[Video] Hond geniet hom gate uit voor TV

(Foto: skermskoot uit die video)

Daar is baie video’s op die internet van honde wat dit geniet om televisie te kyk, maar dié een vat beslis die koek.

ʼn Video wat 11 April op YouTube gelaai is, wys hoe ʼn hond homself gate uit geniet terwyl hy televisie kyk. Dit is nie duidelik watter program vertoon word nie, maar dit lyk amper asof die hond in die televisie wil spring. Net wanneer die hond lyk of hy nou wraggies die televisie gaan tref, land hy gelukkig op die grond, maar dit keer hom nie om weer en wéér te probeer nie.

As jou hondekind weer skade in die tuin aanrig, kan hierdie video jou dalk net laat oorweeg om vir hom ʼn televisie aan te skaf. Dit lyk sommer ook na baie goeie oefening!

Die video is amper 80 000 keer op Youtube gekyk.

https://youtu.be/R6k5xYNRnZU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.