[Video] Haweloses kan in dié trok bad

Die trok van buite (Foto: Bored Panda)

Die vragmotor van buite (Foto: Bored Panda)

Jake Austin van St. Louis, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, gee nuwe betekenis aan die uitdrukking naasteliefde. Dié filantroop het onlangs ʼn tweedehandse vragmotor gekoop en in ʼn mobiele badkamer vir haweloses omskep.

Dié badkamer is toegerus met twee storte, twee wasbakke, skoonmaakmiddels en skoon handdoeke en word “Shower to the people” genoem.

Austin het die vragmotor op Craigslist, ʼn wêreldwye lys met geklassifiseerde advertensies, vir $5 000 (ongeveer R71 700) gekoop, nadat hy met die idee vorendag gekom het.

Water vir die badkamer word verskaf deur brandkrane en word verwarm met ʼn eksterne kragopwekker.

Austin sê dié gebaar het veel meer as met net higiëne te doen. “Goeie higiëne bevorder gesondheid en bied hoop, herstel en waardigheid aan diegene wat dit verloor het,” het hy verduidelik.

Besoek die “Shower to the people” Facebook-blad.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Smith ·

Sal dit nie wonderlik wees nie as almal iets doen om minder bevoorregte mense so te help as dit binne ons vermoë is, sodat hulle, hul mens waardig behou en nie soos bedelaars behandel word nie.

Pendoring ·

Ek het gedink ek sal ook goed doen en ‘n waterkraan aan die buitekant van my heining aan te bring met ‘n selfsluit kraan sodat enige persoon wat dors het kan kom drink. Dit het goed gegaan, ek het ‘n paar dankbare mense gehad wat kom dankie sê het. Binne die eerste week kom steel een van die “dankbare mense” die kraan af. Gelukkig het ek gou genoeg dit agtergekom en nie nog met ‘n enorme water rekening gesit nie. Wonderlike gedagtes maar dis dood gebore in NRSA.

neelsie ·

Pendoring,
Ongelukkig gebeur sulke dinge,al raad is om plastiese komponente te gebruik wat geen skrootwaarde het nie.
Ons mag nie ophou goed doen nie!

neelsie ·

Wat n voorbeeld van naasteliefde.
Vir die wat niks het nie ,kan n warm stort soos die hemel voel .
Om die bietjie waardigheid aan iemand te gee sal beloon word.
Dis “asblikdag” vandag hier by ons.
Mense wat rondkrap in asblikke vir n stukkie kos is hartseer.
n Ma met baba op die rug, blank en nie- blank , bring n traan in jou oog.

Denise ·

Baie gaaf van die man en die mense is ook dankbaar hier by ons sal dit nie werk nie jammer om te se hier word net gesteel vermoor en so kan ek aan gan!!!

Lida ·

Baie mooi maar ongelukkig in SA sal daardie stort nie eers die eerste dag bestaan nie dan is ALLES en ek bedoel ALLES gesteel !!! Jammer maar dit is hoe dit is in SA.

Marina ·

dit is nou regtig ‘n baie mooi gebaar maar ai in hierdie ou land van ons, soos jy se Lida, gaan niks hou nie so sad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.