[Video] Herken jy dié drywende mielieboer?

Foto: Skermskoot uit die video.

Foto: Skermskoot uit die video.

Met verlede jaar se droogte het baie mense bitter swaar gekry en daar is steeds dele van die land wat nog baie water nodig het. Nadat groot dele van die land egter baie reën ontvang het, is dit nou wonderlik om te sien hoeveel foto’s en video’s op sosiale media gedeel word van damme wat oorloop en nuwe plantegroei op groen plase.

ʼn Onlangse video wat op Facebook gedeel is, het mense omtrent aan die skater en gee weer hoop aan dié wat steeds bid vir reën.

In die video lê ʼn boer op ʼn opblaasring en dryf in die water in sy mielieland en gesels ewe met sy buurman oor die mielies.

“Ek het nie ʼn 4×4 nie, dus is dit al hoe ek hulle (die mielies) kan sien!” sê die boer terwyl hy verder in die mielieland afdryf. Die reënval was duidelik baie goed op dié plaas!

Maroela Media kon ongelukkig nie die boer opspoor nie en sal graag wil weet waar dié plaas is. Herken jy dalk die boer wat tussen sy mielies dryf? Stuur vir ons ʼn e-pos na [email protected] of lewer kommentaar op Facebook.

Danksy Maroela-lesers is die boer in ‘n japtrap opgespoor. Lees die opvolg-berig hier.

Mielie inspeksie ….

Posted by Hart van die Vrystaat on Tuesday, February 21, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Estelle ·

Ek is bly dat daar darem nog grappies gemaak kan word oor die mielieboer na al die negatiewe nuus die laaste tyd. Hy kan sy mielies lekker naby bekyk en sommer ook afkoel in die water.

Rina Pretorius ·

Weet nie dit is of wie die boer is nie maar dis ‘n blye man die en hy het ‘n baie goeie sin vir humor. Ek love dit 100

Ollie Taljaard ·

Is beslis n boer. Let n bietjie op na sy voete se boere tan!

jacomien du preez. ·

Goeiemiddag, die drywende mielieboer is deur Johan Spaski Geldenhuis van Kroonstad in die Vrystaat op FB gelaai. Kyk op sy FB blad

Jammer ·

Los hom liewer uit, netnou raak hy ook statistiek. Laat hy sy reën en sy mielies geniet, niemand wil boere beveilig nie hoekom wil iemand nou weet waar hy bly? Laat hom in vrede sy plaas geniet.

Lizel ·

Jy ruk nou heeltemal daai water onder die boer se gat uit. Hou op negatief wees man en kyk na die groot prentjie. Dis goeie nuus iets wat ons bitter min kry en jy kom versuur dit!

Pieter ·

Lekker, ou maat, ek gun dit vir jou – geniet jou plaas… ook jou BINNEBAND/tjoepie waarop jy so heerlik dryf (patroleer?!), solank as wat jou lande dit toelaat! MM, julle BUITEBAND in die berig sou egter nie so lekker bo bly nie – lyk my die motief op die tjoepie het julle geflous! Maar dankie vir die goeie-lekker-reën-nuus! Groetnis!

Sune van Heerden ·

Dagsê Pieter

Dankie vir jou terugvoer, ons het die berig gewysig om eerder te verwys na ‘n “opblaasring”, omdat dit tegnies eintlik ook nie ‘n “binneband” is nie. Ons vertrou die verwarring is nou opgelos.

Ons vertrou jy het die video saam met ons geniet!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Petra van Wyk ·

Die boer is JC Bezuidenhout,boer tussen Makwassie en Wesselsbron.

Rina ·

Ten minste een mooi storie oor ons arme boere – geniet dit en jy het verseker baie se dag gemaak – hoop jy het wonderlike mielieoes!

bella ·

Ag dit is so lekker om ‘n slag ‘n gelukkige berig oor boere te lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.