Video: Gemeenskap maak sterwende man se wens waar

Harry Towle. Foto: Skermskoot uit die video

Die gemeenskap van Exeter in Ontario, Kanada, het dié week saamgestaan om ʼn sterwende inwoner se wens waar te maak.

CTV News berig die 78-jarige Harry Towle het terminale longkanker en dit was sy wens om saam met sy vriendin ʼn ete te hê, Kersliggies te bewonder en Kersliedere te hoor. Dit sal waarskynlik Towle se laaste Kersfees wees.

In minder as 24 uur het meer as 300 lede van die Exeter-gemeenskap in dié stad se MacNaughton-park bymekaar gekom om vir Towle en sy familie Kersliedere te sing.

Towle was verras oor die hoeveelheid mense wat opgedaag het. Hy het in die gemeenskap grootgeword maar woon deesdae in ʼn nabygeleë tehuis.

Margaret Sutherland, ʼn werker by die tehuis wat die geleentheid gereël het, het gesê sy is nie verbaas dat so baie mense opgedaag het nie aangesien hulle ʼn gemeenskap is wat omgee.

“Ek het nog nooit so iets in my lewe ervaar nie en ek wil almal bedank wat gekom het,” het ʼn emosionele Towle gesê. “Dit beteken so baie. Ek kan dit nie in eens in woorde beskryf nie.”

Bron: CTV News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.