[Video] Ek is sy hande, hy is my oë – die vriendskap wat ʼn woud gebou het

Skermgreep uit die video

Twee onafskeidbare vriende in China het ʼn ongewone band gevorm om hul gemeenskap te verbeter.

Jia Haixia het 16 jaar gelede sy sig verloor en sy beste vriend, Jia Wenqi, het as ʼn kind sy arms verloor. Saam met het die twee al meer as 10 000 bome aangeplant.

“Ons het al die bome vir die omgewing en toekomstige generasies aangeplant. Dit is ʼn belangrike missie vir ons om die bome aan te plant,” vertel die twee. “Dis finansieel soms moeilik, maar ons is geestelik verheug. Daar is al meer as 10 000 bome. Hulle is soos groen soldate. Hulle bewaar ons mooie dorpie. As ons saam werk, voel ons glad nie gebreklik nie.”

Great Big Story vertel die verhaal van dié twee mans – hoe Wenqi daagliks sy vriend oor die rivier dra en hoe die twee, met hul gestremdhede, ʼn inspirasie is vir elkeen wat dit hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ruby ·

Sjoe, wat ‘n pragtige storie en voorbeeld vir my dat ek eintlik skaam kry.

Dankie Maroela!

Maria ·

Dankie so n goeie voorbeeld names as SA gestremde ou einde moet saam staan

Boom ·

Wat ‘n inspirasie is die twee. In Sasolburg en Deneysville word bome opgevoeter of afgesaag op die sypaadjies en niemand (munisipaliteite) doen iets daaromtrent. Selfs die stompe en takke word nie verwyder maar net die stamme wat geskik is vir vuurmaakhout. Skynbaar is hierdie tendens ook besig om pos te vat in Vanderbijlpark. Bome word ook nie gesnoei of gras onderlangs skoongemaak vir verbranding deur vuur.
Daar is ‘n gesegde wat lees: “‘n Boom bied selfs skaduwee teen die son vir daardie wat hom afsaag”. Sekeres sien net vuurmaakhout in bome terwyl ander die maak van meubels ens. sien waar daar werklik van ‘n boom ontslae geraak moet word. Só ‘n boom moet egter vervang word deur ‘n nuwe boom.
Die video wil nie aflaai by my maar gaan kyk by “I am his hands he’s my eyes” op Youtube waar daar nog ‘n ander video ook is van die twee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.