Video: Huishulp kry nuwe huis vir Kersfees

Antonia (Foto: Verskaf)

Nadat Antonia Mtambo (69), ʼn pensionaris en huishulp van Willowfontein in Pietermaritzburg, nie meer in haar eie huis kon woon nie nadat dit met rysmiere besmet geraak het, het haar werkgewers ingespring om ʼn plan te maak.

Michelle Hugo (68), Mtambo se werkgewer van die afgelope 15 jaar, en haar dogter Kerryn Hugo (35), het besluit om ʼn veldtog op die skarefinansiering-webtuiste BackaBuddy van stapel te stuur om vir mense te vra om vir Mtambo gedurende die feesseisoen te help.

“Antonia is een van die gaafste, sagste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Sy is verskriklik beskeie en is altyd bekommerd dat sy my nie genoeg help nie. Maar ek weet eerlikwaar nie waar ek sou wees as dit nie vir haar was nie; sy is deel van die familie!” het Kerryn gesê.

“Die gedagte dat die huis wat sy saam met haar familie gebou het, besig is om uitmekaar te val, het my hart gebreek. Sy werk so hard om ons familie te help en ek het geweet ons moet nou iets doen om haar te ondersteun.”

Michelle, Antonia en Kerryn (Foto: Verskaf)

Die BackaBuddy-veldtog is op 18 Oktober op die been gebring met ʼn teiken van R45 000. Sedertdien is daar al R58 708.45 ingesamel te danke aan net agt donateurs op die webtuiste.

“Ons het vir ʼn paar dae nie die veldtog dopgehou nie, en toe ek teruggaan en gaan kyk was daar ʼn anonieme skenker van oorsee wat $3000 (sowat R49 000) geskenk het. Ek was so verbaas, ek het gesukkel om daardie aand te slaap omdat ek so opgewonde was! Ek kon nie wag om die nuus te deel nie,” het Kerryn gesê.

Die geld wat tot dusver ingesamel is genoeg om die buitemure van die huis te herbou.

“As ons nog meer geld kan insamel sal ons graag die binnemure van die huis ook wil bou. Ons sal ook elektrisiteit en watertoevoer wil reël en dalk meubels aankoop, omdat Antonia se meubels alles met die miere besmet is,” het Kerryn gesê.

Enigeen wat kan help kan hier geld skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AW ·

Van oggend eet ekke “Breakfast”, en die man en vrou wat langs my gesit het by SPAR , betaal namens my vir die oggend ete.

Ekke is Geseënd
Ekke is Dankbaar

Dumela ·

Ek skimp ook altyd, maar het maar min sukses. Glas kraanwater is gratis, maar krap die kelner om. Behalwe natjoe bly vriendelik, want weet seker hoe dit is om een blikkie kos vir Kersfees te eet.

Magaretha van heerden ·

Buy a new house where there are no ants! What about a caravan home?

Katerina ·

Ja weet jy n caravan home is n goeie idee! Miljoene Amerikaners leef so. Ek het vir my man gese wanneer hy aftree, solank lewe, moet ons ook so doen. In elk geval ek hoop Antonia kan gehelp word met n dak oor haar kop.

marisa ·

“For once” Johanna Botha sien die mooi in die gebaar raak en los die aanhitsing – dis Kersfees!!!!

Christien ·

Regtig?? Wees net saam met haar bly oor die goeie nuus. Daar is genoeg doom en gloom.

Oujongvrou ·

Mooi gedagte, maar die miere gaan dit ook kort voor lank opvreet. En daai geld is te min om mure te bou. Ons is tans besig om te bou en ons is geskok oor wat dit kos. Julle harte is nietemin op die regte plek. Miskien ook tyd dat die arme mens aftree.

Paul ·

My vrou het paar jaar gelede ‘n tweeslaapkamerhuis van sementstene en sinkdak vir ons tuinier geborg, die tuinier en van sy vriende het dit gebou, my vrou het die geld voorgeskiet soos aankope gedoen moes word. Hy het ook diefwering en veiligheidshek aangebring. Hy het vir ons, toe die huis klaar is, fotos wat hy met sy selfoon geneem het gewys, en ek sal sy gesig nooit vergeet nie, maar ek glo daar is baie ander stories soos die.

Sue ·

Ons het ook BackaBuddy probeer om te verhoed dat 70 bejaardes op straat sit. Ons het dringend finansiering nodig. Wonder wat doen ons verkeerd.?

Hi Sue ·

Dis gewoontlik jou bewoording..
Jy moet weet hoe om n “sales pitch” wat aan hartsnare trek te bewoord om n goeie opbrengs te lewer.

Gert ·

God is GREAT!!!! Dit wys net weer, omgee en respek verrig wondere!!

Dumela ·

Ek is so bly vir mama natjoe. Sou self graag ‘n bydrae wou lewer, maar die pensioentjjie is maar skraps.

Bittergal ·

Ek het al twee huise vir my werkers gekoop en regtig nie gedink om op sosiale media daarmee te spog nie. Selfs ‘n haarsalon vir ‘n ou skoolvriendin het maar net verbygegaan. Doen jou goeie dade en wees minsaam, sê ek..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.