[Video] Gr. 2-meisie vergader met skoolhoof oor klimrame

Inge Gerber (8) tydens haar vergadering met die skoolhoof (Foto: skermgreep uit die video)

Inge Gerber (8), ’n gr. 2-leerder aan die Laerskool Delmas in Mpumalanga, was ontevrede oor die klimrame by haar skool en het besluit om die hoof daaroor te spreek. Die vergadering is op video vasgelê.

Volgens Inge is daar vier klimrame vir die seuns, maar slegs een vir die meisies. Inge het gedink dit is onregverdig en toe ʼn afspraak met haar skoolhoof gemaak om dit te bespreek. ʼn Video van die vergadering is deur die skool op Facebook gedeel.

Inge se ma, Althea Gerber, sê die eerste wat sy van dié situasie gehoor het, was toe sy Maandag vir Inge by die skool gaan oplaai het.

“Ek het gesien sy lyk ʼn bietjie afgehaal en het haar gevra wat is fout. Sy het gesê daar is iets onregverdigs aan die gang by die skool omdat die seuns meer klimrame as die meisies het.

“Ek het toe eintlik in ʼn grap vir Inge gesê ‘jy praat met die verkeerde mens, jy moet só ʼn saak eintlik met die skoolhoof opneem’,” sê Althea.

Al het Althea dit voorgestel, het sy nie gedink daar gaan iets van kom nie. Maar Inge het ander planne gehad.

“Die volgende wat ek weer hoor, is dat die hoof bel en sê sy het met hom vergader en vra of hulle die video op Facebook kan deel. Ek was nogal verbaas, ek het nie gedink sy gaan regtig ʼn afspraak maak nie!”

In die video kan ʼn mens sien hoe Inge baie professioneel in die skoolhoof, Johan de Beer, se kantoor instap en vir hom sê: “Oom, ek en my maatjies voel dit is onregverdig dat die seuntjies vier klimrame het en die meisies net een.”

De Beer verduidelik dan dat daar meer seuns in die skool is as meisies. Hy stel wel voor dat hulle nog ʼn klimraam vir die meisies aanskaf om meer regverdig te wees. Hy gee ook vir Inge “huiswerk” om te gaan vasstel hoeveel hierdie klimrame gaan kos, en beloof om aandag aan die saak te skenk.

Althea sê sy het vir Inge ʼn bietjie gehelp met die navorsing vir klimrame, maar verder neem Inge self inisiatief.

“Ek los haar maar dat sy dit self hanteer. Ek het net vir haar gesê dat die geld dalk ʼn probleem kan wees, en sy het toe met baie plannetjies vorendag gekom vir geldinsameling. Sy dink onder meer aan kolwyntjieverkope en ʼn inkleurkompetisie,” sê Althea.

Hoewel Althea dit nie verwag het nie, verbaas Inge se gedrag haar nie. “Sy sal altyd haar stem laat hoor wanneer sy voel iets is onregverdig of sy word ingeloop. Dan gee sy nie om of dit onderwysers, maatjies of die skoolhoof is nie,” sê Althea.

Inge en haar skoolhoof het volgende week ʼn opvolgvergadering, waartydens sy haar planne vir hom gaan voorlê.

https://www.facebook.com/laerskooldelmas.delmasprimary/videos/966903543451125/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Mien ·

Merkwaardig. Hierdie kind gaan haar stempel afdruk en groot hoogtes bereik.

jessica ·

Sy is te pragtig, trots op haar as ‘n ou dogterjie wat man staan vir haarself.

Anita ·

Dit is enige ouer se trots om so iets te aanskou…n poppie wat weet hoe om op te staan vir iets wat reg is…job well done…j is absoluut gorgeous meisiekind u go girl!!!!!!

Elize Diedericks ·

Die trotse kampvegter vir klimrame het nie op dooie ore geval nie. Delmas Crane Hire en Alers klimrame gaan saamstaan om die toerusting te borg.

Linette ·

“Hats off for Delmas Crane Hire en Alers Klimrame” – dankie dat julle jul gemeenskap so ondersteun! Mooi gedoen Inge! Mev. Gerber, jy maak jou kind groot om eendag ‘n wêreldklas-burger of selfs ‘n wêreld leier te wees!

