Video: Het ons vergeet hoe om vriende te maak?

Skermgreep uit die video

Volgens die “kenners” in dié video is dit net so maklik om maats te maak as om sjokolade te eet. Die video is deel van ‘n veldtog om eensaamheid te probeer bekamp.

Volgens ʼn verslag wat vroeër vanjaar in die Verenigde Koninkryk uitgereik is, het meer as die helfte van volwasse Britte aangedui hulle het “baie lank laas” ʼn nuwe vriend gemaak. Byna die helfte (49%) sê hulle besige lewens verhoed hulle om met ander kontak te maak. Ongeveer 9 uit elke 10 volwassenes glo klein oomblikke saam met ander mense (soos ʼn glimlag in die straat of ʼn gesprek in die ry by die supermark) kan eensaamheid hokslaan.

Eerste minister Theresa May het in Januarie ʼn “minister van eensaamheid” aangestel en haar regering het Maandag ʼn strategie gepubliseer om dié kwessie aan te roer. Die strategie het drie doelwitte: om te verstaan wat veroorsaak eensaamheid en hoe om dit aan te spreek; om eensaamheid binne regeringsbeleide in ag te neem met ingrypings om dit te voorkom; en om ʼn nasionale gesprek aan die gang te kry oor eensaamheid en om van die stigma ontslae te raak.

Tracey Crouch, minister van eensaamheid, het gesê sy is verbind daartoe om ʼn samelewing te skep waar almal die ondersteuning kry wat hulle nodig het – maak nie saak hoe oud hulle is nie.

ʼn Veldtog, “Be More Us”, om eensaamheid hok te slaan, is in samewerking met YouGov van stapel gestuur. Dié veldtog poog om mense aan te spoor om met ander kontak te maak, eensaamheid aan te spreek en mense bymekaar te bring.

Deborah Moggach, bekroonde outeur van The Best Exotic Marigold Hotel en ambassadeur vir die End Loneliness-veldtog, het gesê ons almal het ʼn behoefte daaraan om te voel ons behoort iewers, maak nie saak hoe oud jy is nie. “In elke gesprek is daar ʼn geleentheid om ‘ons’ te wees – om uit te vind wat ons met mekaar gemeen het. Klein oomblikke kan ʼn groot verskil maak aan iemand wat eensaam is.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AW ·

As soon as you die,
your identity becames a “body”.

People use phrases like:
“Bring the Body”,
“Lover the Body into the grave” etc.

People Don’t even call you, by your Name, whom you tried to Impress your whole life ….

Live a Life to Impress the Creator not the creation.

Take Chances ….
Spend money on the things you love ….
Laugh till your stomach hurts ….
Dance even if you are too bad at it ….
Pose stupidly for photos …..
Be child-like ….

MORAL:
Death is not the greatest loss in life.
Loss is, when Life Died Inside you, while you are alive ….

Celebrate this evend called LIFE !!!

Nika ·

Want groot mense trap op mekaar om bo uit te kom en het agterliggende motiewe, oordeel mekaar en gun n ander een nie die son om op hom te skyn nie. Ware vriende is skaars wat daar vir jou kan wees 3:20 in die oggend ure as iets fout gaan, jou nie oordeel as jy lewensbesluite maak nie, wat jou opbou, saam jou die Here kan dien en positief is in negatiewe situasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.