[Video] Trane vloei toe bejaarde ná jare weer kan hoor

Foto: 'n Skermskoot uit die video.

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

“Nou kan ek vanaand 7de Laan luister,” sê Magdalena Ludick (73) nadat sy ʼn gehoorapparaat ontvang het en weer vir die eerste keer in jare kan hoor.

Solidariteit Helpende Hand het in samewerking met Impact Hearing talle bejaardes weer die gawe van gehoor gegee. Hierdie projek is tans in sy tweede jaar en vanjaar het Impact Hearing 150 gehoorapparate geskenk wat 75 bejaardes in staat stel om weer te kan hoor. Die groep, wat vroeër vandeesmaand getoets is, het op 30 Junie by Impact Hearing se kantoor in Pretoria hul apparate ontvang.

“Dis so ʼn voorreg om betrokke te wees by hierdie projek, want dit verander mense se lewe op ʼn tasbare manier,” sê René du Preez, projekorganiseerder van Helpende Hand.

Yentel Vorster, wat die passing gedoen het, het aan elke bejaarde stap vir stap verduidelik hoe om die apparaat te gebruik en in stand te hou, en met soveel deernis dié emosionele oomblik hanteer. “Toemaar, dis mos trane van blydskap, ek is net bly dat ons kon help.” Só het Vorster getroos wanneer die oomblik vir sommige ontvangers net te groot was.

Dis ongelooflik om te sien hoe mense reageer wanneer hulle weer kan hoor. Die stilte en afwagting terwyl die passing gedoen word, is amper ondraaglik, en dan, wanneer die persoon weer kan hoor, is daar absolute ekstase. Geen woorde sal ooit dié oomblik kan opsom nie.

Kyk na die video om te sien hoe Magdalena Ludick gereageer het toe sy weer die eerste keer in jare kon hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Estelle ·

Kan nie genoeg dankie sê namens my ma nie – sy gaan haar apparate 11Jul afhaal en kan nie wag nie! Ons huil sommer elke keer uit dankbaarheid wanneer ons dié wonderlike gebaar van Solidariteit bespreek met ons familie en vriende. Helpende Hand – ‘n GROOT dankie! Soos ‘n vorige leser sê: Julle is PUIK!

Pieter ·

Dit is WONDERLIK wat SHH doen! Ek is so opgewonde dat van ons ouer mense kan HOOR! Om te sien ons geld word so aangewend, maak dat ek meer wil gee! Dankie MM! Julle almal is TOPS!

Sarie ·

Tans 46 en ondervind gehoor probleme a.g.v. hoë dosisse antibiotika – keisersnee waar ek raak gesny is – interne bloeding – in ICU opgeneem – 13 jaar later – gehoorverlies vir MAMMA

M A ·

Biae dankie aan die Samaritane! Gehoortoestelle is peperduur en mediese fondse betaal baie min daarvan. Dowe mense is waarlik benadeel.

M A ·

Urgh! Baie, nie biae (spellcheck dink party dae hy is flippin slim).

Maans Vanderschyff ·

Dit is wonderlik dat agriforum ook hier betrokke is.Hier in die vaaldriehoek maak hulle tot die paaie reg.Ek is 73 en het n gedeelte van my gehoor verloor.Kan ek dalk inligting kry om die probleem aan te pak dit is frustrerend om elke keer te vra wat daar gese word.Kan julle dalk help asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.