Dries Petzer ·

Estate Delivery Hoof Kantoor is so aangeraak deur hierdie klein dogtertjie dat ons graag van ons kant af R1000 sal skenk as bydrae vir hierdie klimraam. Ons het reeds die skool gekontak aangaande hierdie saak.

pamela Woest ·

Dit is te skattig! Jong, hierdie digter gaan groot dinge doen!!

Alta Potgieter ·

Wat n oulike dogter …. woorvaar n kind on op trots te wees …. Maroela Media …. ek sal hou van n opvolg berig ooir presies hoe alles toe n werklikheid geword het ….

CAROL ·

Ha ha ha – you go girl!!! Daarsy jy moenie laat enige een op jou kop sit nie. Jy jou se gese!! Knap gedaan!!
Nee rerig ek dink dit was baie oulik van haar.

Genieve ·

Trots op haar en selfs bly die skoolhoof het n oor gehad om te luister…syt goeie leiereienskappe en selfvetroue…sy weet wat sy in die lewe wil he.

Lizelda ·

Wow! Werklik n leier v formaat v Vroueregte. Knap gedaan Inge.

Barbara botha ·

Kan jul nie n rekening skep vir donasies vir haar nie asb

Linette ·

Aitsa. Kyk so ‘n bekkige Graad 2’tjie! Inge Gerber, jy gaan dit nog vér in die lewe maak, Kyk net die selfvertroue, die reguit kyk (reguit, maar nie disrespekvol nie), die lyftaal – hoe sy haar kop van die een kant na die ander kant toe draai (dit wys sy luister aandagtig). Ek sou net die “Oom”-gedeelte uitlaat. Dit moet sekerlik “Meneer” wees? Maar pragtig gedoen! En mooi gehanteer deur die skoolhoof. Dit leer Inge nie net alleen dat ‘n mens nie alles net hoef te aanvaar soos dit is nie, maar dat onderhandeling en jou eie deel bydra wonders kan verrig. Dit sal heerlik wees om te verneem of die ekstra klimraam vir die dogters wel gekoop is.

1+1 ·

Sy het sopas geskiedenis gemaak en ‘n nuwe spreekwoord onwerp nl. “staan jou vrou” mooi so !

Iets wat meer gebruik kan word sonder om dit met die “tong in die kies” te se.

Cherokee ·

Inge, jy is ‘n skattige blondie! Wys asseblief die hoof daarop dat julle meisies 2/3 soveel as die seuns is (en dat ‘okay’ nie Afrikaans is nie! – ag toemaar, ons het dit werklik al verafrikaans:-) Daardie nuwe klimraam behoort ‘n bordjie met jou naam op te hê. Gaan Groot!

Yolande ·

Delmas….. Dellies bo!!
Pop… ons dorp is trots op jou!
En jyt n yster mamma en pappa agter jou.

Meraai ·

Fantasties, maar raar. Mens kry nie meer vandag dat kinders opstaan vir hulleself nie. Ek moet egter hierdie ouers ‘n pluimpie gee….jy maai wat jy saai!!!!!!!!

Priscilla Viljoen ·

Dankie aan die hoof wat tyd gemaak het om na die pragtige kind te luister. Nooi jy gaan dit nog ver in die lewe kom. Mamma jy kan trots wees op jou pragtige dogter.

Melodie Veldhuizen ·

Te dierbaar. Wat my opval is dat sy geensins parmantig of astrant voorkom nie. Haar hele houding getuig van respek vir die ‘oom’ en die erns waarmee sy die hele situasie benader.

Louis C Prinsloo ·

Begin sommer vroeg onderhandel ahahaha.
Dis pragtig voorbeeld van ‘n gebore leier

Janet ·

Hoe verfrissend. Daar word nie gekla oor te min rekenaartyd, of streng onderwysers of te veel huiswerk nie. Die dogtertjies wil ook lekker speelplek he!

Renier ·

Soos almal hierbo, stem ek saam dat die dogter se selfvertroue fantasties is. Ek glo sy gaan nog eendag die hoofmeisie van die skool word. Ek voel egter dat die Hoof óók ‘n pluimpie verdien met die wyse waarop hy die kwessie hanteer het. Ek ken jou nie, Meneer, maar jy is iemand wat respek verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.