[Video] Elvis Blue se skattige oomblik saam met dogters

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Prettige video wat Woensdag op sosiale media gedeel is, bewys Elvis Blue is nie net ʼn ster op die verhoog nie, maar ook in sy eie sitkamer.

Die kosbare video wat Chireze, Elvis se vrou, gedeel het, wys hoe hy en die egpaar se twee dogtertjies, Lila (6) en Jua (amper 3), litte losmaak op Taylor Swift se Shake it Off.

Chireze het by die video geskryf dit is wat gebeur wanneer ʼn man sy vrou toegang gee tot sy Facebook-blad. “Sy gebruik haar toegang om jou dag en jou blad op te vrolik. Hierna sal ek waarskynlik nie meer toegang hê nie en sal ek nooit weer hier kan publiseer nie. So geniet hierdie en deel dit,” het sy geskryf.

Die video is binne vier ure meer as 150 keer gedeel en het in die tyd meer as 160 kommentare gelok.

Elvis Blue (wie se regte naam Jan Hoogendyk is) het verlede maand sy sterstatus gestand gedoen deur met agt Ghoema-toekennings weg te stap.

This is what happens when you give your wife admin access. She USES HER ACCESS. Something to brighten up your day and this page. After this I probably won't have admin access anymore, and will never be able to post here. ????So enjoy and share. with Love from CHIREZE (Elvis's wife)????

Posted by Elvis Blue on Wednesday, May 25, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Antoinette ·

Baie kosbare herinneringe geskep. Geniet die kinders terwyl hulle nog so klein is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.