matthew is huilerig tydens dié proses, maar wanneer hy vir die eerste keer stemme hoor, is sy reaksie te dierbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dellaq ·

ahhhhhh…….kostelik….. laat mens net opreg dankbaar wees vir die klein, vat-dit-vir-“granted” dingetjies in ons lewens.

Mariana ·

Dit is te dierbaar vir woorde. Die ou moooiste babatjie, saam met sy familie bly hy kan nou hoor.

Marike Hamman ·

Pik ek ook n traan. Dankbaar vir God se slim mense!

Jane ·

Oh my wereld dit is te pragtig. Ek kan nogals dink dit moet aanvanklik van pure verbasing wees dat die ou dingetjie se ogies so groot raak .. stilte vir maande en dan skielik klanke .. Dis absoluut wonderlik om so ‘n kindjie se lewe te verander. Lekker Vrydag FEEL GOOD storie~!

Belinda ·

Siestog te dierbaar dis wonderlik dat hy nou kan hoor prys die Heer

Belinda ·

Siestog nou kan hy uiteindelik hoor n nuwe wereld het vir hom nou oopgegaan te dierbaar prys die Here

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.