Video: Hotel Sky-valrit laat waaghalse jil

Skermgreep uit video.

Al ooit gehoor van ʼn valrit bo-op ʼn hotel se dak?

Hotel Sky in Kaapstad het pas aankondig dat sy valrit (drop tower), wat op die 28ste verdieping van die hotel geleë is, nou oop is vir hotelgangers en besoekers. Die Hotel Sky-valrit is ʼn eerste in sy soort in Afrika en net een van drie ter wêreld.

Die valrit troon sowat 30 m bo die hotel uit en beloof om ʼn unieke uitsig en ervaring aan waaghalse te bied. Met ʼn daling van 75 km/h sal dié rit jou behoorlik laat gil.

ʼn Valrit kos R250 per ryer en R50 per toeskouer. Slegs 10 persone word per rit toegelaat. Ná die rit kan besoekers ʼn draai by die Sky-Hi Boutique maak en boonop foto’s en ʼn aksievideo saam met verskeie handelsitems koop.

Die Sky Hi-rit is oop op Maandae van 12:00 tot 21:00 en Dinsdae tot Sondae van 11:00 tot 21:00. Die ruim dek onder die rit bied ook ʼn pragtige uitsig oor die stad, wat dit ʼn ideale plek vir vieringe, verjaardagpartytjies, korporatiewe funksies en privaat geleenthede maak. Kaartjies is op Webtickets beskikbaar en besprekings is noodsaaklik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Aikie ·

Mense het sekerlik ‘n kraak in die kop. Hulle spring uit’ n perfek werkende vliegtuig uit, hang aan hoë rotse aan hulle vingerpunte, loop op glasvloere hoog bokant die grond. Nou sit hulle op mankoliekige stoele en kyk hoe gou kan hulle die grond bereik. Dan betaal hulle ook nog om dit te doen!

Misky ·

Hy is binne sekondes onder en dis verby….. nee wat, ek kan baie ander dinge met daai R250 doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.