[Video] Filantroop steek $100-note dwarsoor stad weg

Een van die $100 Benny-note wat in Salem, Oregon gevind is (Foto: The Statesman Journal)

Een van die $100 Benny-note wat in Salem, Oregon gevind is (Foto: The Statesman Journal)

ʼn Anonieme filantroop het die afgelope drie jaar al meer as $50 000 dwarsoor Salem in Oregon, Amerika, weggesteek.

Die man vou $100-note netjies op en steek dit weg in winkels en by feeste, het die Statesman Journal berig.

Alhoewel sy naam nie bekend is nie, het mense hom “Benny” begin noem, na aanleiding van Benjamin Franklin se gesig op die noot. Hy het onlangs ook begin om die naam “Benny” op die note te skryf.

Die note is al in 26 verskillende winkels en by agt geleenthede gevind.

Die Statesman Journal probeer tred hou van persone wat só Benny-noot vind, en dit wil voorkom of mense, wat dit die meeste nodig het, gewoonlik op die note afkom. ʼn Hawelose paartjie kon, danksy hul Benny-noot, ʼn paar aande in ʼn motel deurbring. Ander het al hul elektrisiteitsrekeninge kon betaal of medisyne daarmee gekoop.

Meer as helfte van die persone wat op die noot afkom, gebruik dit boonop om iets vir iemand anders te doen. Meg Hebing, ʼn verkoper by Salem se Saterdagmark, het 10 Benny-note gevind en elkeen vir ʼn niewinsgewende organisasie gegee, berig die Stateman Journal.

Kinders het al die note gebruik om speelgoed vir minderbevoorregtes te koop.

Die man het na verwagting reeds minstens $50 000 op dié manier weggegee – en dit is slegs die note wat mense aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Great ·

Hy saai goeie positiewe saad wat ontkiem in nog goedheid, ek het vanaand n Irene & Leandi konsert bygewoon, daai meisietjies doen dieselfde op hul manier, die krits van Leandi se praatjie is moenie na ander kyk, dit begin by jouself en dit sal goeie oeste opbring Leandi!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.